Privaatsektor én staatsektor belangrik vir ekonomiese groei

Vukuzenzele Unnamed

Namate ons ons ekonomie groei en indiensneming skep, heers daar ŉ groot debat oor die onderskeie rolle van die staat en sakelui om dié doelwitte te bereik.
Sommige mense het voorgestel dat ons ŉ keuse moet maak tussen ŉ ontwikkelingstaat wat ŉ kernbelangrike rol in ekonomiese en maatskaplike transformasie speel aan die een kant, en ŉ lewendige, uitbreidende privaatsektor wat groei een indiensneming aandryf, aan die ander kant.
Die werklikheid is dat ons beide benodig. Ons benodig ŉ bekwame ontwikkeling staat en ŉ dinamiese en behendige privaatsektor.
Ons benodig dat hulle saam werk en mekaar komplimenteer.
Dit is nie ŉ nuwe idee nie. Die African National Congress het 30 jaar gelede, in 1992, ŉ dokument ge titeld “Gereed om te regeer” goedgekeur. Die dokument het beleidsriglyne vir ŉ demokratiese Suid-Afrika uiteengesit en het, oor byna drie dekades, die beleidsrigting van opeenvolgende demokratiese administrasies beïnvloed.
Die “Gereed om te regeer”-dokument het ŉ demokratiese staat beoog met die uiteindelike verantwoordelikheid vir “die koördinasie, beplanning en leiding van die ekonomie se ontwikkeling na ŉ volhoubare groeipatroon”,  in samewerking met vakbondbewegings, sakelui en ander instansies in die samelewing.
Dit het verwys na die behoefte vir ekonomiese beleid wat die ekonomie demokratiseer en produktiewe indiensne mingsgeleenthede teen ŉ bestaansloon vir alle SuidAfrikaners skep.
Die dokument beoog verder “ŉ dinamiese privaatsektor wat die vaardighede en vernuf van alle Suid-Afrikaners gebruik ... en besigheidsaktiwiteite wat beduidend tot werkskepping bydra wat aktief aangemoedig word”.
Ek het in die onlangse Staatsrede uiteengesit hoe die regering, sakelui en arbeid saam behoort te werk – deur elkeen gebruik te maak van sy unieke vermoëns – om werke te skep.
Een van die belangrikste  drywers van groei en indiensneming is ondernemings in staatsbesit (SBO’s).
Hulle genereer elektrisiteit, bestuur hawens, bou die paaie en verskaf die water wat die ekonomie benodig om te funksioneer.
Dié SBO’s het sedert die begin van demokrasie toegang tot basiese dienste vir behoeftiges beduidend uitgebrei. Dit is waarom ŉ kritiese deel van ons program dit behels om ondernemings in staatsbesit te versterk, tot finansiële welstand te herstel, bedryfsprestasie te verbeter en hier die ondernemings in staat te stel om ŉ meer prominente en voordelige rol in die ekonomie te speel.
Die staat, eg aan die rol wat in die “Gereed om te regeer”-dokument voorsien word, lei beide groei en transformasie deur hefbome soos mededingingsbeleid, breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtigingsbepalings en indiensnemingsgelykheidswette asook deur die toestaan van verskeie lisen-sies aan universele diensen bemagtigingsverpligtinge te skakel.
Die regering is ook direk betrokke by die skep van indiensname benewens die bestaande staatsamptenare wat in die Staatsdiens werk.
Die uitgebreide openbare werke-program, wat sedert 2003 bestaan, het werksgeleenthede aan miljoene mense verskaf.
Dié regering het meer onlangs en in reaksie op die verwoestende ekonomiese impak van die KOVID19-pandemie, toesig oor die mees beduidende verbreding van staatsindiensname in ons land se geskiedenis gehou.
Die presidensiële werkskeppingstimulus het in slegs 16 maande meer as 850 000 geleenthede  ondersteun. Ons verskaf, bykomend tot die uitbreiding van staatsindiensneming, ook ondersteuning aan werklose jeug om hulle vir indiensneming voor te berei, hulle meer aanstelbaar te maak en hulle met geleenthede te skakel.
Daar is baie ander maniere waarop die regering direk bydra tot werkskepping, waaronder grootskaalse beleggings in infrastruktuur, die skep van spesiale ekonomiese sones en die ondersteuning van arbeidsintensiewe groeinywerhede.
Daar word dié jaar spesiaal gefokus op klein-, mediumen mikro-ondernemings, koöperasies en die  informele sektor.
Ons maak “terugwipfinansiering” meer toeganklik vir klein besighede deur die herontwerp van die lening waarborgskema wat ons in die vroeë maande van die KOVID-19-pandemie bekend gestel het.
Ons brei die indiensnamebelastingaansporing uit en kyk na verskeie ander regulatoriese veranderinge om dit makliker te maak vir klein ondernemings om meer mense aan te stel.
Soos wat ek in die Staatsrede aangedui het, is hierdie sommige van die maatreëls wat ons as die regering tans neem “om die toestande te skep wat die privaatsektor – beide groot en klein ondernemings – in staat sal stel om te ontwikkel, te groei, toegang tot nuwe markte te verkry, nuwe produkte te skep en meer werknemers aan te stel”.
Die privaatsektor is verantwoordelik vir die indiensname van sowat driekwart van Suid-Afrika se werkers en is verantwoordelik vir meer as twee-derdes van beleggings asook navorsingen ontwikkelingsbesteding.
Tesame met ŉ bekwame en ontwikkelingstaat, benodig ons land dus ook ŉ florerende privaatsektor wat in produktiewe kapasiteit belê.
Meer lewensbestane word ondersteun en volhou namate privaatsektorindiensname uitbrei. Goedere en dienste word teen ŉ groter skaal gelewer en die demokratiese staat kan meer inkomste vir maatskaplike ontwikkeling inwin.
Die “Gereed om te regeer”-dokument stel dat die staat se rol “op buigbare wyse aangepas behoort te word tot die nasionale eko nomie se behoeftes”, hetsy dit is om die staatsektor op strategiese gebiede uit te brei of dit in ander gebiede in te kort.
Ons sal nie só ŉ ekonomie bereik sonder beide ŉ sterk en bekwame ontwikkelingstaat en ŉ inklusiewe, snelgroeiende privaatsektor nie. Ons behoort nie gevra te word om die een of die ander te kies nie. Ons benodig beide.
