Indiening van klagtes by die GEPF vergemaklik

vukuzenzele unnamed

Lede, pensioenaris se en begunstigdes van die pensioen fonds vir staatsampte nare (GEPF) het nou af toegang tot hulp indien hul ongelukkig is oor die diens wat hul ontvang.
Om te verseker dat die GEPF hul lede en dié se families regverdig behan del, het die raad onlangs ŉ beregtiger aangestel om klagtes te hanteer. Die Beregter vir Pensioenfondse is ŉ interne dog onafhank like kantoor van die GEPF.
Die GEPF is een van die grootste pensioenfondse ter wêreld, met meer as 1,2 mil joen aktiewe lede en meer as 450 000 pensioenarisse en begunstigdes. Die fonds is ingevolge die Wet op Pensioene vir Staatsamp tenare gestig en word daar volgens gereguleer.
Advokaat Makhado Rama -bulana is as die beregtiger aangestel. Hy sê dat die kantoor ten doel het om hulp en steun te verleen aan mense wat ongelukkig is met die dienste van die GEPF.
Mense wat nie regsaksie kan bekostig nie, sal veral voordeel trek uit die bereg tigerskantoor. Voor mense hul klagtes na die Kantoor van die Openbare Beskerm er of na die howe neem, kan hulle bemiddeling deur die beregter versoek.
Die beregtiger sal intree in sake wat lei tot onre delike vertragings in die verwerking van betalings verskuldig aan eisers. Dit mag slegs as bemiddelaar optree in klagtes wat in die afgelope drie jaar ontstaan het.
Ander sake wat binne die bestek van die GEPO val, sluit die volgende in:
• amptenare wat versuim om hul pligte ingevolge die fonds se wet en reëls uit te voer; 
• die verbreking van ŉ verbintenis sonder ŉ gegronde rede; en• verkeerde of misleidende inligting wat deur GEPFwerknemers verskaf is.
Voordat ŉ persoon ’n klagte by die beregti gerskantoor indien, moet die persoon ŉ skriftelike klag by die GEPF, die Staatspensioen-administra sie-agentskap (GPAA) of hul werkgewer indien en aan hul die geleentheid bied om die saak te besink.
“Jy moet aan hulle 30 dae gun om aandag te skenk aan die kwessies wat jy geopper het. Indien die klagte na 30 dae steeds onopgelos is, kan jy ŉ klagte by die beregtigerskantoor inhandig,” verduidelik Ramabulana.
Die beregtiger kan nie ŉ saak aanvaar indien daar reeds ŉ amptelike onder soek elders onderweg is nie.
“Binne twee weke vanaf die datum waarop die klagte ontvang is, sal die GEPO [die saak] in oënskou neem en die klaer in kennis stel of hulle die klag kan ondersoek en ŉ besluit daaroor kan maak.” Indien die beregtigers kantoor weier om ŉ klag te ondersoek, kan die klaer binne 21 dae ŉ skrywe rig aan die beregtigerskantoor waarin daar redes verskaf word hoekom hy of sy glo dat die klagte binne die GEPO se mandaat val.  



