Inklusiewe gemeenskappe is noodsaaklik vir SA se sukses

vukuzenzele unnamed

Alhoewel die ge weld en verwoes ting wat dele van KwaZulu-Natal en Gauteng onlangs ge teister het, groot skade aan eiendom en mense se lewensbestane be rokken het, het dit ook ŉ reuse impak op die samehorigheid in ons  gemeenskappe gehad.
Dit was veral ooglopend in die tragiese gebeure wat  rondom Phoenix en eThekwini afgespeel het.
Tydens die ergste onluste in ons demokrasie, en in ŉ klimaat wat reeds gelaai is met agterdog en paranoia, het mense wat voorheen sy aan sy in relatiewe vrede geleef het, teen mekaar gedraai.
Daar is nog baie wat aan die lig moet kom oor die gebeure wat plaasgevind het. Die toe name in vals nuus, gedokterde foto’s en foutiewe inligting  het dit moeilik gemaak  om tussen feit en fiksie te onderskei.
Maar ons weet wel, uit die amptelike verslae en persoon like ervarings van mense, dat mense volgens rasseprofiel uitgesonder is by onwettige padblokkades, dat sommige mense uit hul  motors geruk en geslaan is,  en dat sommige mense verne der en beledig is. Talle mense is om die lewe gebring.
Baie van die dinge wat gebeur het, is die onver mydelike uiteinde wanneer mense die reg in eie hande neem. Eiegeregtigheid en vigilantisme sal nie in hierdie land geduld word nie. Dit is onwettig en dit is gevaarlik.
Noudat rus en vrede in die areas herstel is, is ons  wetstoepassingsagentskappe besig om alle kriminele dade te ondersoek.
ŉ Span speurders is aan gestel om die moorde te ondersoek en werk nou saam met die plaaslike gemeenskappe. Daar is al inhegtenisnames uitgevoer en diegene wat verantwoordelik is, sal met die volle mag van die reg te doen kry.
ŉ Groot deel van die relaas rondom die gebeure in  Phoenix is oorheers deur pogings om een ras teen ŉ ander op te stook. Dit is aangeblaas deur naamlose mense wat buitensporige aantygings op sosiale media en boodskapgroepe ge maak het en wraaklustig heid onder mense gesaai het.
Daar is ŉ poging om dit te laat blyk as die ineenstorting van rasseverhoudinge tussen Afrikaen Indi ërgemeenskappe.
Net soos daar mense was wat probeer het om mense se weerloosheid uit te buit  en chaos te veroorsaak, is daar diegene wat kriminele dade volgens rasseterme  wou voorhou om hul eie agenda te dien.
Hulle sal nie slaag nie.  Suid-Afrika het ŉ trotse geskiedenis van begin selvaste, nie-rassige en werkersklassolidariteit.
Afrikaen Indi ërgemeen skappe is verenig in die  stryd teen apartheid en,  tesame met ander gemeenskappe, bly verbind tot ŉ  verenigde en demokratiese samelewing.
In antwoord op die vrees en wantroue werk die mense van Phoenix en die aan grensende Bhambayi,  Zwelitsha en Amaoti hard daaraan om die skade te herstel.
Met behulp van ŉ vredes forum wat deur die Suid Afrikaanse Polisiediens op die been gebring is, in vennootskap met gemeenskapsleiers, het die gemeenskappe byeen gekom om diegene te ondersteun wat deur die onrus geraak is en om gesprekskanale te skep.
Dit is nie die enigste deel van die land wat voor sulke uitdagings staan nie.
Ons pogings om geïnte greerde gemeenskappe  te bou word bemoeilik deur die nalatenskap van die beplanning onder apartheid en voortdurende ongelykheid.
Ons stede, dorpe en landelike gebiede word steeds verdeel op gronde van ras sowel as klas. Dit ontmoe dig samewerking en begrip,  en is ŉ remskoen in ons  poging om ŉ nie-rassige samelewing te bou.
Om hierdie ruimtelike  verwrongenheid reg te stel,  moet ŉ deel van ons werk  wees om ŉ inklusiewe ekonomie te bou en die lewenstoestande van alle Suid-Afrikaners te verbeter.
Dit is waarom ons hard  werk om florerende informele nedersettings en landelike  ekonomieë te vestig en  fokus op die groei van  kleinsakeondernemings.
Dit is waarom ons in infra struktuur in hierdie areas  belê en werk om diensver skaffing te verbeter.
Terselfdertyd moet ons ras sisme in ons samelewing konfronteer. Ons moet eer like gesprekke hê, nie net oor  ons gesindhede teenoor mekaar nie, maar ook oor die materiële toestande wat ons verdeel.
Solank as wat die verdeling van rykdom en geleenthede in Suid-Afrika nog grootliks deur ras en geslag bepaal word, sal ons nie in staat wees om ŉ werklik verenigde nasie te kan bou nie.
 Die gebeure in Phoenix is ŉ pynlike herinnering aan hoe veel werk ons nog moet doen om inklusiewe gemeenskappe te bou waar die grense van die verlede suksesvol afge -breek is.
Hierdie gebeure toon ook hoe vasberade sommige mense is om ons te verdeel, en hoe ons alles in die stryd moet werp om hulle te weer staan.
 Dit is ons gesamentlike ver antwoordelikheid om hierdie gemeenskappe in eThekwini en elders te ondersteun in  hul reis na versoening en genesing.
 Ons demokrasie is gebou deur brugbouers en vrede makers. Die argitekte van ons vryheid was waagmoedige Afrika-, Indiër-, kleurlingen wit mans en vrouens wat  die pad van versoening  bo vergelding gekies het,  wat vrede bo oorlog gestel  het.
 Soos ons daarna strewe om van hierdie gesament like nasionale trauma te herstel, laat ons soos een mens saamstaan. Laat ons ons verskille oorkom ter  wille van ons almal se wel stand.
Laat ons saamwerk om  ŉ gemeenskaplike toekoms  te smee waarin almal ŉ  gelyke aandeel het.