Presidensiële werkskeppingstimulus gee stukrag aan werkskepping 

vukuzenzele unnamed

Die onlangse bekend stelling van die tweede fase van die presidensiële werkskeppingstimulus spreek van groot vordering in ons poging om werk te skep vir werklose Suid-Afrikaners.
Ons het die werkskeppingstimulus verlede jaar op die been gebring om soveel moontlik geleenthede in die kortste moontlike tyd te skep.
Dit het nuwe en innoverende maniere van doen geverg om programme teen ŉ ongekende pas en skaal te implementeer.
Die werwingsproses van die talle werklose mense maak gebruik van digitale platforms om soveel moontlik geskikte deelnemers te bereik. Byvoor beeld, kleinskaalboere kon deur middel van USSD (funk siekodes) vir ondersteuning aansoek doen en insetbewyse op hulle selfone ontvang.
Sedert die Departement van Basiese Onderwys onlangs aansoeke oopgestel het vir die volgende inname van skoolassistente, het meer as 940 000 jongmense via die nultarief-indiensnemingsplat form naamlik SAYouth.mobi aansoek gedoen, wat deel uitmaak van die nasionale roetebestuursnetwerk.
Die gebruik van nuwe tegnologieë in die aanbieding van werksgeleenthede, het werwing baie makliker, vinniger en meer deursigtig gemaak.
Die presidensiële indiensnemingstimulus het  samewerking in die openbare sektor moontlik gemaak en vergemaklik. Programme in fase een is deur 11 nasionale departemente geïmplemen teer. Hulle aktiwiteite is in ooreenstemming in gebring om duplisering en vermorsing te voorkom en leer uit ander se ervaring te bevorder.
Die indiensnemingstimulus het ook die belangrikheid van maatskaplike vennootskappe getoon. Die regering, sake wêreld, arbeid en burgerlike samelewing het saamgekom om diegene wat werkloos is, in die ekonomie in te bring.
Meer as ŉ halfmiljoen Suid-Afrikaners het reeds baatgevind by die eerste fase, met talle programme wat nog geloods gaan word.
Deelnemers is die kans gegun om ŉ bestaan te maak, nuwe vaardighede aan te leer en bestaande vaardighede te ver beter en om hulle ervaring te gebruik as ŉ wegspringplek vir ŉ ander werk of om vir hulself te werk.
Byvoorbeeld, ŉ aantal deelnemers wat deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in sy programme in fase een aan gewys is, kon teen die einde Maart 2021 werk in die privaatsektor bekom.
Talle van diegene in die eerste inname van skoolas sistente het op soortgelyke wyse werk gekry, gewapen met ondervinding, opleiding en verwysings.
Die programme wat deur middel van die presi densiële werkskeppingsti mulus geïmplementeer is, het ook die gemeenskappe in die algemeen bevoordeel.
Die fokus is op werkskep ping in sektore wat ŉ direkte maatskaplike impak het, waaronder opvoedkunde, voedselsekerheid, onderhoud van staatsinfrastruktuur en omgewingsbeskerming.Deur middel van hierdie presidensiële werkskepping stimulus is jongmense in diens geneem om onderwysers in ons skole te ondersteun en by te staan. Ander is in diens geneem om brûe in landelike gemeenskappe te bou.
Baie vroeë kinderontwik kelingsentrums is gehelp om te oorleef en te heropen.
Bestaansboere het ondersteu ning ontvang om produksie uit te brei, en omgewingsba tes soos riviere en vleilande is herstel en word in stand gehou. As deel van fase twee bring ons ŉ maatskaplike indiensnemingsfonds op die been wat werksgeleenthede sal steun wat die samelewing bevoordeel, onder leiding van gemeenskapsorganisasies, op diverse gebiede soos stedelike landbou, openbare kuns, die opgradering van informele nedersettings en gemeenskapsveiligheid.Te midde van die erge ekonomiese terugslag weens die koronaviruspandemie, het staatsen maatskaplike indiensneming ŉ belangrike stimulus vir werkskepping voorsien. Dit is die implemen tering van ons verbintenis dat die staat indiensneming  aktief moet ondersteun terwyl die arbeidsmark herstel.
Deur middel van die presidensiële indiensneming stimulus het ons jongmense  in die arbeidsmark ingebring in baie groter getalle in ŉ onge kende kort tydperk. Ongeveer 84% van die deelnemers aan fase een was jongmense onder die ouderdom van 35, en tweederdes was vroue.
In fase twee verwag ons dat hierdie getal selfs hoër sal wees, aangesien die sti mulus byna R1 miljard sal voorsien aan befondsing vir die presidensiële jeugindiensnemingsingryping.
Verskeie jongmense sal as deel van die ingryping gewerf word in ŉ nasionale jeugdiens waarin nuwe lewe geblaas is. Jongmense sal opleiding in digitale vaardighede ont vang en ondernemings wat deur jongmense besit word, sal hulp kry om uit te brei en personeel aan te stel. Werkloosheid in ons land is ŉ krisis. Ons kan nie eindelose vertragings bekostig weens burokratiese rompslomp, verouderde indiensnemings prosesse, ŉ gebrek aan kapasiteit en beplanning, of kortstondige of onvolhoubare programme om hierdie pro bleem op te los nie.
Die sukses van die presidensiële indiensneming stimulus toon dat wanneer  ons saamwerk, vinnig beweeg, kreatief dink en ons hulpbronne goed bestuur, ons ŉ massiewe impak kan hê.
Die presidensiële indiensnemingstimulus het  gedemonstreer dat ons werk kan skep as ons saamwerk as openbare sektor, arbeids mag, die gemeenskap en die regering.
Die volgende fase van  die presidensiële indiens-nemingstimulus sal ons ongetwyfeld selfs nader  sal bring aan ons gesament like doel van ordentlike werk en geleenthede vir  almal.
