Gaan haal jou bestuurderslisensiekaart   

Vukuzenzele Unnamed

Motoriste wat tussen Oktober en Desember verlede jaar aansoek gedoen het vir ŉ nuwe bestuurderslisensiekaart of dit hernu het, of wat aansoek gedoen het vir ŉ professio nele bestuurspermit (PrDP), word dringend versoek om dit te gaan afhaal.
Volgens die Padverkeers bestuurkorporasie (RTMC) is slegs 42% van die 32 748 bestuurderslisensiekaarte wat in dié tyd vervaardig is, reeds afgehaal.
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het verlede jaar die RTMC-lisensiëringsentrums in Midrand en Eco Park geopen, na aan leiding van die agterstand in bestuurderslisensies, wat weens KOVID-19 verval het.
Die Driver’s Licence Card  Account wat die lisensies druk, werk onverpoos om die vervaardiging van kaarte te versnel en is op koers om die agterstand teen einde Junie uit te wis.
Die RTMC sê dat mense die vordering van hulle aan soeke kan nagaan voordat hulle na die toetssentrums gaan om dit af te haal.
Dit kan per SMS of aanlyn gedoen word.
SMS-navrae oor bestuurderslisensies
Om navraag te doen oor bestuurderslisensies, kan aansoekers hulle ID-nommer na 33214 SMS. Hulle sal dan een van onderstaande SMS’e in Engels ontvang:
• Application received: The application was received, but has not yet been pro cessed.
• Production queue: The card is still being proces sed and manufactured.
• Produced and ready for collection: The card will be ready for collection in 21 days. However, due to the high number of cards being processed, the RTMC advises you to wait 35 days before going to collect.
• Problem card: There is a pro blem with the production of your card. Please return to the testing centre.
Vir  ŉ  navraag  oor  jou PrDP-aansoek, SMS jou ID-nommer na 44220.
Aanlyn navraag oor jou bestuurderslisensie
Jy kan ook die vordering van jou aansoek gratis aanlyn vasstel.
• Besoek online.natis.gov.za.
• Skep ŉ profiel en teken aan.
• Kliek op die status van jou aansoek op die paneelbord.
Diegene wie se lisensie tussen Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verstryk het en wat die hernuwingsperdatum van 5 Mei misgeloop het, word aangeraai om ŉ tydelike bestuurslisensie te kry wanneer jy aansoek doen om hernuwing om sodoende binne die wet te bly.
Alhoewel RTMC-sentrums vanaf Maandag tot Sondag van 7 vm. tot 9 nm. oop is, word lede van die publiek aangemoedig om gebruik te maak van die korter rye op Vrydae en oor naweke.