Einde van ramptoestand in sig vir SA

Vukuzenzele Unnamed

President Cyril Ramaphosa het onlangs in sy 2022 Staatsrede (SR) aangekondig dat die regering beplan om die nasionale ramptoestand te skrap namate die land ŉ nuwe  fase in die hantering van die koronavirussiektepan demie (KOVID-19) betree.
“Ons is van plan om die nasionale ramptoestand te beëindig sodra ons ander maatreëls om die pandemie te bekamp, ingevolge die Nasionale Gesondheidswet en ander wetgewing, gefinaliseer het,” sê die President.
President Ramaphosa het op 15 Februarie 2020 die nasionale ramptoestand ingevolge die Wet op Ramp bestuur verklaar en ŉ reeks maatreëls aangekondig om die KOVID-19-uitbraak te bekamp.
President Ramaphosa sê dat byna alle beperkings op ekonomiese en sosiale aktiwiteit, grootliks te danke aan die entstofversprei-dingsplan, reeds gelig is.  Hy het burgers daaraan herinner dat entstowwe die beste verdediging teen siekte, dood en KOVID-19 is, wat plaaslik nagenoeg 100 000 lewens geëis het.
“Ek het nog altyd volgehou, vanuit ŉ persoonlike standpunt, dat as ek nie ingeënt was toe ek KOVID19 in Desember opgedoen het nie, ek waarskynlik nie hier sou gestaan het nie,” stel hy.
Die President het die tyd geneem om Suid-Afrikaners aan te moedig om die lewensreddende inspuiting te kry, steeds basiese gesondheidsmaatreëls te volg en waaksaam te bly.
“Ons sal kan aangaan met ons lewens, selfs met die  virus in ons midde,” sê hy en voeg by dat die pandemie die skeiding tussen diegene wat werk het en werkloses vererger het.
Solidariteitsfonds
President Ramaphosa het aangekondig dat die solidariteitsfonds R3.4 miljard vanaf meer as 300 000 SuidAfrikaners en maatskappye ingesamel het, terwyl meer as 400 individue en 100 maatskappye hul tyd en dienste vrywillig aangebied het.
“Die fonds het ŉ sentrale rol gespeel in die ondersteuning van die nasionale gesondheidsreaksie en die verligting van die humanitêre krisis wat ons land en ons mense in die gesig  gestaar het.”Hy het almal bedank wat tot die fonds bygedra het, waaronder sommige Parlementslede en ander inisiatiewe ter ondersteuning van diegene wat deur die pandemie geraak is.
Die President het ook hulde gebring aan die baie gesondheidsorgen frontli niewerkers wat ŉ sleutelrol in die stryd teen KOVID-19 gespeel het.
“Die nasie is baie dankbaar teenoor die toegewyde gesondheidswerkers en ander frontliniepersoneel wat in dié tydperk hul eie gesondheid en lewens in gevaar gestel het om na siek en kwesbare mense om te sien,” sê hy. –  SAnews.gov.za