Wees op jou  hoede vir seksoortreders

Sphelele Ngubane 

Raadpleeg die Nasionale Register vir Seksoortreders voordat jy personeel aanstel wat na kinders of mense met verstandelike gestremdhede, omsien.
As jy ŉ werkgewer is wat ŉ vroeë kinderontwikkelingsen trum bedryf, word jy deur die wet verplig om te kontroleer of jou werknemers op die Nasionale Register vir Seksoortreders (NRS) voorkom. Die NRS val onder die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en werkgewers moet hom raad pleeg om te kontroleer of voornemende werknemers daarop gelys word.
ŉ Werkgewer sluit ook in ŉ ouer wat ŉ huiswerker wil aanstel, ŉ skoolbeheerliggaam of ŉ hospitaal. Die NRS is in 2007 deur ŉ wet van die Parlement tot stand gebring.
Dit is ŉ register van name van diegene wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings teen kinders en mense met intel lektuele gestremdhede.
Ntombizodwa Matjila, die Registrateur van die NRS, sê die register bevat name van sowel manlike as vroulike oortreders.
Daar is mense wat oortre dings teen kinders en mense met intellektuele gestremd hede gepleeg het, soos:
• statutêre verkragting; • om kinders te dwing of te veroorsaak dat hulle sek -suele oortredings aanskou; • seksuele dade; • seksuele uitbuiting; 
• seksuele gereedmaking; • blootstelling of vertoning van kinderpornografie aan kinders of mense met intel lektuele gestremdhede en om kinders en mense met intellektuele gestremdhede vir pornografiese doelein des te gebruik.
“Indien ŉ werkgewer uitvind dat die naam van ŉ werknemer op die register voorkom, moet die werkgewer die werkne mer na ŉ ander posisie skuif waar hy nie meer in kontak sal kan kom met ŉ kind of ŉ vol wassene met ŉ intellektuele gestremdheid nie,” sê Matjila. Indien die werkgewer nie die werknemer na ŉ ander posisie kan skuif nie, moet die diens kontrak beëindig word.
Inligting wat op die NRS voorkom, sluit in:
• oortreders se volledige naam, van en hul beroep of ambag; • oortreders se bekende  straatadres en enige kontak besonderhede, waaronder ŉ posadres; • oortreders se identiteitsof paspoortnommer; 
• die tipe seksuele oortreding.
Die register is nie oop vir die publiek nie. Werkgewers kan slegs toegang kry om kla ringsbewyse te bekom van diegene wie se name gekont roleer word. Dit is ŉ oortreding om die inligting wat in die register voorkom, aan enige iemand anders bekend te maak.