KOVID-19entstowwe: Ons beantwoord jou vrae

Allison Cooper

Met Suid-Afrika se Koronavi russiekte-in entingsprogram in volle swang, het Vuk’uzenzele navraag gedoen by die Departement van Nasio nale Gesondheid om van die algemene vrae van die publiek oor inenting te beantwoord.
V: Kan die entstof Kovid19 veroorsaak of my laat positief toets?A: Nee. Nie een van die ent stowwe wat in Suid-Afrika gebruik word, bevat die lewendige virus wat Kovid19 veroorsaak nie. Dit kan dus nie die virus veroorsaak nie en jy sal nie positief toets nadat jy die entstof ontvang het nie.
V: Is dit waar dat daar ŉ mikroskyfie in die entstof is wat mense se bewegings kan monitor? A: Nee. Daar is geen mi kroskyfie of opsporingstoe stel in die entstof nie. Ent stofvervaardigers moet die bestanddele van die entstof aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAH PRA) verklaar voordat die entstof vir gebruik goedge keur word.
V: Ek het gehoor dat die entstof die merk van die Dier het — 666. Is dit waar?A: Nee. Entstowwe het geen verbintenis met enige godsdienstige organisasie nie en kan nie saam met geeste, demone of ander abstrakte bestanddele toegedien word nie.
V: Moet ek ingeënt word as ek swanger is?A: ŉ Swanger vrou is meer geneig om siek te raak van Kovid-19. Deur haar te laat inent, kan dit voorkom dat ŉ swanger vrou ernstig siek word.
V: Moet ek ophou om te borsvoed sodat ek ingeënt kan word?A: Die Wêreldgesondheids organisasie (WGO) en die Departement van Gesond heid beveel nie aan dat jy ophou borsvoed om teen Kovid-19 ingeënt te word nie.
Entstowwe word aanbeveel vir gebruik deur borsvoe dende moeders.
V: Kan ek ŉ entstof kry kort nadat ek Kovid-19 gehad het? A: Nee. Enigiemand wat Kovid-19 gehad het moet ten minste 30 dae wag nadat hulle simptome verby is.
V: Ek het Kovid-19-simp tome. Is dit veilig om inge ënt te word?A: Nee. Jy moenie die entstof kry as Kovid-19-simptome toon nie. Laat jou eerder toets.
V: Kan ek die tweede dosis van die Pfizer-entstof vroeër kry as die 42 dae na my eerste inenting?A: Nee. Jy kan die tweede dosis eers 42 dae na die eerste een kry.
V: Moet ek ingeënt word as ek herstel het van Kovid19? Kan my liggaam nie die siekte op sy eie beveg son der die newe-effekte van die entstof nie?A: Daar is bewyse wat toon dat die liggaam se reaksie wanneer jy siek is weens Kovid-19, baie swakker en korter is as die reaksie op die entstof. Deur die entstof te kry, gee dit jou ŉ baie sterker en langdurige immuunreak sie. Die newe-effekte van die entstof is matig en hou nie langer as ŉ dag of twee aan nie, terwyl jy kan hospitaal toe gaan of sterf as jy Kovid-19 opdoen.
V: Kan mense met chro niese siektes, soos hoë bloeddruk, die entstof kry?A: Mense met chroniese siektes loop ŉ groter risiko om ernstige Kovid-19 te kry.
Hulle sal dus die meeste daarby baat om die entstof te kry.
V: As ek voorheen ŉ aller giese reaksie teenoor medi kasie of ŉ entstof getoon het, moet ek die entstof kry? A: Enigeen met ŉ geskie denis van allergiese reaksies teenoor ander entstowwe of medikasie, behoort eers met hulle gesondheidspraktisyn te praat.
V: Hoe gevaarlik is ŉ allergiese reaksie teen die entstof?A: Ernstige allergiese reaksies kom selde voor. ŉ Allergiese reaksie kom gewoonlik binne sekondes of minute voor nadat die entstof toegedien is. Dit is hoekom almal 15 minute in die waarnemingsarea moet wag nadat hulle die entstof gekry het.
V: Is dit veilig om die ent stof te kry as ek allergies vir eiers is?A: Ja. Nie een van die Kovid-19-entstowwe bevat enige eierproteïene nie.
V: Ek het gehoor van oumense wat kort nadat hulle die entstof ontvang het, gesterf het. Is die ent stof veilig vir bejaardes?A: Die entstof is veilig en hoogs doeltreffend in die voorkoming van ernstige Kovid-19-siekte en sterfte.
Deur die gebruik van die ent stof sien ons ŉ groot afname in Kovid-19-sterftes by bejaardes in verskeie lande.
V: Waarom kry sommige mense nog steeds Kovid19 binne twee weke nadat hulle die entstof gekry het?A: Jy is eers 30 dae nadat jy die Johnson & Johnsonentstof gekry het, ten volle ingeënt, of twee weke na die tweede dosis van die Pfizerentstof. As jy aan die virus blootgestel word voordat jy ten volle ingeënt is, kan jy die siekte kry.
V: Voorkom die entstof heeltemal dat jy Kovid-19 kry?A: Nee. Selfs nadat jy ten volle ingeënt is, kan jy nog steeds Kovid-19 kry. Die entstof verminder egter die risiko van ernstige Kovid19-infeksie, hospitalisasie en sterfte.
Besoek https://sacoronavirus.co.za vir meer inligting