Nuwe wette steun die stryd teen GGG

Silusapho Nyanda

Laat verlede jaar het ek ŉ brief van ŉ groep besorgde burgers ontvang met ŉ beroep op die regering om die vroue en kinders van die land teen geweld te beskerm.
Met verwysing na die toename in verkragting en seksuele aanranding, het hulle verduidelik hoe hulle as vroue voortdurend in vrees leef en dat hulle hul vertroue in die gereg verloor het.
Ek was diep geraak deur hul mededeling van die vrees waaronder die vroue in ons land op ŉ daaglikse basis leef.
Na aanleiding van die lyding waaraan vroue en kinders onderworpe is, het ons wette ingestel met die doel om hulle te beskerm.
Maar ten spyte van die strawwe om oortreders uit die samelewing te verwyder, ly en sterf vroue en kinders steeds.
Ek het onlangs drie wetsontwerpe bekragtig  wat ons belofte nakom om die strafregstelsel te versterk, verantwoordbaar heid regoor die regering te bevorder en ondersteuning vir slagoffers en oorlewendes as die fokuspunt van al ons planne te stel.
Die nuwe Wet op Kri minele en Verwante Sake beskerm die weerloses teen sekondêre viktimisering deur die howe toe te laat om ŉ tussenpersoon aan te stel deur wie ŉ minderjarige, ŉ persoon met gestremdhede of ŉ bejaarde persoon ondervra kan word tydens hofverrigtinge.
Dit laat ook die verdere gebruik van bewyse deur middel van ŉ oudio-visuele skakel toe. Dit help om ŉ getuie te beskerm teen enige kwaad wat aangedoen kan word, verhoed onnodige vertragings en spaar kostes tydens hofverrigtinge.
Die nuwe wet verskerp ook ons borgstelsel aansien lik.
ŉ Aanklaer wat nie borg teenstaan nie in sekere aan gewese sake moet hul redes  op rekord plaas.
Die hof moet enige dreigemente wat teen die klaer gemaak is asook die klaer se sienspunt van hul eie veiligheid in berekening neem. Tensy die hof tevrede is dat uitsonderlike omstandighede bestaan wat die toestaan van borg regverdig, moet borgtog geweier word.
Die nuwe Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) maak seksuele uitbuiting en die voorbereiding (sogenaamde “grooming”) van mense met verstandsgestremdhede en maak voorsiening omdat seksuele oortredings teen mense met verstandgestremdhede in die nasionale register van seksuele oortreders (NRSO) opgeneem moet word.  Ons het werk gemaak van versoeke dat die bestuur van die NRSO opgeskerp word.
Persone wat skuldig bevind is aan seksuele misdade teen kinders of mense met verstandgestremdhede,  wat voorheen aan sulke misdade skuldig bevind is, en wat vonnisse van langer as 18 maande opgelê is, kan slegs na 20 jaar aansoek doen dat hul name van die register verwyder word.
Die wet reguleer ook die aanmeldingsplig van mense wat vermoed dat seksuele oortredings teen weerlose persone gepleeg is.
Die nuwe Wysigings wet op Gesinsgeweld maak voorsiening vir die ingewikkeldhede in gesinsgeweldverhoudings.
Ons het die proses om ŉ beskermingsbevel te kry, verskerp en die omstandighede waaronder daar vir só ŉ bevel aansoek gedoen kan word, uitgebrei.
Ons het die kwessie aangespreek van vroue en kinders wat geviktimiseer word ten spyte van die feit dat daar ŉ beskermingsbevel bestaan of een in die proses is om uitgereik te word.
As ŉ hof glo dat ŉ klaer in dringende gevaar is, kan dit dadelik ŉ beskermingsbevel uitreik sonder die vereiste kennisgewing aan die respondent.
Van groot belang is dat, indien die hof iemand wat van gesinsgeweld aangekla is maar nie ŉ beskermingsbevel teen hulle het nie op borgtog vrylaat, die hof ŉ beskermingsbevel moet uitreik nadat navrae gemaak is.
Wanneer die hof ŉ  beskermingsbevel uitreik, moet dit terselfdertyd die die uitreiking van ŉ opgeskorte lasbrief van inhegtenisname magtig wat aan die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) verskaf moet word.
Indien ŉ lid van die SAPD vermoed dat ŉ klaer in  gevaar is weens oortreding van die beskermingsbevel, moet hulle onmiddellik die respondent arresteer.
Die wet beskerm nou uitdruklik bejaardes teen alle vorme van gesinsgeweld en laat ook klaers toe om aanlyn aansoek te doen vir ŉ beskermingsbevel, wat tyd en reiskoste spaar.
Om klaers teen verdere mishandeling te beskerm, mag die hof ŉ veiligheidsmoniteringskennisgewing uitreik wat vereis dat ŉ lid van die SAPD in voortdurende kontak bly met die klaer, sonder die wete van die misbruiker.
Oorlewendes van GGG kla dikwels oor swak behandeling of miskenning van hul kommer wanneer hulle klagtes by polisiestasies aflê. SAPD-lede wat nie hul verpligtinge onder die nuwe wetgewing nakom nie, sal skuldig wees aan wangedrag.
Alle volwasse persone wat kennis dra of vermoedens het dat gesinsgeweld gepleeg word teen ŉ kind, ŉ persoon met verstandgetremdhede of ŉ bejaarde persoon, word verplig om dit by ŉ maatskaplike werker of die polisie aan te meld. Versuim om dit te doen is ŉ kriminele oortreding.
Die beginsel dat geweld teen vroue en kinders almal se verantwoordelikheid is, is dus nou op die wetboek.  Die aanvaarding van hierdie nuwe wette is ŉ treë in die regte rigting, maar nie die oplossing nie. Ons moet keer dat geweld en misbruik in die eerste plek plaasvind.
Ons moet as samelewing saamwerk en ons stemme, ons magskeuse en ons reser wes van dapperheid gebruik om vir eens en altyd ŉ einde te maak aan die geweld wat mans teen vroue en kinders pleeg.