
BRICS ŉ sleutelfaktor in SA se groei 

vukuzenzele unnamed

ŉ Jaar voordat die eerste demokratiese verkiesing plaas gevind het, het president Nelson Mandela ŉ artikel in die Foreign Policy-tyd skrif geskryf oor die nuwe Suid-Afrika se toekomsti ge buitelandse beleid.
In sy nadenke oor die wêreldwye bondgenoot skappe wat gevorm is weens die beëindiging van die Koue Oorlog, het hy geskryf dat lande “weer hulle nette sal moet uitgooi” as hulle enigsins wou baatvind by internasionale sake.
Sedert die tektoniese ver skuiwing van 1994 toe ons besluit het om nie net apart heid af te skaf nie, maar ook weg te breek van die inter nasionale opvatting van apartheid se argitekte, word Suid-Afrika se buitelandse beleid gekenmerk deur dié “heruitgooi van die nette”.
Ons buitelandse beleidspri oriteite is streeksintegrasie op politieke en ekonomiese gebied, die ontwikkeling van Afrika, multilaterale betrok kenheid en die bevordering van demokrasie, vrede en menseregte.
Ons het met dié doel ons strategiese alliansies met sowel die lande van die globale suide as wedersyds voordelige samewerking met die lande van die noorde opgebou.
Ons inskakeling by die BRICS-lande in 2010 was ŉ mylpaal in ons strewe om ons eie nasionale ontwikkelings prioriteite te bevorder deur sterker bande te smee met die belangrike ontluikende ekonomieë van Brasilië, Rus land, Indië en China.
In konteks gesien, kom 41% van die wêreldbevolking in die BRICS-lande voor en sorg dié lande vir 24% van die glo bale BBP en vir ongeveer 16% van wêreldwye handel. In ons lidmaatskap van dié blok het ons die meeste gebaat op die gebied van ekonomiese samewerking. Bilaterale handel het gegroei, veral met China en Indië, met kommoditeits uitvoere en die invoer van vervaardigde goedere hoog op die lys. Die BRICS-lande is steeds belangrike bronne van buitelandse direkte beleggings op sleutelgebiede soos mynbou, die motorbe dryf, vervoer, skoon energie, finansiële dienste en IT.
ŉ Hersiening van ons BRICS-lidmaatskap in 2018 deur die professionele diens temaatskappy, Deloitte, het uitgewys dat BRICS-vennote “drie keer meer kapitaal in die land belê het as in die sewe jaar voor 2011”. Dié beleggings en projekte het op hulle beurt tot beduidende werkskepping gelei.
Sedert die ontstaan van die Nuwe Ontwikkelings bank, wie se streekkantoor in Johannesburg geleë is, is Suid-Afrika ŉ begunstigde van finansiering en tegniese ondersteuning vir projekte in vervoer, skoon energie, omgewingsbeskerming, waterinfrastruktuur en die vermindering van kweek huisgasse.
Sedert die uitbreek van die Kovid-19-pandemie, het Suid-Afrika $2 miljard in befondsing van die Nuwe Ontwikkelingsbank onder die Kovid-19-noodfinansie ringsprogram ontvang om die pandemie te bestry en om ekonomiese herstel te steun.
Daar was ook beduidende samewerking met ons BRICSvennote om persoonlike beskermende toerusting te bekom, asook ten opsigte van die toegang tot en versprei ding van entstof.
Ons het onlangs deel geneem aan die 13de BRICS-spitsberaad waar BRICS-lande ooreengekom het om nog nouer saam te werk om Kovid-19 te bestry en om die politieke en finansi ële hulpbronne te mobiliseer wat nodig is vir toekomstige pandemie-gereedheid.
Dit behels die ves tiging van ŉ virtuele BRICS-entstofnavorsingen ontwikkelingsentrum asook ŉ geïntegreerde vroeë waarskuwingstelsel om toekomstige uitbrekings van aansteeklike siektes in BRICS-lande te voorspel.
Nog ŉ belangrike gebied van ooreenkoms was die wedersydse erkenning van nasionale dokumente oor inenting en stelsels vir Kovid19-toetse — wat noodsaaklik sal wees vir oorgrensreise in die toekoms. Die begrip van wedersyds voordelige same werking sal veral belangrik wees in die globale ekono miese herstelplanne waar ongelyke ontwikkeling beteken dat sommige lande vinnig sal herstel en ander agter sal raak.
Ter ondersteuning van ekonomiese herstel, het die BRICS-vennote ooreengekom om hulle samewerking te ver stewig in katalitiese sektore soos energie, IT, wetenskap, tegnologie en innovering, landbou en die groen eko nomie. Dit is almal belangrike sektore wat geïdentifiseer is in ons ekonomiese heropbouen herstelplan wat verlede jaar aangekondig is.
Samewerking met ander BRICS-lande, veral op die terrein van innovasienavors ing, sal help om ons land se industrialisasie te versnel en om ons doelwitte vir die Vierde Nywerheidsom wenteling te bereik. In dié verband is samesprekings oor die vorming van formele BRICS-platforms gehou om beste praktyk, kennis en kun digheid te deel, insluitend die gebruik van oopbrontegnolo gieplatforms.
Die BRICS-vennote het saamgestem dat ontwikke lende lande hulp nodig het om die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik, en dat skenkerlande hulle verantwoordelikhede in dié verband moet nakom.
Dit is veral belangrik in die konteks van klimaatsaksie.
Soos die meeste lande, wil Suid-Afrika ŉ lae-koolstof ontwikkelingspad volg, wat inklusief en volhoubaar is en wat ons status as ŉ ontwik kelende land in ag neem. Die BRICS se samewerkingsplat form vir energienavorsing sal baie nuttig wees soos ons poog om ons energiehulp bronne te diversifiseer.
In die elf jaar sedert ons by BRICS aangesluit het, het ons lidmaatskap ons nasionale belang aansienlik bevorder.
Deur ŉ lid van BRICS te wees het ons posisie as ŉ belangrike opkomende ekonomie bevor der. Dit het ons toegang gegee tot beleidsen tegniese kun digheid van groter en meer gevestigde ekonomieë, asook toegang tot die ondersteu ning van die Nasionale Ontwikkelingsbank. Dit het ons aktivisme op die wêreld verhoog versterk, veral wat betref die hervorming van multilaterale instellings.
Ons het ook voordeel getrek deur deel te wees van ŉ kollek tiewe stem wat daarna streef om ŉ wêreldorde te bevorder wat gebaseer is op weder sydse respek en die gelyke soewereiniteit van nasies.
BRICS is, en sal nog vir ŉ geruime tyd in die afsienbare toekoms, van onskatbare strategiese belang vir ons land wees.
