Geen verskoning vir GGG 

Vukuzenzele Unnamed

As ŉ nasie se karakter gemeet word aan  die  manier  waarop  dit  vroue  en kinders hanteer, dan faal ons klaaglik.  Die  jongste  misdaadstatistiek  wat  deur  die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, toon ŉ toename  in  verkragting, huishoudelike  geweld  en – waarskynlik die kommerwekkendste – kindermoord.
Tussen Julie en September 2021 is 9 556 mense verkrag, die  meerderheid  daarvan vroue. Dit is 7% meer as in die vorige verslagperiode.
Van die byna 73 000 gevalle van aanranding wat in hierdie tydperk aangemeld is, is meer as 13 000 verwant aan huishoudelike geweld. Die aantal kindermoorde het met byna een derde toegeneem teenoor die vorige verslagperiode.
Ons het voorheen gesê dat die geweld wat mans teen vroue pleeg die tweede pandemie is wat ons land moet konfronteer, en nes die KOVID-19-pandemie kan dit oorwin word as ons almal saamwerk.
As regering het ons ŉ plig en ŉ verantwoordelikheid om die nodige hulpbronne te voorsien om misdaad weens geslagsgebaseerde geweld hok te slaan.
Sedert die bekendstelling van die nasionale strategiese plan  om  geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp (NSP)  in  2020,  was  daar verskeie ingrypings om op GGG te reageer. Dit behels verreikende  wetgewende hervorming,  ondersteuning aan oorlewendes deur die beskikbaarstelling van verkragtingtoetsstelle (rape kits) asook sielkundige en maatskaplike  dienste  by polisiestasies, die stigting van ŉ GGGV-fonds en die ondersteuningsnetwerk van Thuthuzelaen Khuseleka sorgsentrums.
Die SAPD het aangedui dat ons vordering maak in die aansienlike agterstand van DNS-analise, wat noodsaaklik is vir geregtigheid om te geskied vir die oorlewendes van seksmisdade. Die SAPD beman ook 134 GGG-toonbanke by polisiestasies regoor die land en is in die proses om nog in te rig.
Geslagsgebaseerde geweld is ŉ probleem van manlike geweld. Dit is hoofsaaklik mans wat verkragters is. Dit is oorwegend mans wat huis houdelike geweld pleeg.
Aangesien dit hoofsaaklik mans is wat die oortreders is, behoort dit mans te wees wat die leiding neem teen geslagsgebaseerde geweld en hul stemme dik maak, dit aanmeld, bewusmaking daar oor skep, portuuropvoeding doen en voorkomende aksies neem.  Dit  behoort  mans  in gesagsposisies in ons onderriginstansies te wees – hetsy skoolhoofde, opvoeders of dosente – wat skole en plekke van hoër onderrig omskep in veilige ruimtes vir vroulike leerders en studente, en wat nooit, ooit hul gesagsposisies gebruik om seksuele gunste af te dwing nie.
Mans behoort ook ŉ baie meer formatiewe en teenwoordige rol in hul gesinne te speel, veral om hul seuns groot te maak om ŉ gesonde, positiewe manlikheid uit te leef wat respek teenoor vroue en kinders betoon.
Gemeenskappe en gemeen skapsorganisasies moet saam met die regering werk om ingrypings te implementeer wat manlikheid herdefinieer, sodat ons mans kan grootmaak om empatie, verdraagsaamheid en respek te hê.
Net soos wat die beëindiging van geslagsgebaseerde geweld nie alleen die Staat se verantwoordelikheid kan wees nie, kan die onus ook nie net op vroue en kinders rus om die skokkende vlakke van geweld en mishandeling teen hulle te beëindig nie.
Suid-Afrikaanse  mans moet ŉ groter rol speel in die voorkoming van GGG. Hulle moet verstaan wat geslagsge baseerde geweld behels, veral seksuele geweld.
Die jongste misdaadstatis tiek toon dat byna 4 000 mense in hul eie of in die oortreder se huis verkrag is, en in 400 aan gemelde verkragtingsake was die oortreder en die slagoffer in ŉ verhouding. Dit impliseer dat sommige mans nie verstaan dat seksuele aktiwiteit sonder uitdruklike toestemming ŉ misdaad is nie.
Mans moet hul vrouens en  meisies  respekteer  en begryp dat om in ŉ intieme verhouding te wees, nooit huishoudelike geweld regverdig nie.
As elke man twee ander mans kry en aldrie onderneem om nooit ŉ vrou te verkrag en nooit ŉ hand teen ŉ vrou te lig nie, en mekaar verantwoordbaar hou aan hierdie verbintenis, kan ons begin om geslagsgebaseerde geweld in ons land in alle erns aan te pak.
Dit is nie genoeg om eers in te gryp wanneer oortreders deur die strafregstelsel opgetel word nie. Ons moet geslagsgebaseerde geweld stop voor dit begin.
Ek doen ŉ beroep op alles Suid-Afrikaanse mans, jonk en oud, stedelinge en dié op die platteland, moderne sowel as tradisionele mans, getroud en ongetroud, om deel te wees van die voorkomingsaksies wat broodnodig is in ons huise en gemeenskappe.
Deur te weier om geweld teen vroue en kinders ooglui kend toe te laat, deur nie self deel daarvan te wees nie en deur sulke dade te rapporteer, stel jy ŉ voorbeeld aan ander mans, veral jong mans en seuns.
Jy sal ŉ duidelike boodskap uitstuur dat familieverwantskap,  vriendskap  of  lojaliteit  geen verskoning  is  om  nie  op  te staan vir die regte van vroue en kinders nie.