Korrupsie in die staatsdiens moet stop

vukuzenzele unnamed

Die onlangse onthul ling in die Parle ment dat duisen de staatsamptenare elke maand onwettig maatskap like toelae ontvang, bewys dat ons nog ŉ lang pad het om te stap om ŉ kul tuur van werksetiek in die staatsdiens te vestig.
Vroeër vanjaar is daar ook bevind dat meer as 16 000 werknemers in diens van die staat onreëlmatige uit betalings van die spesiale KOVID-19 maatskaplike noodverligtingstoelaag ont vang het. Dit is algemeen bekend dat mense wat om hierdie toelaag aansoek doen terwyl hulle wel ŉ ander bron van inkomste het, nie vir die toelaag kwalifiseer nie. Dit is ook vanselfsprekend dat mense wat ŉ inkomste vanaf die staat ontvang, nie in aan merking kom om vir hierdie toelaag aansoek te doen nie.
En tog het hulle. Sowat  17 000 mense werksaam by die staat, op beide nasionale en provinsiale vlak, het aansoeke ingedien met die doel om hul salarisse aan te vul met geld wat vir die behoeftiges bestem is. Gegewe die omvang van armoede in ons land, iets waarvan ons staatsamptenare maar ál te bewus is, is hierdie doelbewuste diefstal uit die staatskoffers onvergeeflik.
Die staat is nou besig om streng stappe te neem om hier die soort misbruik teen te kant en sal korte mette maak van enige staatsamptenare wat hul skuldig maak aan sulke misdade.
Die staat het onlangs ŉ nuwe eenheid vir etiek, integriteit en dissiplinêre tegniese bystand in die openbare administrasie gestig. Die eenheid sal kapasi teit ontwikkel onder openbare instansies om dissiplinêre aksies van stapel te stuur in gevalle van wangedrag en sal met ander staatsinsellings saamwerk om diegene wat hulle aan ongerymdhede skul dig maak, tot verantwoording te bring.
Die eenheid sal kor rupsiesake na die staat se teenkorrupsietaakmag verwys en opvolg met depar temente om seker te maak dat kriminele sake waarby staatsamptenare betrokke is, tot dissiplinêre aksie lei.
Die eenheid sal saam met die multi-agentskap Fusion Centre werk om werknemers betrokke in prioriteitsake wat deur die wetstoepassingso werhede ondersoek word, te identifiseer.
Die eenheid sal die leefstyl oudits op staatsamptenare monitor. Waar departemente korrupsie en onverklaarbare welgesteldheid identifiseer, sal die sake na die Suid-Afri kaanse Polisiediens verwys word.
Die nuwe eenheid het reeds in alle erns skouer aan die wiel begin sit en help om staatsamptenare te identifiseer wat betrokke is in sake wat met KOVID19-verkrygingsbedrog, asook bedrog rakende die spesiale KOVID-19-toelaag en die Werkloosheidsversekerings fonds, verband hou.
Sake waar staatsamptenare deur die Spesiale Onder soekeenheid vir dissiplinêre aksie verwys is, sal deur die eenheid gemonitor word om hierdie sake se vordering te volg.
Nog ŉ belangrike deel van die eenheid se werksaam hede sal wees om etiek en integriteit in die range van die staatsdiens te vestig. ŉ Paar staatsamptenare het oor die jare heen die standpunt ingeneem dat dit toelaatbaar is om uitermate voordeel te trek uit die staat of om besigheid met die staat te doen, hetsy deur hulself of hul vriende en familie, mits daar niks onwet tig plaasgevind het nie. Ons moet alles binne ons vermoë doen om hierdie houding tot niet te bring.
Waar ons daaraan werk om korrupsie hok te slaan, moet ons eweneens fokus op die vestiging van etiese gedrag, want dinge wat nie nood wendig onwettig is nie, kan oneties of onbetaamlik van ŉ staatsamptenaar nie.
Die nuwe eenheid sal norme en standaarde met betrekking tot etiek, integriteit en gedrag instel. Dit sal ook die kapasiteit van departemente ontwik kel om amptenare wat aan wangedrag skuldig bevind word, te dissiplineer. Laasjaar is meer as 200 werknemers opgelei as inligtingsbeamptes en inleiers.
Die bou van ŉ etiese, bekwame staatsdiens bly steeds ŉ fokuspunt van dié administrasie.
Soos ons kan sien uit ŉ hele paar skandale die afgelope paar jaar waar staatsampte nare onwettig voordeel getrek het uit die regering, sal hier die proses moeilik wees en ŉ hele ruk neem. Ons is egter vasbeslote om hierdie doelwit te bereik. ŉ Bekwame staat dien as die fondasie om ons nasionale prioriteitsdoelwitte te bereik.
Sonder om verantwoordbaar heid te verskerp en etiese gedrag te bevorder, sal hierdie doelwitte buite bereik bly.
Die oorgrote meerderheid staatsamptenare is pligsge trou, verbind tot etiese gedrag en wetsgehoorsaam.
Die taak wat ons voorlê is om saam te werk om daardie staatsamptenare wat nie hier die waardes volg nie, uit die staatsdiens te verwyder en die wanbegrip dat almal wat in diens van die staat korrup of selfsugtig is, reg te stel.
Ek doen ŉ beroep op die mans en vroue wat ons land elke dag dien om opnuut hulself te verbind tot die waar des van onbaatsugtigheid en diens, en om te onthou dat hul gedrag ten alle tye beide wettig en eties moet wees.
Die vestiging van hierdie eenheid is net nog een van die maniere waarop ons hard werk om korrupsie in die rege ring en, inderwaarheid, in alle sfere van ons land se daaglikse bestaan, wil uitroei.
