Werk saam om die demokrasie te versterk 

Vukuzenzele Unnamed

Soos Suid-Afrika die nuwe jaar tegemoet gegaan het, is ons gekonfronteer met twee diepgaande gebeurtenisse wat ons op verskillende maniere herinner aan wat ons as ŉ nasie saamsnoer.
Op die eerste dag van 2022 het die nasie in die gees bymekaargekom om afskeid te neem van aartsbiskop Desmond Tutu by die St. George’s Katedraal in Kaapstad.
Dit was ŉ baie hartseer oom blik soos wat ons teruggedink het aan die lewe en bydrae van ŉ geliefde landgenoot wat op verskeie maniere die morele gewete van ons nasie was.
Sy begrafnis was terselfdertyd ŉ viering van die waardes wat hy voorgestaan het. Dit was ŉ viering van die groot eenheid en diversiteit van ons mense, en ŉ herinnering aan die opofferings wat deur so baie mense gemaak is om ons demokrasie te vestig.
Op die tweede dag van 2022 het die land in afgryse toegekyk hoe ŉ groot vuur ons parlement verswelg, net honderd meter weg van waar ons die vorige dag bymekaarge kom het om ons laaste eer aan aartsbiskop Tutu te betoon.
Ons is verlig dat daar geen lewensverlies was nie en dat niemand in die brand beseer is nie. Ons is uiters dankbaar teenoor die brandbestryders wat die brand bestry en uiteindelik geblus het.
Die ondersoek na die oorsaak van die brand is tans aan  die  gang.  Ons  moet seker maak dat dié ondersoek deeglik en sonder vertraging afgehandel word. Die land moet weet wat gebeur het.
Daar word reëlings getref om te verseker dat die werk van die parlement kan voortgaan, selfs al kan die gebou nie gebruik word nie.
Dit is noodsaaklik dat die parlement voortgaan om wette te oorweeg en deur te voer wat die samelewing sal transformeer en wat voortgaan om oorsig te verskaf, en verantwoordbaarheid verseker namate die regering werk om die mandaat wat hy van sy mense ontvang het, te implementeerBehalwe dat die St. George’s Katedraal en die parlement naby aan mekaar geleë is, word die twee geboue ook verbind deur die herinnering aan dit wat ons as Suid-Afrikaners bymekaar bring: ons demokrasie.
Ons treur oor Desmond Tutu, want hy was die geestelike vader van ons demokrasie. Ons wil wanho pig raak oor die vernietiging van ons parlementsgebou, want dit is die setel van ons demokrasie. Dit is die plek waar die nuwe demokratiese grondwet net meer as 25 jaar gelede aanvaar is, en waar honderde transformerende wette goedgekeur is.
Ons besef dit nie altyd nie, maar die brand by die parlement het gedemonstreer hoe sterk Suid-Afrikaners oor hulle demokrasie voel.
Dit is ook ŉ herinnering aan hoe belangrik dit is dat ons hard daaraan werk om die demokrasie te versterk en te verdedig.
Alhoewel die parlementsgebou so erg beskadig is dat ons nie daar kan werk nie, gaan die parlement as instelling in diens van die mense voort. Dit is ŉ belangrike herinnering dat ons demokratiese instellings nie gedefinieer word deur die geboue wat hulle huisves nie, maar deur die werk wat hulle doen en deur die vertroue wat die mense in hulle het.
Dit geld vir al die instellings van ons demokrasie.
Terwyl die brand in die par lement uiteindelik geblus is, het waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, die eerste deel van die verslag van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping ingehandig.
Dié gedeelte van die verslag sit uiteen hoe verskeie staatsinstellings geïnfiltreer, geplunder en ernstig benadeel is. Dit sluit instellings in staatsbesit in soos die SuidAfrikaanse Lugdiens, die regering se kommunikasie diens en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Hierdie gedeelte van die ver slag skets ŉ baie ontstellende prentjie oor hoe sleutelinstel lings van ons demokrasie onder verdenking geplaas en ondermyn is deur kriminele aktiwiteit. Nie net is beduidende bedrae geld gesteel nie, maar hierdie instellings was nie in staat om die funksies waarvoor hulle opgerig is na behore te verrig nie.
Die bevindinge en aanbevelings van die Zondokommissie sal die land help om dié instellings te herbou en die verantwoordelike per sone verantwoordbaar te hou.
Ons moet seker maak dat ons dié bevindings gebruik om dié instellings in die toekoms te beskerm sodat hulle nooit weer gekaap word nie.
Ons moet ons demokrasie waarvoor ons so hard gewerk het, beveilig teen enige pogings om dit leed aan te doen – of dié pogings nou die vorm van korrupsie in staatsondernemings, die ondermyning van ons wets toepassingsagentskappe, die sabotasie van ons ekonomiese infrastruktuur, of aanvalle op die onafhanklikheid en integriteit van ons regbank, aanneem.
Ons moet ons grondwet, ons demokratiese staat en die verkiesingsproses be  skerm teen enigeen wat ons demokrasie wil verswak en die Suid-Afrikaanse mense van hulle swaarverdiende vryheid wil ontsê.
Daar is baie uitdagings wat ons in die gesig moet staar namate ons werk om te herbou en van die nagevolge van die Kovid-19-pandemie te herstel.
Soos ons dit doen, laat ons krag en bemoediging put uit ons diepe toewyding aan ons demokrasie en ons gemeen skaplike begeerte om ŉ nasie te bou wat verenig, vry en gelyk is.
Ek wens u almal net die beste toe vir die jaar komende jaar.