Beskerm jouself dié winter teen KOVID-19

Allison Cooper

Met Suid-Afrika se KOVID-19-gevalle aan die toeneem voor ŉ vyfde vlaag wat voorspel is en die koue wintermaande om die draai, versoek die regering steeds die publiek om teen die virus ingeënt te word en op datum te bly met die ver sterkerdosisse.
Volgens die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Suid-Afrika op 25 April ŉ toename van 137% in nuwe KOVID-19-gevalle, vergeleke met die vorige sewe dae,  aangeteken wat hoofsaaklik deur ŉ hoër infeksiekoers in Gauteng, KwaZulu-Natal en die WesKaap aangedryf is.
“KOVID-19 bly ŉ bedreig ing en ons kan nie bekostig om alle voorkomingsmaat-reëls te laat vaar nie,” sê minister Phaahla.
“Ons versoek weereens almal wat nog nie ingeënt is nie, om na vore te kom en ingeënt te word. Ons lê nog steeds onder 50% van volwassenes wat ten minste een inenting gehad het, en dit is nie goed nie. Ons versoek jong volwassenes om na vore te kom. Natuurlike immuniteit neem na ŉ ruk af, en anders as ŉ inenting,  kan dit nie bespreek word nie. Ons pleit dat almal wat vir versterkerdosisse kwalifiseer, die geleentheid sal benut voordat dit hoogwin ter is,” voeg hy by.
Die Wes-Kaapse Gesond heidsdepartement sê dat plaaslike en internasionale data bewys dat inenting teen KOVID-19 steeds die beste verdediging teen die virus is, soveel te meer vir mense wat ŉ verswakte immuunstelsel het.
KOVID-19 gaan nie gou verdwyn nie. Om dit te oorwin, moet ons dit uitroei deur te verseker dat so veel as moontlik mense ingeënt word en voortgaan om versterkerdosisse te kry, sê die departement.
Die vyfde vlaag
Al is KOVID-19-gevalle aan die toeneem en verwag die land binnekort ŉ vyfde vlaag, is dit nog nie bekend hoe erg dit gaan wees nie.
“Wat nog onseker is, is dat ons wetenskaplikes vir ons sê dat ŉ nuwe vlaag gaan kom deur ŉ nuwe variant met die naam Pi, wat meer aansteeklik en weerstandig is sal moet wees, maar op hierdie stadium is dit nog net bevestig dat dit wat dominant is, subvariante van Omikron, genaamd B.4 en B.5, is” sê Phaahla.
Voorkom oordrag van virus
Jy kan help om die oordrag van KOVID-19 by te voorkom deur te verseker:  
• dat jou KOVID-19-inenting (waaronder ver sterkerdosisse) op datum is.
• dat binnenshuise ruimtes goed geventileer is.
• dat jy ŉ gesigmasker dra wanneer jy binnenshuis en tussen skares mense is.
• dat jy die griepinspuiting kry.
• dat jy weet wat om te doen wanneer jy griepsimptome het.
• dat jy jou hande was en ontsmet.