Sperdatum vir NSFAS befondsing kruip nader

Sphelele Ngubane 

Studente en jongmense vanuit voorheen benadeelde en werkersklasgemeenskappe word aangemoedig om aansoek  te  doen  vir  befondsing vanaf die nasionale finansiële  hulpskema  vir studente (NSFAS).
Volgens die departement van  hoër  onderwys  en opleiding is NSFAS-befondsing beskikbaar aan jongmense wat reeds hul skoolopleiding voltooi het of reeds  naskools studeer.
Hulle kan aansoek doen vir befondsing deur NSFAS om aan ŉ openbare universiteit of kollege vir tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding (TVET) te studeer, maar moet aansoek doen voor die sluitingsdatum op  7 Januarie 2022.
Mense wat aansoek doen, moet:
• Suid-Afrikaanse burgers wees of permanente verblyfreg hê, en wil registreer om aan ŉ openbare univer siteit of TVET-kollege te studeer, of reeds studeer.
• Begunstigdes wees van maatskaplike  (SASSA) toelae.
• Uit  huishoudings  kom met  ŉ  gekombineerde inkomste van nie meer as R350 000 per jaar nie.
Blinker toekoms
Nhlakanipho Mkhize (26) is ŉ gekwalifiseerde elektrisiën danksy NSFAS-befondsing wat  vir  sy  studies  aan Umfolozi TVET-kollege in KwaZulu-Natal betaal het.
Mkhize, van Richards-baai, het ŉ nasionale sertifikaat  (beroepsgerig)  in elektriese infrastruktuurkon struksie in 2017 verkry.  Buiten  vir  kampusgebaseerde  onderrig  moes hy  ook  opleiding  in  die werksplek  voltooi  en  ŉ ambagstoets slaag.
Mkhize het reeds vroeg tydens sy studies die geleent heid gehad om dít wat hy geleer het, in die praktyk toe te pas, wat hom vertroue gegee het in die basiese vaardighede wat hy besig was om te ontwikkel.
“As  eerstejaarstudent het ek reeds na die elektrisiteitsprobleme  in  my gemeenskap omgesien.
Umfolozi  TVET-kollege het die teorie sowel as die praktiese toepassing vir ons aangebied.
“Die  voordeel  van TVET-studente  is  nie  net  die  blootstelling  nie, maar ook die verpligte werkplekgebaseerde leerkomponent wat sertifiseer dat studente bevoeg is voor dat hulle hul kwalifikasie ontvang,” sê hy.
Soos baie Suid-Afrikaanse jongmense wat uit ŉ minderbevoorregte agtergrond  kom, het Mkhize geweet hy wil ŉ loopbaan in ingenieurswese  volg,  maar niemand in sy familie kon die kollege-gelde bekostig nie.
“Toe ek van die NSFAS-be fondsing te hore kom, het ek geweet dat dit sou lei na waar ek wil wees – om ŉ ingenieur te word,” sê hy.
Mkhize  se  drie  jaar  van NSFAS-befondsing het vir sy boeke, klasgeld en vervoer betaal, en hy het ŉ toelae vir persoonlike behoef tes ontvang.