Steun vir besighede en werkers

vukuzenzele unnamed

Om ŉ besigheid te begin en te bedryf is baie soos om ŉ gesin groot te maak. Dit neem van kleintyd tot volwassenheid tyd, geduld, volgehoue ondersteuning en koestering.
Dit is vir baie besigheidseie naars hartverskeurend om te sien hoe die besigheid wat jy van niks af begin het en opgebou het, nou sukkel om aan die gang te bly of sy deure moet sluit.
Dit is egter sedert uitbreek van die KOVID-19-pandemie die situasie waarin baie besig hede — groot én klein — hulself bevind; nie net in ons land nie, maar regoor die wêreld. Die pandemie en die maatre-ëls wat ons moes instel om die verspreiding van die virus te bekamp, het ŉ nadelige impak op besighede gehad. Ons het, soos wat ons die pandemie hanteer, gepoog om ŉ bewysgebaseerde benadering te volg, beide in beleid en praktyk, deur wetenskaplike navorsing, kliniese deskundigheid en vermoëns en daarmee saam ook die impak van die pandemie op alle dele van die bevolking, in oor-weging te bring.
Ons het gepoog om ŉ balans tussen die red van lewens en die red van mense se lewensbestaan, te handhaaf.Ons het gepoog om die impak van die opeenvolgende inper kingbeperkings op mense se lewensbestaan te versag en terselfdertyd die risiko van ŉ tweede en selfs erger armoedeen hongersnoodepidemie in die toekoms te vermy.
Ons het laasjaar, aan die begin van die pandemie, maat reëls soos die KOVID-19 tydelike werkgewer-/werknemerverligtingskema (TERS), die KOVID-19-leningswaarborgskema en verskeie ander meganismes ingestel om klein besighede te ondersteun en onmiddellike, korttermynverligting aan werk-nemers en besigheidseienaars te bied. Daarbenewens het die spesiale KOVID-19 maatskaplike noodverligtingstoelaag tesame met meer breedvoerige bestaande maatskaplike toelaes ŉ lewenslyn aan behoeftige individue en gesinne gebied.
Dit was, deur dié ingrypings, vir ons moontlik om die ergste gevolge van die pandemie te versag, die sluiting van baie besighede en daarmee saam ver dere werksverliese, te vermy. Dié ingrypings het ŉ stewige basis vir die ekonomiese heropbouen herstelplan wat ons in Oktober laasjaar geloods het, gevorm.
Ons het die presidensiële werkskeppingstimulus as deel van daardie plan gestig om inkomsteen lewensbestaansteun aan miljoene begunstigdes te verskaf.
Meer as 300 000 jongmense is, danksy dié stimulus, as skoolas-sistente aangestel. Meer as 100 000 bestaansboere is op die eerste databasis van sy soort geregi streer, waar hulle toegang tot tegniese steun het.
Meer as 30 000 jongmense is geleenthede in die kulturele, kreatiewe en sportsektore gegun. Jong beroepsmense is geleenthede in infrastruktuurontwikkeling, gesondheidsorg, omgewingsbewaring en ŉ aantal ander sektore, gegun.
Daar is belowende tekens dat ons  ekonomie voortdurend herstel, met groei en werkskepping  in ŉ aantal sektore, van ver vaardiging tot mynwese en landbou. Ons weet terselfdertyd dat dié “groter prentjie” nie veel van ŉ vertroosting vir werkers en besigheidseienaars is wat in die afgelope jaar en ŉ half vreeslik swaargekry het en gehoop het om ŉ verbetering in hul omstan-dighede te sien met die stadige heropening van die ekonomie, nie.  Die blitsige styging in infeksies wat deur die nuwe deltavariant aangevuur word, het strenger beperkings op, onder meer, die beweging van mense, die bedryf van sekere soorte besighede en openbare byeenkomste vereis.
Dié besluite was nie maklik om te maak nie, gedagtig aan die impak wat dit op mense se lewensbestaan sou hê.Ons het, net soos wat ons aan die begin van die pandemie gedoen het, met al ons maatskaplike vennote en die handel-, arbeiden burgerlike samelewing beraadslaag om te sien watter vol houbare finansiële maatreëls ons kon instel om besighede en mense in nood in dié tyd te ondersteun.
Die onderhandelinge by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelingsen Arbeidsraad het tot ŉ konsensus gelei dat die mees praktiese en volhoubare finansiële maatreël wat drin gende verligting kan bring, die verlenging van die KOVID-19 TERS-skema in sektore wat deur die aangepaste waarsku wingsvlak 4-beperkings geraak word, is.
Ons het, as ondersteuning vir besighede, die geldigheid van hulle bedryfslisensies  en -per mitte wat tussen Maart 2020 en Junie 2021 verval het, tot 31 Desember 2022 verleng. Daarbenewens sal alle nuwe besigheidslisensies en -permitte wat vanaf 1 Julie 2021 uitgereik is, ook tot 31 Desember 2022 geldig wees, en geen lisensie fooie sal gehef word nie.
Ons het in die afgelope jaar ook deurlopend daaraan gewerk om kwesbare werkers wie se werke in gedrang was, veral in sektore soos kleinhandel, voedsel en drank en die metaalbedryf wat swaar getref is, te beskerm. Sowat 58 00 werke is, deur middel  van prosesse wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie onder steun is, gered. Besighede en werkers bly, met geen teken dat die pandemie  binnekort te eindig nie, kwesbaar.
Ons kan, danksy die voortdurende maatskaplike ooreenkomste voortgaan om as staat, handel  en arbeid saam te werk om ŉ buffer te skep om werkers en besighede teen die pandemie se ergste ekonomiese impakte te beskerm.  Ons eerste prioriteit bly vir nou om lewens te red en te verseker dat ons die nodige steun, binne ons vermoëns, verskaf om te ver hoed dat meer besighede sluit en meer werksgeleenthede ver-lore gaan.
Die staat bly, soos met  die KOVID-19 TERS, daartoe verbind om ons gesprekvoe ring met handel en arbeid  voort te sit om ŉ weg te vind,  te midde dié swaar tye, wat beide lewens red en mense se lewens-bestaan beskerm.