Help leerders om hul pad te vind deur KOVID-19

More Matshediso

ONDERWYSOUERS EN OPVOEDERS  kan leerders help om die angs en depressie wat hulle weens die koronaviruspandemie ervaar, te hanteer.
Na aanleiding van die uitbreek van die koronavirus pandemie (KOVID-19) en die beperkings tydens die grendeltyd is leer ders met baie uitdagings gekonfronteer.  Die konstante verandering  in die leeromgewing van  Suid-Afrikaanse skole kon  en kan steeds tot angstigheid en vrees onder leerders lei.
Leerders moes aan ŉ nuwe wêreld van aanlynleer  wat soms ongereeld was en uitgestelde skoolbywoning, sosiale isolasie, verlies,  rou en trauma gewoond raak, wat alles aanleiding kan gee tot ŉ toename in angs  en depressie.
Boitumelo Tlhapane, ŉ voorligtingsielkundige aan die inklusiewe onderwyseen heid (IEU) van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê  dat dit verstaanbaar is dat leerders angstig en depressief kan voel in hierdie moeilike tye.
“In die afgelope ongeveer jaar en ŉ half moes leerders by ŉ nuwe manier van leer aanpas, met minder kontaken onderrigtyd.
“Baie leerders moes onaf hanklik studeer terwyl hulle met onsekerheid oor hul toekoms en die impak van KOVID-19 op hul drome, gesinne en sosiale lewe moes saamleef,” sê Tlhapane.
Hanteer dit só  Sy verduidelik dat angs  die vrees vir iets of die bekom mernis oor iets is waarvan  die uitkoms onseker is. Om leerders te help om dit te hanteer, bied sy die volgende raad: l Verstaan dat dit normaal is om angstig of bang te wees.
Dit beteken nie dat jy swak is nie. Dit is oukei om nie oukei te wees nie.
l Wat van belang is, is dít wat jy met jou vrees doen. Kom jy al die KOVID-19-reëls  na wat in plek gestel is om jou en ander mense se veiligheid te verseker? Wat kan jy nog doen om jou  en ander mense se veilig heid te verseker? l Het jy betroubare inligting oor KOVID-19 in geval jy of ŉ geliefde siek word? l Het jy die ondersteuning van onderwysers, familie en vriende om jou te help wan neer jy onseker, gespanne of angstig voel? Dit is baie belangrik.
Onderwysers kan ook niekontakondersteuning bied deur middel van aanlyn materiaal en studiegroepe,  om leerders gereeld te  herinner en te motiveer om tuis te studeer en om hulle aan te moedig om hul vrese rondom skoolgaan te kom munikeer.
“Dit is belangrik, veral vir vakke wat hulle uitdagend vind,” voeg sy by.
Familie en vriende kan emo sionele ondersteuning aan leerders bied in die vorm van aanmoediging en deurlopende gerusstelling, sê Tlhapane.
“Leerders moet voortdu rend daaraan herinner word dat hul moeite en toewyding raakgesien en waardeer word; sodoende bou dit hulle self vertroue.”Hoe om angstigheid te verminderTlhapane sê daar is verskeie maniere waarop ouers en leer ders angstigheid kan beperk.
Dit sluit die volgende in:l Maak seker daar is ŉ streng roetine met betrekking tot studeer, slaap en sosiali sering. Dit sal leerders help om hul doelwitte te bereik en sperdatums te haal, terwyl dit hulle help om in beheer van hul studies te voel.
l Leerders moet gebruik maak van alle beskikbare hulpbronne wat deur die skool en opvoedkundige programme aangebied word, in lyn met die kur -rikulum, wat op die televisie en radio uitgesaai word.
l Ouers kan help deur toe te sien dat leerders nie te veel blootgestel word aan KOVID-19-nuus nie, veral rondom die sterftesyfer en die samesweringsteo rieë wat die rondtes doen, aangesien dit hul vrese kan aanblaas en tot meer gees teskwelling kan lei.
l Leerders behoort hul bloot stelling en deelname aan sosiale media te beperk, aangesien kosbare studie tyd verlore gaan en dit die aandag van hul studies aftrek.
l Die gesin kan hul lewenstyl aanpas deur selfsorgtake soos fisiese oefening en speel in te bring.
“Indien ŉ leerder ŉ geliefde verloor, mag hulle simp tome van droefheid ervaar soortgelyk aan depressie of angstigheid.
“Dit is belangrik dat die skool en die ouers hierdie leerders verwys vir psigo-sosiale ondersteuning wat deur die departement van basiese onderwys aangebied word, of gratis hulpbronne of die plaaslike kliniek vir ŉ verwy sing raadpleeg,” sê Tlhapane.
Kweltekens Ouers moet bedag wees op verskeie tekens wat kan aandui dat die leerder hulp benodig. Dit sluit die volgende in:l Die leerder onttrek en iso leer homof haarself.
l Ongereelde eeten slaap patrone.
l Ooremosioneel, bv. deur aanmekaar te huil, geïrri teerd te wees of maklik hul humeur te verloor.
l Sukkel om te konsentreer.
l Voltooi nie take en huiswerk nie.
l Gedragsprobleme soos aggressie.
l Dink verskonings uit om nie skool toe te gaan nie.
l Aanhoudend op die foon of op sosiale media.
l Voltooi nie ander alle daagse take nie.
Vir hulp kan ouers en leerders die departement se streekskantoor besoek. Vir bystand en raad, kontak gerus die Suid Afrikaanse  Depressie en  Angsgroep (SADAG) by 0800 567 567 of stuur ŉ SMS na 31393. ŉ Berader sal jou dan kontak.