Swart ekonomiese bemagtiging ŉ vereiste vir ontwikkeling

Vukuzenzele Unnamed

ŉ Mylpaaltransaksie vir swart ekonomiese bemagtiging is in April vanjaar in die Oos-Kaap beklink. Die transaksie sal die deelname van ondernemings wat deur swart vrouens besit word in die energiesektor beduidend verbeter.
ŉ Grootmaatterminaal vir vloeistofbrandstof wat in Oos-Londen deur BP Southern Africa bedryf is, is aan die onafhanklike petrochemikalieëmaatskappy Wasaa verkoop. Wasaa het die terminaal se roerende bates en ŉ 20% aandeel in ankerplek-na-terminaalpyplyne gekoop.
Dié aanskaffing van ŉ vloeistofbrandstofterminaal deur ŉ maatskappy wat deur ŉ swart vrou besit word, is ŉ geskiedkundige ontwikkeling, met die kommissie oor breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) se 2020-verslag wat toon dat die meeste ekonomiese sektore tekortskiet in terme van hul teikens vir eienaarskap deur swart vrouens.
Dit dra by tot ons nasionale poging om ongelykheid reg te stel en te verseker dat daar sinvolle deelname deur die land se meerderheid in ons ekonomie is.
Ek het onlangs die aanstelling van die nuwe adviesraad vir BGSEB – bestaande uit die regering, sakelui, die arbeidsmag en ander belanghebbendes – aangekondig. Die adviesraad is gestig om die saak van ekonomiese transformasie voor te staan.
Die raad spruit uit ŉ 2001-verslag wat deur die BGSEB-kommissie saamge stel is.
Dié verslag is na aanleiding van ŉ omvangryke studie oor die struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie en wat nodig is om die ekonomie te transformeer, swart entrepreneurskap te ontwikkel, meer swart bestuur en eienaarskap van ondernemings te verseker, en swart vrouens terug te bring na die hoofstroomekonomie toe.
Dit sal volgende jaar twee dekades wees sedert die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemag tiging, wat die raad gevestig het, goedgekeur is.
Ons is koersvas in ons toewyding om ekonomiese bemagtiging te verskans en te verdiep. Dit is waarom swart ekonomiese bemagtiging ŉ integrale deel van ons ekonomiese heropbou en herstel in die nasleep van die KOVID-19-pandemie is.
Dit is een van die gerusstellings wat vroeër dié maand duidelik teenoor die swart sakeraad uitgespreek is toe ons die stand van BGSEB in die land, die vordering wat gemaak is en wat ons as sakegemeen skap moet doen om op ons vordering voort te bou, bespreek het.
Oor die afgelope twee dekades is daar beduidende vordering gemaak, alhoewel daar agteruitgang in sommige gebiede was. Ons het agteruitgegaan betreffende die vermeerdering van swart bestuursbeheer, die opskaling van vaardigheidsontwikkeling, die verskansing van ondernemingsontwikkeling en die verbreding van voorraad-verkryging om aan swart vrouens en die jeug meer geleenthede te bied.
Die apartheidsregering het opsetlik ŉ verwronge ekonomie gebou wat ontwerp is om blankes te bevoordeel.
Die meerderheid Suid Afrikaners is gemarginaliseer in die hoofstroomekonomie, met swart entrepreneurs wat beperk is tot kleinhandelsakeondernemings in die townships.
Swart eienaarskap van JSE-gelyste maatskappye was aan die einde van apartheid minder as 1%.
Dié syfer het nie veel in die laaste 28 jaar verbeter nie.
Daar was ook, terselfdertyd, belangrike privaatsektorinisiatiewe en doelbewuste maatreëls deur die Staat om groter en sinvoller deelname van swartmense in die ekonomie te fasiliteer.
Nagenoeg 500 bemag tigingstransaksies is tussen 2017 en 2020 by die BGSEBkommissie ingehandig vir registrasie. Swart eienaarskap het teikens oorskry in sleutelsektore soos die boubedryf, eiendom, inligtingen kommunikasietegnologie, toerisme en vervoer.
Ekonomiese transformasie en ekonomiese groei is vervleg. Daar kan nie een sonder die ander wees nie.
Ons bevorder ŉ meer inklusiewe ontwikkelingsmodel, deur transformasie in die industrialisasieproses te integreer, wat welvaart deel eerder as om dit op te hoop.
Die departement van handel, nywerheid en mededinging (DHNM) streef dié doelwit na deur verskeie programme. Dit behels ŉ ondersteuningsprogram vir township-ondernemings, uitvoerverwante opleiding deur die Nywerheids ontwikkelingskorporasie (NOK) aan ondernemings wat deur swartmense, vrouens en die jeug besit word en verhoogde infrastruktuurbegroting aan KMMO’s in Tshwane se spesiale ekonomiese sone.
Ons stuur lokalisering deur sektorale meesterplanne wat ondernemings wat deur swartmense besit word, bevoordeel.
Byvoorbeeld is 10 swart kontrakteurtelers gevestig, met ŉ belegging van  R336 miljoen as deel van die pluimveemeesterplan. Die regering het ook ŉ swart uitvoerdersnetwerk geloods wat ondernemings wat deur swartmense besit word in die sektore van voedsel, ingenieursweseprodukte, voertuigkomponente, skoonheidsprodukte en ander sektore van die ekonomie met mekaar verbind.
Die regering het verlede jaar R2.5 miljard in nuwe ondersteuning aan ongeveer 180 swart nyweraars, in die vorm van lenings deur die NOK en die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF), asook toelaes deur die DHNM se aansporingskema goedgekeur, as deel van ons veldtog om ŉ nuwe generasie swart nyweraars te skep.
ŉ Verdere R12 miljard is oor die volgende drie jaar deur die NOK, NBF en ander instansies belowe om swart nyweraars te ondersteun.
ŉ Bykomende R25 miljard is belowe om maatskappye wat deur swartmense, vrouens, jeugdiges en werkers besit word, te ondersteun.
Dit is duidelik dat baie meer werk nog gedoen moet word om die vele uitdagings wat swart ondernemings in die gesig staar, aan te spreek. Dit behels die struikelblok van toegang tot aanvangsen uitbreidingskapitaal en die vermoë van KMMO’s om markte vir hulle produkte te kry. Besighede wat deur swart vrouens besit word, sukkel in besonder wanneer grootskaalse bemagtigings transaksies onderneem word.
Om die siklus van onderontwikkeling deur swart ekonomiese bemagtiging te verbreek, is nie net ŉ morele opdrag nie; dit maak ook sakesin.
Die voortgesette uitsluiting van die swart meerderheid uit die hoofstroomekonomie beperk ekonomiese groei, wat uiteindelik alle sakelui beïnvloed. Die uitbreiding van die land se entrepreneursbasis is fundamenteel vir ontwikkeling.
Ons het ŉ gedeelde verantwoordelikheid om die poging om BGSEB te verskans aan te moedig omdat dit oor die uitwissing van ongelykheid gaan.
Ongelyke ekonomieë kweek ongelyke samelewings en ongelyke samelewings ontwikkel en floreer nie.
Dit is nie net verkeerd nie, maar ook onvolhoubaar vir ondernemings om hul bestuursen eienaarskapstrukture meestal blank of manlik te hou.
Dit is, per slot van rekening, die Suid-Afrikaanse publiek wat die primêre verbruikers van hul goedere en dienste is. Dit behoort in die diversiteit van aanstellingsen bestuurspraktyke, in eienaarskap en in verkryging, weerspieël te word.
BGSEB sal slegs bereik word deur vennootskap en ŉ gedeelde toewyding aan transformasie.
Die aanstelling van die nuwe BGSEB-raad sal ons help om die grense van BGSEB uit te brei. Ek doen ŉ beroep op sakelui, die arbeidsmag en nywerhede om saam met die raad te werk namate hulle hul noodsaaklike werk onderneem.
