Bou ŉ bankvaste basis vir belegging

vukuzenzele unnamed

Gewoonlik is nou dié tyd van die jaar wanneer ons beleggers van regoor die land en die wêreld byeen bring by die jaarlikse SuidAfrikaanse Beleggingskon ferensie.
Die eerste beleggingskon ferensie is in 2018 gehou as deel van ons ambisieuse veldtog om R1,2 triljoen in nuwe beleggings oor ŉ tyd perk van vyf jaar in te samel.
Die konferensie is in 2018 en 2019 deur meer as ŉ duisend afgevaardigdes bygewoon, terwyl die konferensie in 2020 plaasgevind het in ŉ hibriede formaat weens die KOVID19-pandemie.
Dié konferensies het tot dusver altesaam net meer as R770 miljard in beleggings verbintenisse regoor ŉ wye verskeidenheid ekonomiese sektore ingesamel.
Die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie sou in November 2021 plaasge vind het, maar ons het die besluit geneem om dit na Maart 2022 te verskuif weens verskeie ander byeenkomste wat op dié stadium plaasvind, waaronder die plaaslike regeringsverkiesings, die COP26-klimaatskonferensie en die Intra-Afrika handels beurs. Nog ŉ belangrike rede om dit volgende jaar te hou is dat die KOVID-19-inentingsy fers teen daardie tyd by verre baie hoër sal wees as op die oomblik, wat beide reis en byeenkoms sal vergemaklik.
Alhoewel die vierde SuidAfrika Beleggingskonferensie met ŉ paar maande uitgestel is, duur ons ambisieuse veld tog voort. Selfs te midde die uitdagings in die ekonomiese omgewing weens KOVID-19, wat vererger is deur die geweld en verwoesting wat in Julie in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het, het maatskappye hul woord gehou en hulle verbintenisse nagekom, en ook verdere beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika ondersoek.
In slegs die afgelope jaar is beleggingsverbintenisse van naastenby R120 mil jard in projeksamestelling en -uitbreiding ingestoot. Dit beteken dat nagenoeg 38% van die totale beleggingsver bintenisse — oftewel R290 miljard — tot op hede in die ekonomie ingestoot is.  Som mige beleggings is weens KOVID-19 uitgestel, veral in sektore wat swaar getref is soos eiendomsontwikkeling en toerisme.
Die farmaseutiese bedryf is ŉ opwindende nuwe gebied van groei.
Aspen Pharmacare het onlangs hul R3,4 miljard uit breiding van stapel gestuur, soos aangekondig by die 2018 beleggingskonferen -sie. Dié belegging het Aspen se vervaardigingsfasiliteit in Gqeberha omskep in een van die grootste vervaardig ingspilpunte van algehele ver dowingsmedikasie ter wêreld en het ook kapasiteit ver skaf vir die vervaardiging van meer as 100 miljoen dosisse van die Johnson & Johnson KOVID-19-entstof.
Verder het die Wêreld gesondheidsorganisasie Suid-Afrika gekies as gasheer vir ŉ mRNA-inent ingsvervaardigingspilpunt met die Biovac-instituut as deel van ŉ private publieke vennootskap met die Staat.
Suid-Afrikaans-gebore dr.
Patrick Soon-Shiong, wat in Suid-Afrika gebore is, en sy maatskappy NantWorks het onlangs ŉ ambisieuse inisiatief aangekondig om kapasiteit vir gevorderde gesondheidsorg in Afrika tot stand te bring. Benewens die beleggings wat hulle gaan inbring, sal dié ontwikkelings ook bydra tot ons oorkoepe lende ambisie vir die kontinent om teen 2040 self 60% van Afrika se inentingsbehoeftes te vervaardig.
Energie is nog ŉ gebied van groei. Daar word verwag dat die 25 verkose bieërs in die vyfde rondte van ons program vir die verkryging  van hernu bare energie van onafhanklike kragprodusente altesaam nagenoeg R50 miljard in die ekonomie sal belê. Die ver hoogde lisensiëringsdrempel vir vasgelegde kragopwek king na 100 megawatts sal waarskynlik lei tot wesenlike privaat belegging in kragop wekkingsprojekte.
Suid-Afrika het onlangs ŉ aanvanklike verbintenis van ongeveer R131 miljard gesluit om ŉ regverdige oorgang na ŉ lae koolstofekonomie te befonds deur beleggings in hernubare energie, groen waterstof en elektriese voer tuie. Dié verbintenis deur die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland en die Europese Unie, is belyn met die Parys-ooreenkoms, wat ryker lande onder die ver pligting stel om ontkoling in ontwikkelende lande te onder steun. Dié beleggings in energie sal ons in staat stel om die aftakelende beurtkrag wat die land tans ervaar, te bekamp sodra die nuwe kragopwek kingskapasiteit daargestel is.
Verskeie nuwe beleggings in datasentrums en ondersese kabels sal nie net nuwe beleg gings lok nie, maar ook die nodige infrastruktuur vir groei in die tegnologie en telekom munikasiesektore verskaf.
ŉ Belangrike deel van ons beleggingsveldtog is die verreikende strukturele hervormingsinisiatiewe wat ons tans onderneem op gebiede soos energie, tele kommunikasie, water, en hawens en spoorweë. Dié hervormingsinisiatiewe sal doeltreffendheid en mede dingendheid bevorder, wat die koste van sake in SuidAfrika doen sal verminder en groter privaat belegging in ons ekonomiese infrastruktuur sal aanmoedig.
Ons het nou 13 spesiale eko nomiese sones regoor die land wat aan beleggers geteikende beleggingsaansporings, voorkeurbelastingkoerse en uitvoersteun bied. Dié bied ŉ aanloklike vervaardigings basis vir maatskappye wat beide plaaslike en oorsese markte wil dien. Hul waarde het verder verhoog met die vestiging van die Afrika-kon tinentale vryhandelsgebied, wat aan die begin van die jaar begin handel dryf het.
Alhoewel die belegging koers afgeneem het weens die gevolge van die pandemie en verskeie projekte gevolglik uitgestel is, is die beleggings veldtog weer besig om spoed op te tel.
Met dié dat ons vordering maak in die implementering van die ekonomiese herbouen herstelplan — met die fokus op infrastruktuur, nywerheids ontwikkeling, werkskepping en strukturele hervorming — sal die beleggingsomgewing meer verbeter.