Operasie  Vulindlela  baan die weg na groei  

Vukuzenzele Unnamed

Die Suid-Afrikaanse ekonomie, soos enige ander ekonomie, kan nie sonder doeltreffende en mede dingende netwerknywerhede funksioneer nie, wat nog te sê van groei. Dié nywerhede – wat water, vervoer en telekommunikasie insluit – is die are waardeur die suurstof van die ekonomie vloei.
Strukturele probleme op dié gebiede is lank reeds as van die belangrikste beperkinge op Suid-Afrika se ekonomiese groei uitgewys.
Ondoeltreffendheid en die hoë koste van netwerkdienste is ŉ hindernis om sake in die land te doen.
Ons het Operasie Vulindlela in Oktober 2020 op die been gebring om dié uitdagings aan te pak en die hoof te bied as ŉ inisiatief van die Presidensie en die Nasionale Tesourie om strukturele hervorming in dié netwerknywerhede te versnel.
Alhoewel die verantwoordelike departemente en entiteite dié hervormings aandryf, monitor en identifiseer Operasie Vulindlela uitdagings en blokkasies.
Dit fasiliteer, waar nodig, tegniese ondersteuning aan departemente.
Die onlangse kwartaallikse verslag gee ŉ oorsig van Operasie Vulindlela en die departemente wat vir dié hervorming verantwoorde lik is, se vordering.
Ons fokus regoor die rege ring is op hervorming wat fundamenteel en transformerend is; wat die manier  hoe ons ekonomie werk, hervorm.
Dit behels die opveil van hoë-aanvraagspektrum vir mobiele telekommunikasie, wat vir meer as 10 jaar vertraag, en uiteindelik in Maart voltooi is. Die bekendstelling van nuwe spektrum sal konnektiwiteit verbeter en die koste van breëband afbring.
Die totstandkoming, verlede jaar, van die Nasionale Hawe-owerheid as ŉ aparte filiaalmaatskappy van Trans  net, is vir meer as 15 jaar vertraag. Dit was die nodige eerste stap tot die instaatstelling van die deelname van die privaat sektor en toenemende doeltreffendheid in ons hawe-terminale.
Ons het ook die Blou druppel-, Groen druppelen Geen druppel-stelsel vir die eerste keer sedert 2014 heringestel om beter kontrole van water en die gehalte van afvalwaterbehandeling te verseker. Ons het ook vir die eerste keer sedert 2014, ŉ lys van kritiese vaardighede  bygewerk en gepubliseer.
Dit is net ŉ paar voorbeelde waar dié administrasie, deur moeite en aandag aan ŉ beperkte aantal prioriteitshervormings te bestee, vordering kon bewerkstellig.
Ons was ook deur middel van Operasie Vulindlela in staat om ŉ meer gefokusde en holistiese benadering tot hervorming te volg, wat beter koördinering waar veelvoudige departemente en entiteite betrokke is, tot gevolg het.
Die beste voorbeeld hiervan is in die energie-sektor waar ŉ aantal belangrike hervormings wat onderling verbind is besig is om die manier te verander waarop ons elektrisiteit opwek en verbruik.
Mylpale behels die verhoging van die lisensiëringsdrempel vir nuwe opwekkingsprojekte tot 100MW, wat dié projekte in staat stel om aan die kragnetwerk te verbind en krag aan kliënte te verkoop.  Ons het die Program vir die Verkryging van Hernubare Krag van Onafhanklike Kragprodusente (REIPPP) laat herleef deur die opening van nuwe bodvensters.
Veranderinge aan die regulasies oor nuwe opwekkingskapasiteit het munisipaliteite in staat gestel om krag vir die eerste keer onafhanklik te bekom en wetgewende hervorming sal uiteindelik oorsprong gee aan ŉ nuwe kompeterende elektrisiteitsmark wat ondersteun word deur die publisering van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering en die werk wat gedoen word om die Beleid op die Prysvasstelling van Elektrisiteit te wysig.
Die proses van die ontbondeling van Eskom is op koers waar die instansie sy sperdatum van Desember 2021 vir die oprigting van ŉ Nasionale Geleidingsmaatskappy sal haal. Ons hoop om die ontbondeling van Eskom se opwekkingsen verspreidingsafdelings teen Desember vanjaar te voltooi.
Die kwartaallikse verslag lig ŉ aantal ander belangrike prestasies uit, asook gebiede waar intensiewe werk tans aan die gang is.
Operasie Vulindlela het in die watersektor tegniese ondersteuning aan die Departement van Water en Sanitasie verleen om ŉ ommekeerplan vir die toestaan van watergebruiks lisensies te implementeer, met die teiken om 80% van alle aansoeke binne 90 dae  te verwerk.
Daar word ook tans werk gedoen om ŉ nasionale waterhulpbron-infrastruk tuuragentskap op die been te bring wat beter bestuur van ons nasionale waterhulpbronne sal verseker.
In die vervoersektor het ondoeltreffendheid in haween spoorvervoer ons vermoë om goedere uit te voer, ernstig geknou. Daar word tans werk gedoen om vennootskappe met privaat sektoroperateurs op te rig om in hawe-infrastruktuur te belê en die bestuur van vraghouerterminale by die hawe van Durban en Ngqura, te verbeter.
Die Witskrif oor die Nasionale Spoorbeleid wat in Maart deur die Kabinet goedgekeur is, gee ŉ oorsig oor planne om spoorinfrastruktuur te laat herleef en maak derdepartytoegang tot die vragspoornetwerk moontlik. Transnet Freight Rail is reeds besig om gleuwe vir private spooroperateurs op die netwerk beskikbaar te stel.
ŉ Ten volle werkende e-Visa-stelsel is in 14 lande bekendgestel, waaronder sommige van ons grootste toeristemarkte. ŉ Omvattende hersiening van die werkvisumstelsel is ook onderweg om ons in staat te stel om die vaardighede wat ons ekonomie benodig, te lok.
Dié hervormings is moontlik gemaak weens beter samewerking regoor die regering, verenig agter ŉ gedeelde hervormingsagenda.
Ons doen ŉ beroep op sakelui en beleggers om voordeel te trek uit die geleenthede wat onderweg is en hulle beloftes en verbintenisse om te skakel in tasbare, werkskeppende beleggings.