Help om selfmoord tevoorkom

Allison Cooper

Meer mense sterf as gevolg van selfmoord as van MIV, malaria, borskanker, oorlog en moord.
Dit is volgens die Wêreld gesondheidsorganisasie (WGO) se jongste stati stieke wat aantoon dat meer as 700 000 mense jaarliks weens selfmoord sterf — dit is een uit elke 100 sterftes en ongeveer een persoon elke 40 sekondes. “Ons kan nie — en moenie — selfmoord ignoreer nie,” sê dr. Tedros Adhanom Ghe-breyesus, direkteur-generaal van die WGO.“Elke selfmoord is ŉ tragedie. Dit is nou nog belangriker om ons aandag op selfmoord voorkoming te vestig ná baie maande waarin ons met die koronaviruspandemie moet saamleef, met baie van die risikofaktore vir selfmoord — werksverlies, finansiële stres en sosiale isolasie —  wat nog steeds deel van ons lewens uitmaak,” sê hy.
Wêreldselfmoordvoorko mingsdagWêreldselfmoordvoorko mingsdag is op 10 September 2003 by die Internasionale Vereniging vir Selfmoordvoor koming (IASP) bekendgestel.
Hulle doel is om selfmoord en selfmoordneigings te voor kom, die gevolge te verlig en ŉ forum vir akademici, geestesgesondheidsdeskundiges, krisiswerkers, vrywilligers en selfmoordoorlewendes te bied.
Volgens die Suid-Afrikaanse Depressieen Angsgroep (SADAG) word daar daagliks 23 selfmoordgevalle en 230 ernstige selfmoordpogings in Suid-Afrika aangeteken.
“Selfmoord is nog steeds ŉ verbode onderwerp in ons samelewing — niemand wil daaroor praat nie; niemand weet hoe om daaroor te praat nie en ouers wil nie met hulle kinders daaroor praat nie in geval dit ‘idees’ in hulle koppe plant. Dit is egter werklik ŉ kwessie en is duidelik te sien aan die toename in die aantal daaglikse oproepe wat ons kry,” sê Cassey Chambers, SADAG se uitvoerende direk teur.
“As meer mense bewus is van selfmoord en weet hoe om hulp vir iemand te kry voordat dit te laat is, kan ons help om die selfmoordsyfer af te bring,” sê sy.Moontlike waarskuwingste kens vir selfmoord sluit in:l Praat oor beëindiging van hulle lewe, om te sterf of selfmoord.l Sterk begeerte om te sterf of ŉ preokkupasie met dood en sterfte.
l Gee kosbare besittings weg.
l Tekens van depressie soos buierigheid, hooploosheid, onttrekking, swak eetlus en om slegs te slaap en belang in alledaagse aktiwiteite te verloor.l Toename in alkoholof mid delgebruik.
l Sinspeel dat hy/sy nie in die toekoms daar sal wees nie of neem afskeid.
l Drastiese gedragsveran dering.
l Tref reëlings dat iemand omsien na onafgehandelde sake.  vIndien jy of iemand wat jy ken, hulp nodig het, kontak SADAG se 24-uurkrisislyn by 0800 567 567.
