Let op na kinderkanker se waarkuwingstekens

Allison Cooper

Kinderkanker is  wêreldwyd aan die styg, met ŉ beraamde een uit elke 408 kinders wêreldwyd wat voor die ouderdom van agt jaar met kanker gediagnoseer word.
Volgens Taryn Seegers, die kommunikasie-koördineerder by die kinderkankervereni ging van Suid-Afrika (bekend as CHOC), is die algemene opvatting dat twee-derdes van kinders met kanker nie behandeling ontvang nie — en diegene wat wel behande ling ontvang, dikwels reeds in die latere stadiums van die siekte is.
CHOC werk sedert 2011 saam met die Departe-ment van Gesondheid en tradisionele genesers om gesondheidspraktisyns, gesondheidsorgwerkers, tradisionele genesers en gemeenskappe met die nodige kennis oor kinderkanker te voorsien.
“Hierdie individue word geleer van die Siluan vroeë waarskuwingstekens en leer ook hoe om bygelowe en stigma onder die lede van die gemeenskap te ontbloot en hok te slaan,” sê Seegers.
Die Siluan vroeë waar skuwingstekens is as volg:
• Seek: Raadpleeg mediese hulp vir vroeë, aanhou dende simptome.
• Eye: ŉ Wit kolletjie in die oog, skielike skeelheid,  skielike blindheid, geswelde  oogbol.
• Lump: Knoppe in die onder lyf en bekken, kop en nek, ledemate, testes en kliere.
• Unexplained: Onverklaar bare aanhoudende koors van twee weke of langer, gewigsverlies, bleekheid, moegheid, kneus of bloei maklik.
• Aching: Pyn in beendere, gewrigte en rug; breek maklik bene.
• Neurological signs: Neu rologiese tekens soos ŉ verandering of verswakking in loop, balans of spraak; agteruitgang in ontwikke lingsmylpale; hoofpyn vir langer as ŉ week, met of sonder braking; en ŉ ver groting van die kop/skedel.
Kinderkankers“Kinderkankers verskil van die kankers wat volwassenes raak. Hulle is meer geneig om in die organe voor te kom, lyk anders onder ŉ mikroskoop en reageer meer gunstig op behandeling”, sê Seegers. “Die genesingskoers vir die meeste kinderkankers is baie hoër as dié van die meeste soorte kanker onder volwassenes. Vandag, in meeste ontwikkelende lande, kan die meerderheid van kinderkankers baie doeltreffend behandel word, en tussen 50% tot 60% kan genees word. In hoë-inkomste lande kan die oorlewingskoers tussen 85% en 90% wees.”Meer kinders moet gedi agnoseer word terwyl die siekte steeds in die beginstadiums is en moet die korrekte behandeling ontvang — by gespesialiseerde behande lingsentrums en deur gepaste spesialiste — om die oorle wingskoers te verbeter .  vVir meer inligting, kontak CHOC  se hulplyn by  0800 333 555. KINDERKANKER-BEWUSTHEIDMAAND, wat elke September plaasvind, skep bewustheid oor baie kinderkankers.
