Rapporteer korrupsie via die teenkorrupsieblitslyn

Silusapho Nyanda 

Om korrupsie in die Staatsdiens te bekamp, bly ŉ prioriteit vir die regering en die teenkorrupsieblitslyn maak dit maklik vir lede van die publiek om gevalle waar korrupsie vermoed word, te rapporteer.
Die blitslyn is in 2004 deur die Staatsdienskommis sie (SDK) geloods en het sedertdien meer as 100 000 oproepe met aantygings van korrupsie en wanadministra sie ontvang. Dié oproepe deur onthullers het gelei tot die ondersoek van 24 035 sake van kor rupsie, bedrog en ander misdaad, sê die kommissaris van die SDK, Michael Selo ane, wat toesig hou oor al die werk wat deur die kommissie uitgevoer word. Tussen 2020 en 2021 is 337 sake via die blitslyn gerap porteer. Vyf-en-dertig van dié het ongerymdhede rakende aanstellings en verkrygings behels wat tans deur die SDK ondersoek word. Die oorblywende sake is na ander staatsdepartemente of wetstoepassingsagentskappe vir ondersoek verwys.
Ongerymdhede betref fende behuising, tenders en maatskaplike toelae onder die heropbouen ontwikkelings program (HOP) is onder die algemeenste aantygings wat gemaak word.
“Ons het tydens die inper kingstydperk baie wenke per e-pos ontvang. Ons het ook ŉ geoutomatiseerde bood skapopnamestelsel vir die gene wat ons blitslyn na-ure wil skakel,” sê Seloane.
Hy voeg by dat daar ŉ bestendige toename in die rapportering van bedrog met betrekking tot maatskaplike toelae was sedert die inper kingsvlakke begin lig is, veral rakende die maatskaplike noodverligtingstoelae.
Ter versterking van dié pogings om korrupsie te bekamp, het die Staat wets toeppassingsagentskappe voorsien van vaardige personeel en ŉ koalisiesentrum gevestig. Dié sentrum bring wetstoepassingsagent skappe byeen, waar hulle inligting en hulpbronne deel in die stryd teen bedrog en korrupsie in die verkryging van KOVID-19-verwante goedere en dienste.
 Wat gebeur nadat ŉ wenk ontvang word?Seloane sê dat wanneer ŉ saak via die blitslyn gerapporteer word, vroeë beslegtingsbeamptes seker maak dat alle betrokke inligting verskaf is. Soda nige inligting behels die besonderhede van wie wat gedoen het, wanneer dit na bewering plaasgevind het en die rede daarvoor.
Hy sê dat indien enige oortreding bevind word — hetsy ongerymdhede met verkryging of aanstellings, omkopery, korrupsie ver want aan HOP-behuising, bedrog met betrekking tot maatskaplike toelae, onwet tige migrasie, aanranding, diefstal of bedrog — die SDK óf remediërende aksie aan die betrokke departement sal voorstel óf die saak na die Valke, die SANP of die teenkorrup sietaakmag sal verwys vir verdere ondersoek.
Sake wat die SDK na departemente verwys vir ondersoek sluit die vol gende in:
• staatsamptenare wat ekstra werk doen vir geld sonder toestemming van die departemente; 
• onverklaarde belangebot sings; • onetiese gedrag.
Seloane sê dat die SDK die staatsdepartemente 60 dae gee om ondersoek in te stel en ŉ saak af te handel.
Hy sê dat die departement dan die SDK oor die bevin dinge inlig. “As ons tevrede is met die stappe wat die departement geneem het, sal ons die saak sluit; maar as ons nie tevrede is nie, word die saak na hulle teruggestuur.”Naamloosheid gewaar borgWanneer ŉ onthuller nie sy/haar identiteit wil openbaar nie, neem die SDK-blitslyn slegs hul kontakbesonder hede. Dit is belangrik sodat die SDK met hulle in kontak kan tree, sou daar meer inligting benodig word.
Onthullers wat sake via die SDK-blitslyn rapporteer, word daarvan verseker dat hulle beskerm sal word as hulle verkies om naamloos te bly, sê Seloane. Hy verduidelik dat die vroeë beslegtingsbeamptes opgelei is om te verseker dat onthullers se identiteit beskerm word.
Seloane sê dat SuidAfrikaners korrupsie moet rapporteer omdat dit van die armes steel en ontwikkeling belemmer, wat keer dat die land vooruitstrewend kan wees.



