Voedingsprogram maak seker dat kinders nie honger ly nie

Vukuzenzele Unnamed

Meer as nege miljoen kinders ontvang ŉ voedsame maaltyd by die skool danksy die regering se nasio nale skoolvoedingsprogram (NSVP) wat in 1994 ingestel is.
Die program is daarop gemik om kinders se leervermoë te verbeter deur wanvoeding en hongerte te verminder en skoolbywoning te verbeter, veral by voor heenbenadeelde skole.
“Die program speel ŉ kritiese rol in die bevordering van leerders se grondwetlike reg tot basiese voeding en basiese onderwys,” verdui delik die adjunkminister van basiese onderwys, dr. Regi nah Mhaule.
Weens die NSVP daag meer kinders betyds en ook meer gereeld vir skool op en hulle konsentrasie in die klas het verbeter.
Volgens die departement van basiese onderwys (DBO) word leerders goeie eeten leefstylgewoontes geleer.
Skole word ook aangemoe dig om hulle eie groentetuine aan te plant om die NSVP-spyskaart aan te vul.
Leerders, opvoeders en ouers word geleer hoe om hulle eie kos te kweek.
NSVP-toekennings
Thabang Primary School in Bethlehem in die Vrystaat is een van die skole wat baatvind by die NSVP.
Die skool het onlangs die toekenning as beste skool in die NSVP ontvang. Die toekennings vier skole se voedingsprogramme deur na hulle higiëneen veiligheidspraktyke, voedsame maaltye, groentetuine en voedingsopvoeding te kyk.  “Ek is verskriklik dankbaar dat die skool die toekenning gewen het,” sê Seyanokeng Sejake, Thabang Primary School se hoof van die afgelope 24 jaar.
Thabang Primary School se voedingsprogram kom al van 1994 af aan. Dit maak vandag seker dat sy 1 065 leerders elkeen daagliks ŉ gesonde ontbyt vanaf ŉ plaaslike besigheid ontvang.
Die kos word deur werklose persone in die gemeenskap gekook wat deur die skool se beheerliggaam (SBL) aangewys word.
“Ons ses vrywillige voedselhanteerders (VVH) wat in ons diens is, berei die kos voor wat deur die departe-ment van onderwys verskaf word deur die toekenning van fondse aan die skool,” sê Sejake.
Die VVH’s ontvang elkeen ŉ toelaag vir die voorberei ding van die voedsel.
Thabang Primary School het met die louere weggestap by die toekennings weens harde werk en toewyding van sy SBL, bestuurspan en funksionele NSVP-komitee, sê. Sejake“Stiptelikheid is die wagwoord. Ons laat nie afwesigheid sonder ŉ geldige rede toe nie en het geen persone wat uitval nie. Ons leerders se konsentrasie en algemene prestasie het ook verbeter,” voeg sy by.  Die skool se voedingsprogram gaan nou net verder verbeter aangesien die wenprys ŉ ultramoderne kombuis is wat deur die Tiger Brands-stigting gebou gaan word.
Die skool maak seker dat daar genoeg kosvoorraad is wat behoorlik bestuur word, om seker te maak dat daar altyd voedsel vir die program is.
“Ons het byvoorbeeld ŉ groentetuin wat groente voorsien om die NSVP-toelaag aan te vul,” verduidelik Sejake.
Toekenningwenners
Grootdrink Intermediate in die Mgcawu-distrik in die  Noord-Kaap het tweede gekom in die kategorie vir beste skole en Aaron Gqedu Primary School in Nelson Mandela-baai in die OosKaap derde.
Hulle sal kombuistoerusting van die departement van basiese onderwys ontvang.
Die toekenning vir die beste distrik is deur  Umzinyathi (KwaZulu-Natal) gewen. Die ZF Mgcawudistrik (Noord-Kaap) het tweede gekom en Metro Noord (Wes-Kaap) derde.
Elke distrik het kantooren rekenaartoerusting gewen.
Die NSVP het in 2020/21 maaltye aan kinders in 21 189 skole voorsien.