Aappokke in Suid-Afrika

Vukuzenzele Unnamed

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het tydens ŉ onlangse perskonferensie in Pretoria, Gauteng, bevestig dat aappokke in Suid-Afrika bespeur is.
Hy het gesê dat hy ŉ verslag ontvang het van die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NGLD) waarin die voorkoms van aappokke in Suid-Afrika deur middel van laboratoriumtoetse bevestig is.
Die virus is in Gauteng en in die Wes-Kaap bespeur.
Aappokke is gewoonlik ŉ mildelike siekte wat blase of sere op die vel veroorsaak.
Dit is gewoonlik nie baie ernstig nie en is dodelik in ongeveer 1% van alle gevalle.
Die siekte is voorheen in die vroeë-2000’s in Afrika-lande soos Nigerië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Ghana gerapporteer.
Die huidige uitbraak word oorheers deur hoë syfers in Europa, met die Verenigde Koninkryk wat lei met meer as 700 gevalle, Spanje met net meer as 500, gevolg deur Duitsland, Portugal en Frankryk.
Die minister het gesê dat die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) aanlyn-indiensopleiding aan gesondheidswerkers bied om die siekte te herken sodat die nodige laborato riumtoetse uitgevoer kan word. “Die siekte word slegs deur direkte kontak versprei, so ŉ mens kan dit nie opdoen deur net in die selfde vertrek as ŉ persoon met die siekte te wees nie,” het die minister gesê.
Minister Phaahla het Suid-Afrikaners gerus gestel dat aappokke nie ŉ nuwe virus is wat nog nooit vantevore gesien is nie en dat wetenskaplikes kennis daarvan dra.
Die voorsitter van die ministeriële advieskomitee vir KOVID-19 en uitvoerende lid van die NGLD, professor Koleka Mlisana, het gesê dat aappokke endemies is aan die sentrale en noordelike dele van Afrika en bekend staan as ŉ mildelike siekte.
ŉ Endemiese siekte is ŉ siekte wat gereeld voorkom onder sekere mense of in ŉ sekere streek.
Sy het gesê dat daar ooreenkomste tussen aap pokke en pokke (“variola” of “smallpox”) is.
“Daar is inentings en behandeling beskikbaar teen aappokke. Die siekte se simptome is soortge lyk aan dié van griep en Legionnaires se siekte.
Die belangrikste ding is dat mense wat kliniese simptome toon, maklik is om te diagnoseer en net so belangrik is dat dit moeilik oordraagbaar is, anders as ŉ respiratoriese virus, omdat dit deur slegs deur fisiese kontak aansteeklik is. Jy kan dit slegs kry as jy in direkte fisiese kontak met ŉ siek persoon kom,” het sy gesê.
Legionnaires se siekte is ŉ erge vorm van longontsteking.
Professor Mlisana het gesê dat kontaksporing belangrik is in dié geval en dat die departement van gesondheid daarrmee sal voortgaan.
Sy het Suid-Afrikaners daarvan verseker dat die laboratoriuminfrastruktuur oor al die nodige hulpbronne beskik om enige nuwe infeksies wat mag voorkom, te monitor.
–SAnews.gov.za