Gratis opleiding en dienste vir besighede

Vukuzenzele Unnamed

Drie regeringsentiteite is daarop ingestel om dit maklik te maak om sake in SuidAfrika te doen om die ekonomie uit te brei.
Daar  is  onlangs  ŉ  Vuk Talk-webinaar gehou om bewusmaking te skep van die mandaat, beleide en dienste wat deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC), die Maat skappytribunaal (CT) en die Breedgebaseerde Swart Eko nomiese Bemagtigingskommissie (BGSEB-kommissie) aangebied word. Dit is almal entiteite van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging.
Volgens Ofentse Shakung, die CIPC se bestuurder van innovasie en samewerking en direkteur van e-leer, het die CIPC verskeie funksies, waaronder die registrasie van maatskappye, koöperasies en intellektuele eiendomsregte (handelsmerke, patente, ontwerpe en kopiereg).
Die CIPC het sy BizPortalplatform ontwikkel om aanlyn maatskappyregistrasie en verwante dienste te bied om die proses te vereenvoudig om ŉ besigheid te registreer en aan die nodige vereistes te laat voldoen.  BizPortal bied ŉ eenstopplatform aan diegene wat ŉ besigheid wil begin om ŉ maatskappy te registreer, vir belasting te registreer, ŉ  domeinnaam  te  registreer, aansoek te doen vir ŉ  BGSEB-sertifikaat, om by die Vergoedingsfonds en die Werkloosheidsversekerings fonds te registreer, en om ŉ besigheidsbankrekening oop te maak.  “Dit is ŉ papierlose proses en die maatskappy sal binne 24-uur nadat die aansoek ingedien is, geregistreer wees.
Ons het ook Google se besigheidsdienste bygevoeg, wat maatskappye in staat stel om ŉ gratis besigheidsprofiel en statiese maatskappywebblad te hê,” sê Shakung.
Besoek www.bizportal.gov.za en klik op “register” bo-aan die bladsy om van dié dienste gebruik te maak.
Dit is maklik om die portaal te navigeer en dit bied inligting stap-vir-stap aan oor hoe om ŉ besigheid te registreer.
Gratis opleiding
Die CIPC het ook onlangs ŉ gratis aanlyn opleidingsplatform, Learn-i-Biz, bekendgestel om klein, medium en mikro-ondernemings se di rekteure en entrepreneurs te help om hulle kapasiteit uit te brei om suksesvolle besig hede te bestuur terwyl daar verseker word dat hulle aan die nodige wetlike vereistes voldoen.
“Die platform is ŉ digitale studiegids en sluit vi deohandleidings en ŉ selfek  samineringstoets in vir elkeen van die sewe modules,” sê Shakung.
Die modules sluit opleiding in oor wat ŉ maatskappy en ŉ direkteur is, oor wie die sleu telpersone in ŉ maatskappy is, die verantwoordelikhede van ŉ direkteur, persoonlike finansiële belange en ŉ konflik van belange, vergoeding van direkteure en versprei dings, en die raad van direk teure.
Besoek www.elearning@cipc.co.za om vir die opleiding te registreer.
Maatskappytribu naal
Dr. Mohammed Chicktay, die voorsitter van die CT, het ver duidelik dat die entiteit help om ŉ spoedige oplossing vir maatskappygeskille te verkry wat verband hou met aansoeke en klagtes wat ingevolge die Maatskappywet, wetnr.
71 van 2008, gelê word.
Dit sluit geskille in wat verband hou met maatskappyname, direkteurskap en vrystelling van die vestiging van ŉ maatskaplike en ŉ etie se komitee. Dit hersien ook voldoeningskennisgewings wat deur die CIPC uitgereik word wat verband hou met verlengde tyd om jaarlikse finansiële state voor te berei en om algemene jaarvergade rings te belê.
“Die CT hanteer verskeie aansoeke. Ons het, byvoorbeeld,  tydens  KOVID-19 baie aansoeke ontvang vir die aanskuif van die datum om ŉ algemene jaarvergadering te belê,” sê Chicktay.
Nog ŉ gratis diens wat deur die CT gelewer word, is ge skilbeslegting. ŉ Persoon kan ŉ saak vir beslegting verwys d.m.v. bemiddeling, versoe ning of arbitrasie, as ŉ alternatief om hof toe te gaan. Die CT dien as fasiliteerder tus sen die partye.
“Die CT moedig bemiddeling aan sodat mense hulle  werk kan behou, veral tydens KOVID-19, en mense moet meer daarvan gebruik maak,” sê Chicktay.
Besoek www.companiestri bunal.org.za vir meer inligting oor die dienste wat die CT bied.
BGSEB-kommissie
Volgens Lindiwe Madonsela, die BGSEB-kommissie se senior voldoeningsbestuurder, is die entiteit se mandaat om voldoening aan die BGSEB Wet 46 van 2013 te kontroleer, te bevorder en daaroor toesig te hou.
Hy ondersoek ook frontvoorhoudingspraktyke, poog om kennis te verbreed en openbare bewusmaking rondom BGSEB te bevorder deur die implementering van opvoedkundige en bewusmakingsmaatreëls, en verskaf leiding aan die publiek.
Enige persoon wat vermoed of bewus is dat die Wet oortree word, soos dat swart mense as front gebruik word om BGSEB-punte te verdien, kan ŉ klag by die kommissie lê.
Byvoorbeeld, werknemers in ŉ entiteit mag dalk bewus wees dat frontbemagtiging gepleeg word deur swart mense as aandeelhouers of bestuursbeamptes voor te hou wanneer hulle nie is nie, sê Madonsela.
