Hou kinders veilig aanlyn

Vukuzenzele Unnamed

Met die wêreld wat toenemend aanlyn raak, is dit belangrik dat kinders dié geleenthede aangryp terwyl hulle terselfdertyd veilig bly.
Die Regeringskommunikasie en Inligtingstelsel (GCIS) en Digify Africa het onlangs ŉ webinaar tesame met Media Monitoring Africa (MMA) en die Filmen Publikasieraad (FPR) aangebied om kinders, opvoeders, ouers en die publiek te leer hoe om verantwoordelik te wees wanneer hulle aanlyn is.
Phakamile Khumalo, die programbestuurder van die ontwikkeling van openbare en mediavaardighede by MMA, sê dat sewe uit 10 kinders wat as deel van die SA Kids Online Study vrae beantwoord het, gesê het dat hulle die internet sonder hulle ouers se toestemming gebruik. Slegs vier uit 10 kinders het gesê dat hulle een of ander vorm van inligting oor aanlynveiligheid het. Dit toon dat kinders vaardighede en hulpbronne benodig om hulle te help om die internet op ŉ veilige manier te gebruik.
Mmaletjema Poto, die FPR se kinderbeskermingsbeampte, sê dat ouers bewus moet wees van die gevare wat hulle kinders aanlyn kan teenkom, insluitend die kyk van pornografie of seksuele misbruik van kinders en gereedmaking deur seksuele predatore.
Kinders kan die teiken van aanlyn seksuele predatore word deur net ŉ  onskuldige internetsoektog te doen en op die verkeerde skakel te klik. Oortreders begin dan hulle vertroue wen en begin hulle voorberei.
“Die kind is dikwels verleë en praat dus nie daaroor nie, wat dit moeilik maak om uit die gereedma kingsiklus uit te breek,” sê Poto.
Sy het ook daarteen gewaarsku dat mense video’s of foto’s van kinderpornografie aanlyn deel.
“Dit het die norm geraak om inhoud op sosiale  media te deel, maar om dié soort inhoud te deel, is ŉ bewys van kindermishandeling. Dit is ŉ kriminele oortreding om in die besit van sodanige inhoud te wees of dit te deel,” het Poto bygevoeg.
Hulp is beskikbaar
Daar is verskeie hulpbronne beskikbaar om kinders te help om die internet op ŉ veilige manier te gebruik.
Die MMA bedryf Web Rangers, ŉ digitale geletterdheidsprogram om  leerders, onderwysers en ouers se vaardighede op te skerp en uit te brei.
Opvoedkundige video’s oor kuberboeliegedrag, sexting en aanlyn gereed making is beskikbaar by www.webrangers.co.zaDie MMA help ook kinders deur sy Hashplay-webblad (https://hashplay.co.za) wat ŉ sosi ale mediaplatform insluit wat kinders toelaat om met ŉ aanlyn konsultant te praat oor dit wat hulle op sosiale media teëkom.
Digify Africa het ŉ gratis Kitso WhatsApp-bot wat kinders help om digitale geletterdheidsvaardig hede te ontwikkel. Besoek https://digifyafrica.com/learners-responsiblecitizens.
Jy kan aanlyn seksuele misbruik van kinders of geweld teenoor kinders by die FPR aanmeld deur ŉ e-pos te stuur aan hotline@fpb.org.za of 012 003 1400 te skakel. Dit kan anoniem aangemeld word.
