Suid-Afrika se eerste veeartsenykundige verpleegsters kry graad

Allison Cooper

Om een van die land se eerste veeartsenykundige verpleegsters te wees, is ŉ droom wat waar geword het vir die Randburgse inwoner, Phumelela Mthimkhulu (21), wat al sedert haar kinderdae passievol oor diere is.
Mthimkhulu het onlangs aan die Universiteit van Pre toria (UP) gegradueer, wat die enigste opleidingsinstansie in SA met ŉ Baccalaureusgraad in Veeartsenykundige Verpleging is.
“Dit is nog moeilik om te glo. Om te weet dat ek deel was van die eerste klas om die Baccalaureus-graad te voltooi, wat jare geneem het om saamgestel te word, is ŉ eer.
“Ek is dankbaar vir die geleenthede en deure wat vir ons as verpleegsters gaan oopgaan om verder te studeer en in ons beroep te spesialiseer, wat voor heen baie moeilik was om te doen,” sê sy.
Tamarin Fisher, die pre sident van die Vereniging van Veeartsenykundige Ver pleegsters van Suid-Afrika, sê dit is die grootste mylpaal in die beroep se geskiedenis van 42 jaar.
“Die nuwe drie jaar-graad sal aan gekwalifiseerde ver pleegsters die geleentheid bied om vir nagraadse kursusse in te skryf, wat hopelik sal kulmineer in die verkryging van ŉ honneurs-, meestersof PhD-grade.” Veeartse behandel diere se beserings en siektes op dieselfde wyse as wat ŉ dokter gesondheidsorg aan mense verskaf. Veeartsenykundige verpleegsters is noodsaaklike rolspelers in ŉ veearts se professionele span, sê Mthimkhulu.
“Sommige van die belangrikste gebiede waarop ŉ verpleegster moet funksioneer, is pasiëntsorg, kommunikasie met kliënte, hulpverlening aan veeartse met prosedures en allerhande ander dinge wat daartoe bydra dat ŉ veeartsenykundige hospitaal op sy beste funksioneer.
“Dit is een van die mees bevredigende beroepe. As jy ŉ veeartsenykundige ver pleegster wil word, moet jy nie toelaat dat vrees of ŉ gebrek aan kennis jou daar van weerhou om dit na te volg en te geniet nie, want dit sal jou lewe ten goede verander,” sê Mthimkhulu.
Beurse om die tekort aan vaardighede te verligOmdat daar so ŉ tekort aan vaardighede in dié sektor is, het Mthimkhulu nie gesukkel om werk te kry nie.
“Ek was gelukkig genoeg om in my finale jaar ŉ werk by Fourways Dierehospitaal te kry. Ek het omtrent ŉ maand na my finale eksamen daar begin werk en ek geniet elke oomblik daarvan,” sê sy.
Die onderwysen opleidingsgesagsliggaam vir die gesondheidsen welsynsektor (HWSETA) is daartoe verbind om die ekstreme vaardigheidstekort in die veeartsenykundige sektor te verlig en transformasie te verseker.
Dié gesagsliggaam het  onlangs  ŉ  beroepsleidingsveldtog in die veeartsenykunde bekendgestel, in vennootskap met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, en sal landelike skole besoek om leerders aan te moedig om veeartsenykundige dienste as ŉ loopbaan te oorweeg.
Hy het ook 60 beurse bekendgestel om die kritieke tekort aan veeartse en para-veeartse in Suid-Afrika se landelike gebiede te takel.
“Die beurse is spesifiek gemik op leerders in landelike gebiede, sodat hulle hulle kennis kan terugneem na hulle plekke van herkoms toe,” sê dr. Nom fundo Mnisi, voorsitter van die HWSETA.
Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Weten skap en Innovering, Buti Manamela, het die beurse verwelkom.
Die UP se Fakulteit Veearts  enykunde sal die HWSETA bystaan met sy bemarking, beursbefondsing en werwingsveldtogte.
“Ons sal ook die HWSETA bystaan met die administrasie van die beurse wat aan die eerstejaarstudente in veeartsenykundige uit die aangewese groepe toegeken is,” sê Chris van Blerk, die hoof van kommunikasie en media aan die UP se Fakul teit Veeartsenykunde.
Hy sê dat jongmense wat in Mthimkhulu se voetspore wil volg en vir ŉ eerste  baccalaureusgraad  aan die UP wil registreer, oor ŉ Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of ekwivalente kwalifikasie moet beskik en aan die minimumvereistes moet voldoen.
“ŉ Minimum toelatingspunttelling van 28 en ŉ NSS met Engels Huistaal of Engels Eerste Addi sionele Taal, wiskunde, en natuurwetenskap of lewenswetenskap word benodig vir die Baccalaureus in Veeartsenykundige Verpleging,” het hy gesê.
Die jeug kan, vir meer inligting oor die sektor,  private veeartspraktyke kontak of met verpligte gemeenskapsdiensveeartse (CCS-veeartse) praat wat landwyd deel uitmaak van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD).
“Die CCS-program mik om toeganklike en bekostigbare veeartsenykundige dienste aan onderbediende en arm gebiede binne SuidAfrika te verskaf. Veeartse in dié program sal dus altyd ŉ goeie bron van inligting wees,” sê Van Blerk.