ASIDI bespoedig skoolinfrastruktuur

More Matshediso 

Nkululeko Ralo Primêre Skool is ŉ goeie voorbeeld van die positiewe uitkomste wat bereik kan word wanneer die gemeenskap en regering saamwerk.
Die skool, wat in Mthatha in die Oos-Kaap geleë is, is aanvanklik vanuit ŉ motorhuis van ŉ gemeenskapslid, Nkululeko Ralo, bedryf – na wie dit ook vernoem is.
Soos die skool oor die jare heen gegroei het, het dit ŉ paar keer van adres verwissel.
Leerders en onderwysers het egter nooit toegang tot voldoende fasiliteite geniet nie ... tot onlangs, toe hul nuwe, moderne skool sy deure geopen het.
Die skool is voltooi as deel van die versnelde skole-infra struktuurleweringsinisiatief (ASIDI) wat deur die departement van basiese onderwys in 2011 bekendgestel is.
Die inisiatief streef daarna om skole op te knap of vervang  waar  die  veiligheid  van leerders en personeel in gevaar gestel word weens ŉ gebrek aan behoorlike infrastruktuur, water, sanitasie en elektrisiteit.
Tot dusver het ASIDI 266 skole gebou en sanitasie voor sien aan 886 skole, water aan 1 030 skole en elektrisiteit aan 372 skole.
Die leerders van Nkululeko Ralo Primêre Skool het nou voldoende klaskamers en toe gang tot ŉ hulpbronsentrum, wetenskaplaboratorium, en ook ŉ veeldoelige sentrum en ŉ voedingsentrum.  
'n Gedeelde visie
Die skoolhoof, Koleka Gilman, is passievol oor die verbetering van opvoeding in Mthatha.
Haar droom om ŉ skool vir die gemeenskap op die been te bring het in 1988 ontstaan en die daaropvolgende jaar het sy begin om haar visie met die gemeenskap te deel.  “Ons gemeenskap was prop vol kinders van skoolgaande ouderdom wat nêrens gehad om te gaan vir skoolopleiding nie. My visie is verwelkom deur  ŉ  gemeenskapslid,  Nkululeko Ralo, wat sy motor huis vir ons aangebied het om  as skool te gebruik,” sê Gilman.
Sy voeg by dat Ralo ŉ vraghouer van Telkom gereël het om as ekstra klaskamer te dien.
Ralo het ook met twee lede van die gemeenskap gereël om hul motorhuise as ekstra klaskamers aan te bied. Ralo is ongelukkig oorlede in 2004.
In 1994 het die skool na die Eli Spilkin Hall getrek wat deur die plaaslike sakeman, Eli Spilkin, gebou is.
“Ons het in dieselfde jaar mobiele toilette vanaf die provinsiale departement van onderwys ontvang.
“Ek het toe rondgesoek en aansoek gedoen vir ŉ perseel waar ons uiteindelik ŉ skool sou kon bou. In 1998 het ons vyf hektaar grond ontvang,” sê Gilman.
Kats en Spaks, ŉ niewinsgewende  organisasie,  het drie  tydelike  klaskamers aan die skool geskenk en die gemeenskap het vyf klaskamers van klei gebou.
Gilman was deur die jare ŉ  groot  kampvegter  vir die opknapping en verbe tering van die skool en uitein delik het hulle vyf klaskamers vanaf die kantoor van die Oos-Kaapse premier ontvang.
In 2014 het dinge ŉ positiewe wending geneem toe die departement van basiese onderwys deur middel van ASIDI  ŉ  tender  uitgereik het om die Nkululeko Ralo Primêre Skool te bou.
“Bouwerk het in 2018 begin en die skool is in 2021 voltooi, danksy ASIDI,” sê Gilman.  
Onderrig en leer  wat inspireer
Die  adjunkminister  van basiese onderwys, Reginah Mhaule, sê die departement wil seker maak dat die fisiese infrastruktuur van elke skool leerders inspireer om skool by te woon en te leer, en opvoeders inspireer om te onderrig.
“Die bou van hierdie skool is die regering se manier  om  die  waardigheid  van  landelike en minderbevoorregte skoolgaande kinders en hul onderwysers terug  te besorg,” het sy bygevoeg.
ŉ  Lid  van  die  skool  se beheerliggaam, Nomuntu Dlengane, sê die nuwe skool sal onderwysers en leerders motiveer om hul volle poten siaal te bereik.
“Ons leerders se gesindheid en selfvertroue het reeds verbeter danksy die nuwe infrastruktuur.
“Dit  sal  ons  ook  help  om sosiale afstand in ons klaskamers  te  handhaaf  sodat ons die verspreiding van die koronavirussiekte  kan voorkom,” sê Dlengane.
Die skool het 489 leerders, 14  onderwysers  en  twee administratiewe  klerke.
Dit maak voorsiening vir  graad R tot 7 en is ŉ geenfooi skool.