Maak seker dat jy ŉ testament het!

vukuzenzele unnamed

Indien jy nie ŉ geldige testament het nie, het jy geen seggenskap oor wie jou bates erf met jou afsterwe nie. Dit be teken dat mense jou bates of geld kan erf, al wil jy nie noodwendig hê hulle moet nie.
Indien ŉ persoon sterf sonder om ŉ testament op te stel, sal die bates in hul besit volgens die bepalings van die Wet op Intestate Erfop volging verdeel word onder die mense wat dit regmatig moet erf.
Die Wet sit reëls uiteen waarvolgens die boedel verdeel moet word. Dit gaan eerstens na naasbestaandes, in ŉ spesifieke volgorde.
• As jy slegs ŉ gade agter laat, erf hy of sy die hele boedel.  • As jy nie ŉ gade het nie en slegs kinders agterlaat, erf hulle die boedel in gelyke dele.
• As jy ŉ gade en kinders agterlaat, erf die gade óf ŉ kinderdeel óf R250 000 — watter bedrag ook al die meeste is — en die res word onder die kinders verdeel. Byvoorbeeld, as die boedel R2 miljoen werd is en die oorledene ŉ gade en drie kinders agterlaat, beslaan ŉ kin derdeel R500 000. Dié kinderdeel word bereken deur die waarde van die boedel deur vier te deel.  • Indien jy nie ŉ gade of kinders het nie, maar beide jou ouers leef nog, erf hulle die boedel in ge lyke dele. Indien een ouer reeds afgestorwe is, maar sibbe het wat nog leef, erf hulle die gestorwe ouer se helfte; en die ouer wat nog leef, erf die ander helfte van die boedel.
• Indien beide die oorlede ne se ouers reeds oorlede is, maar hulle nasate het, word die boedel gelykweg onder dié nasate verdeel.  • Indien die oorledene nie ŉ gade, nasate, ouers of ouers se nasate agterlaat nie, erf die naaste bloed verwant die hele boedel.  • Laastens, indien die oor ledene nie enige bloed verwante agterlaat nie, ontvang die staat die op -brengste van die boedel.  Bykomend tot bogenoemde kan ŉ kind wat buite die  eg gebore is van beide bloed verwante erf; en ŉ aangenome kind word beskou as ŉ nasaat van sy of haar aangenome ouer of ouers.
Wanneer is ŉ testa ment geldig? ŉ Testament is slegs geldig indien dit opgestel is deur ŉ persoon van 16 jaar of ouer en moet voorts ook aan die volgende vereistes voldoen:
• Dit moet geskrewe wees, en jou handtekening moet op elke bladsy asook aan die einde van die doku ment verskyn.
• Dit moet geteken word deur twee of meer bevoeg de persone. Enige persoon van 14 jaar of ouer kan as getuie dien. ŉ Erfgenaam kan egter nie as getuie dien nie.  • Jy moet volledige inlig ting oor jou bates verskaf en aandui watter persone watter bates moet ont vang, met die volledige name en inligting van die begunstigdes.
• Jy moet ŉ persoon nomi neer om jou boedel te be redder (die boedelbered deraar). Hierdie persoon kan nie ŉ erfgenaam wees nie.  • Jy moet aandui wat met ŉ minderjarige erfgenaam se erflating moet gebeur.
• Indien jy die alleenvoog van ŉ minderjarige kind is, moet jy aandui wie as die kind se nuwe voog aangestel moet word.
• Jy moet seker maak dat die oorspronklike, gete kende testament veilig bewaar word, aangesien ŉ afskrif nie geldig is nie.
Inligting verskaf deur die Kantoor van die Ombud van Finansiële Dienste verskaffers as lid van die Nasionale Komitee vir die Finansiële Onderrig van Verbruikers.



