SANW veg saam teen KOVID-19

More Matshediso 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verleen hulp in die stryd teen die koronaviruspandemie in Gauteng wat tans die episentrum van die derde KOVID-19 vlaag is.
Die SANW verskaf steun met massatoetsing, sifting en kon taknasporing onder  plaaslike gemeenskappe en verleen ook hulp by hospitale.  Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens is in die pro-vinsie ontplooi om die druk op gesondheidswerkers te verlig.
ŉ Mediese taakgroep is by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Johannesburg gestasioneer.
Die hospitaal is, met dié dat Gauteng tot dusver die hoog ste aantal KOVID-19-gevalle tydens die derde vlaag aangeteken het, as ŉ provinsiale gesondheidsfasiliteit verklaar en fokus nou hoofsaaklik op pa-siënte met KOVID-19.Die mediese taakgroep is eers as voorsorg teen die virus ingeënt voordat hulle hul pligte opgeneem het, terwyl hulle die stygende aantal positiewe gevalle en hospitaalopnames hanteer.
Kolonel-kommandant Fezeka Mabona van die mediese taak groep, ook ŉ professionele verpleër, sê dat sy op grondvlak saam met die lede van die groep werk.
“Die groep bestaan uit verskeie gesondheidsorgdeskundiges, waaronder verpleërs, dokters, kliniese medewerkers en beroepsgesondheiden beroeps veiligheidsdeskundiges,” sê sy.
Die meerderheid van die verpleërs het verpleegkwalifikasies op graadvlak met verskillende spesi aliteitsvelde, waaronder primêre gesondheidsorg. “Sommige van die verpleërs is opgelei vir teaterdiens. Almal van ons het al as algemene verpleërs, vroedmeesters, verpleegop voeders en bestuurders in beide die militêre en die openbare gesondheidsorgstelsel gewerk,” voeg sy by.Die groep is opgedeel in taakspanne en werk saam met die hospitaalpersoneel in skofte wat deur die behoefte aan versorging by die fasiliteit bepaal word. Die span verskaf tans gesondheidsorg dienste in ses van die hospitaal se sale.
“Die hoeveelheid hospitaal personeel is op die oomblik  baie laag in vergelyking met die aantal KOVID-19-gevalle.
Dit is baie belangrik dat ons poog om soveel as moontlik te doen om hulle te help sodat ons saam verdere druk op die gesondheidsorgstelsel  kan vermy,” sê Mabona.
Sy voeg by dat die spangees onder verpleërs van die SANW en die openbare gesondheid  sorgstelsel sover positief is. Daar word, weens die styging in KOVID-19-gevalle verwag dat die hospitaal meer beddens sal ontvang om die kapasiteit van 96 hospitaalbeddens te verhoog en sodoende meer pasiënte te kan akkommodeer.
