Staatsrede 2022: Verbeter lewens en lewensbestaan

Vukuzenzele Unnamed

Die regering is daartoe verbind om die mense van ons land voorop te stel en het aan hulself 100 dae gegee om ŉ plan te finaliseer wat alle sektore van die samelewing betrek in die ontwik keling van Suid-Afrika se ekonomie, werkskepping en die bekamping van hongerte.
Dit is deur President Cyril Ramaphosa in sy 2022 Staatsrede beklemtoon.
“Dié werk sal voortbou op die grondslag van die ekonomiese heropbouen  herstelplan wat ons gemeenskaplike plan bly om die ekonomie te herbou,” sê hy.
Die President het gesê dat die regering se prioriteite behels om die koronavirus siektepandemie (KOVID-19) te oorkom, infrastruktuur te bou, plaaslike produksie te verhoog, werke te skep en die energiekrisis aan te spreek.
“As daar een ding is waarop ons almal kan ooreenkom, is dit dat die huidige situa-sie – van uiterse armoede, werkloosheid en ongelykheid – onaanvaarbaar en onvolhoubaar is.” 
Werkskepping
Na aanleiding van die finansiële verwoesting wat deur KOVID-19 gesaai is, het die werkloosheidskoers in verlede jaar se derde kwar taal sy hoogste aangetekende vlak van 34.9% bereik.
“Ons almal weet dat die regering nie werke skep nie.
Besighede skep werke. Die regering se sleutelrol behels om toestande te skep wat die privaatsektor – beide groot en klein ondernemings – in staat stel om te ontwikkel, te groei, toegang tot nuwe markte te verkry, nuwe produkte te skep en meer werknemers in diens te neem,” sê hy.
Ongeveer 80% van werkende mense word deur die privaatsektor in diens  geneem.
Die President sê dat die regering ŉ nuwe leningswaarborgskema bekend sal stel om klein ondernemings te help om te herstel.
Die presidensiële werkskep pingstimulusplan, wat reeds meer as 850 000 indiensnemingsgeleenthede ondersteun het, sal opgeskerp word. Die meeste begunstigdes was jongmense; meer as 60% was vroue.  Die werkskeppingstimulus sal die departement van binnelandse sake in staat stel om 10 000 werklose jeugdiges te werf vir die digitalisering van papierargiewe en die maat skaplike indiensnemingsfonds sal ŉ verdere 50 000 werksgeleenthede skep.
Vanaf April 2022 sal die departement van hoër onderwys en opleiding 10 000  werklose tegniese en beroepsonderrigen oplei dingsgegradueerdes in werksplekke plaas.
Die SAYouth.mobi-platform, wat jong werksoekers help om toegang tot geleenthede en ondersteuning te verkry, het nou meer as 2.3 miljoen geregistreerde jeugdiges.
Meer as 600 000 van hierdie mense is in indiensnemingsgeleenthede geplaas.
“ŉ Hernude nasionale jeugdiens sal in volgende jaar [2023] sy eerste kohort van 50 000 jongmense werf en geleenthede vir jongmense skep om by te dra tot hul gemeenskappe en hul vaardighede, en hul aanstelbaarheid te ontwikkel.” 
MVN-toelaag duur voort
Die KOVID-19 fonds vir maatskaplike verligting van nood (MVN), wat meer as 10 miljoen werklose mense gehelp het, is vir ŉ verdere jaar verleng, tot einde Maart 2023.
Die regering en sy vennote sal ook na maniere kyk om steeds mense in finansiële nood te ondersteun op ŉ manier wat oor die langtermyn bekostigbaar vir die land is.
Toegang tot grond
Die regering gaan voort met grondhervorming en verwag vanjaar die goedkeuring van die Wets ontwerp op Onteiening. Die stigting van die landbouen grondhervormingsontwik -kelingsagentskap sal ook vanjaar gefinaliseer word.
“Die departement van openbare werke en infrastruktuur sal die oordrag van 14 000 hektaar staatsgrond aan die behuisingsontwikkelingsagentskap finaliseer,” sê die President.
Hy voeg by dat daar genoeg bewerkbare grond is om miljoene florerende kleinskaalse pluimvee-, vee-, vrugteen groente boere te ondersteun.  Meer as 100 000 boere het reeds insetbewysstukke ontvang om hul produksie uit te brei en die program sal uitgebrei word om meer boere te bereik.
Korrupsie en  misdaad
President Ramaphosa beweeg hemel en aarde – van die instelling van die Ondersoekkommissie oor Staatskaping tot die ondersoek van KOVID-19-verwante ver-krygingskontrakte – om korrupsie stop te sit.
“Geeneen van ons pogings om ons ekonomie te hernuwe sal slaag as ons nie die plaag van korrupsie vir eens en altyd aanpak nie,” sê die president.
Hy sal ten laaste teen 30 Junie ŉ aksieplan na aanleiding van die kommissie se aanbevelings voorlê.
Hy verduidelik dat ver  skeie regeringsagentskappe saamgewerk het om oortreders te identifiseer, hulle te straf en die gesteelde staatsgeld terug te kry.
Veiligheid en sekuriteit sal versterk word deur die werwing van 12 000 polisiepersoneel en die hervestiging van gemeenskapspolisiëringsforums.
Bestry GGG
Die regering sal vanjaar ook steeds die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GGGV) versterk deur die implementering van die  nasionale strategiese plan vir GGG.
Drie nuwe wette is reeds in werking om die strafregstelsel te versterk en oorlewendes te ondersteun.
“Die implementasie van dié wetgewing sal van groot hulp wees om te verseker dat sake suksesvol geregtelik vervolg word, dat oorlewendes beskerm word en dat daar doeltref fender afskrikmiddels in plek is.” Een van die nuwe wette waarna President Ramaphosa verwys, is die Wysigingswet op die Strafreg en Verwante Aan geleenthede wat kwesbare mense teen sekondêre viktimisering beskerm. Dié Wet laat die howe toe om tussengangers aan te stel wat minderjariges, persone met gestremdhede en bejaardes in verrigtinge kan ondersoek.
Die President verwys ook na die nuwe Wysigings wet op die Strafreg (Seksu -ele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) wat seksuele uitbuiting en seksuele voorbereiding van mense met geestelike gestremdhede verbied. Dié Wet stel ook dat seksuele oortredings teen mense wat geestelik gestremd is op die nasionale register vir seksoortreders (NRSO) aangeteken moet word.
Die Wysigingswet op Gesinsgeweld neem die gekompliseerdheid van gewelddadige gesinsverhoudings in ag. Dié Wet maak voorsiening vir die proses om beskermingsbevele te verkry en het die omstandighede waaronder daar vir ŉ beskermingsbevel aansoek gedoen kan word, verbreed.
President Ramaphosa sê dat dié Wet ook bejaardes teen alle tipes gesinsgeweld beskerm en klaers ook toelaat om aanlyn om beskermingsbevele aansoek te doen, wat hul tyd en reiskostes spaar.