Veilige en wettige aborsies is gratis

Allison Cooper

Daar is geen regverdiging vir vrouens om ŉ onwettige en onveilige aborsiekliniek te besoek as hulle hul swanger skappe wil beëindig nie.  Dit is volgens die adjunkminister van gesondheid, dr.
 Sibongiseni Dhlomo, wat verduidelik dat alle vrouens ingevolge die wet die reg het om hul swangerskappe tydens die eerste 12 weke gratis by ŉ staatshospitaal of kliniek te beëindig.
“Dit kwel ons, as regeringsleiers, om te sien hoe ons mense veilige en gratis gesondheidsdienste verlaat, om welke rede ook al, om die laaste geld wat hulle nie het nie te betaal aan iemand wat hul lewens in gevaar stel.
Daar is geen regver diging vir vrouens om ŉ onwettige en onveilige aborsiekliniek te gebruik as hulle hul swanger skappe wil beëindig nie.
Onwettige aborsie is nie die antwoord nie,” sê dr. Dhlomo.
Die departement van gesondheid het 346 staatsgesondheidsfasiliteite wat dienste vir die veilige beëindiging van swangerskappe verskaf, voeg hy by.
Dié fasiliteite is in die Oos-Kaap (46), Vrystaat (16), Gauteng (25), KwaZulu-Natal (56), Limpopo (54), Mpumalanga (27), Noord-Kaap (ses), Noordwes (26) en Wes-Kaap (90) geleë.
Komplikasies  van onwettige aborsies
Die waarnemende direkteur van moederen kindergesondheid by KwaZulu-Natal se departement van gesondheid, Phalanndwa Muthuphei, sê dat vrouens heelwat komplikasies kan ervaar wanneer hulle ŉ aborsie by ŉ onwettige aborsie kliniek kry.
“Die onmiddellike komplikasies behels ernstige bloeding, die serviks wat skeur, ernstige skade aan die geslagsdele en buik, inwendige infeksie van die buik en bloedvergif tiging.
“Vrouens kan oor die langtermyn ŉ effens verhoogde vlak van onvrugbaarheid, ŉ ektopiese swangerskap, ŉ miskraam of voortydige geboorte of selfs die dood in die gesig staar,” sê Muthuphei.
“Vrouens kan ook, as gevolg van ŉ onveilige, onwettige aborsie emosioneel daaronder lei, waaronder posttrauma tiese stresversteuring, depressie en probleme met interpersoonlike verhoudings.
“Onveilige aborsies kan ook ŉ negatiewe sosioekonomiese impak vir vrouens, kinders, gesinne en gemeenskappe inhou,” voeg sy by.
Wettige aborsiekeuses
Muthuphei sê dat vrouens wat hul swangerskappe wil beëindig, veilige en gratis keuses het om dit by staatshospitale en -klinieke te doen.
“Daar behoort ŉ reeks metodes beskikbaar te wees wat deur ŉ opge-leide en ervare doktor of professionele verpleër uitgevoer word,” voeg sy by.
Die keuses, hetsy mediese of sjirurgiese aborsie, hang af van hoe gevorderd die vrou se swangerskap is.
Mediese aborsie, wanneer twee stelle pille toegedien word om die swangerskap te beëindig, kan tot en met nege weke gedoen word.
“Die pasiënt sou dan die fetus tuis aborteer en nie by ŉ kliniek of hospitaal nie,” sê Muthuphei.
Sjirurgiese aborsies word deur ŉ geregistreerde verpleër (tot en met 12 weke) of ŉ mediese dokter (vanaf 12 tot 20 weke) uitgevoer.
ŉ Aborsie kan ook, inge volge die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap, Wetnr. 92 van 1996 (die Wet), vanaf 13 tot 20 weke uitgevoer word as ŉ dokter, in oorleg met ŉ swanger vrou, glo dat:
• die voortgesette swangerskap ŉ beseringsrisiko vir die vrou se fisiese of geestelike gesondheid inhou.
• daar ŉ wesenlike risiko is dat die fetus onder ŉ ernstige fisiese of geestelike abnormaliteit gebuk sal gaan.
• die swangerskap voortspruit uit verkragting of bloedskande.
• die voortgesette swangerskap die vrou se maatskaplike of ekonomiese omstandighede beduidend sal beïnvloed.
ŉ Aborsie kan ook na die 20ste week plaasvind as ŉ dokter, in oorleg met ŉ geregistreerde vroedvrou, glo dat die voortgesette swangerskap die vrou se lewe in gevaar sou stel, tot wanvorming van die fetus sou lei of die risiko van besering aan die fetus sou inhou.
Alle vrouens, selfs al is hulle onder die ouderdom van 18 en dus minderjarig, het ingevolge die Wet die reg om ŉ swangerskap te beëindig. Hulle benodig nie hul ouers of voog se toestemming nie. Minderjariges sal, volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid, aangeraai word om met ŉ volwassene wat hulle vertrou te praat en iemand saam te bring na hul afspraak. Dis egter nie verpligtend nie.
