Sterker SOE’s moet ekonomiese groei en transformasie aandryf

vukuzenzele unnamed

Suid-Afrika se onder nemings in staats besit (SOE’s)  word op die voorgrond al jare lank merendeels met staatskaping, finan siële wanbestuur en onbe kwaamheid vereenselwig.
Benewens die gereelde finansiële inspuitings wat som-mige van die land se grootste en belangrikste SOE’s vanaf die regering benodig, sukkel hulle boonop om hul man-date na te kom. Hierdie SOE’s behoort aan die spits van ekonomiese en gemeenskaplike trans-formasie te staan. Hulle is daarvoor verantwoordelik om die infrastruktuur en dienste te verskaf waarop die ekonomie staatmaak, hetsy dit elektrisiteitsopwekking, pendelaarvervoer, water-verskaffing, vraglogistiek of telekommunikasie is.Daar word aan ons benadering tot staatsbesit gestalte gegee deur die behoefte aan belangrike netwerkbedrywe wat doeltreffend funksioneer, soos energie en hawens, en die behoefte om te verseker dat daar aan die basiese behoeftes van alle Suid-Afri-kaners, veral die behoeftiges, voldoen kan word.Ons glo vas dat staatseie-naarskap in kernsektore van die ekonomie nodig is en dat die land sterk SOE’s benodig wat ekonomiese groei en transformasie kan aandryf.Dit is veral die geval in die lewering van staatsgoedere soos elektrisiteit en water waar SOE’s in staat is om ŉ ontwikkelingsmandaat in die openbare belang, teenoor ŉ uitsluitlik kommersiële een, na te streef.Dit is waarom ons die om-meswaai van hierdie onder-nemings ŉ regeringsprioriteit gemaak het – om korrupsie met wortel en tak uit te roei, hul bestuur te verbeter en hul in staat te stel om hul nodige rol te speel om ekonomiese groei en werkskepping aan te spoor.Ons het, met dié doel voor oë, ŉ aantal verbeterings  onderneem om hierdie SOE’s te versterk sodat hulle die  resultate wat die land beno-dig en verwag, kan lewer. Een van die belangrik-ste verbeterings is in die energiesektor. Ons het die proses begin om Eskom te herstruktureer in drie SOE’s wat verantwoordelik is vir onderskeidelik opwekking, geleiding en verspreiding. Die rede hiervoor is dat die vorige struktuur van Eskom nie gepas was vir die ver-anderende energielandskap nie – dit het ondoeltreffend en duur geword en was nie deursigtig genoeg nie. Die spesifieke vestiging van ŉ geleidingsentiteit sal beteken dat Eskom in staat sal wees om krag vanaf ŉ wyer reeks verskaffers, beide pri-vaat en vanaf die staat, aan te koop. Dit sal deursigtigheid verbeter, mededingendheid verhoog en die aankoop van elektrisiteit teen die laagste koste bevorder. Daar was beduidende privaat belegging in kragop-wekking as deel van die Program vir die Verkryging van Hernubare Energie van Onafhanklike Kragprodu-sente (REIPPP). Ons kan selfs meer privaat beleggings verwag met die voorstel om lisensiëringsvrystelling vir vasgelegde geleiding – waar maatskappye vir hulself en ander kommersiële verbrui-kers elektrisiteit vervaardig – van 1MW tot 100MW te verhoog.Dit is van kernbelang op ŉ tydstip wat die land weens erge en volgehoue elektrisi-teitstekorte swaarkry en waar nóg Eskom nóg die regering in staat is om in nuwe opwek-kingskapasiteit te belê. Dit is belangrik dat dié ver-beterings ook aan Eskom die ruimte sal gun om sy finansi-ële en bestuursuitdagings aan te spreek.Nóg ŉ belangrike verbetering is die vestiging van die Nasionale Hawe-owerheid as ŉ onafhanklike filiaalmaatskappy van Transnet.Dit is ŉ deurslaggewende deel van Transnet se breed-voerige strategie om nuwe lewe te blaas in ons logistiekinfrastruktuur. Transnet be-plan om oor die volgende vyf jaar R100 miljard in die op-gradering van sy infrastruk-tuur regoor die hawestelsel te belê. Dit sal ons hawens meer doeltreffend en ons uitvoere meer mededingend maak en die hele ekonomie bevoordeel.Vir die gewone verbruiker beteken dit verlaagde pryse op baie van ons goedere oor die langtermyn. Vir ons uitvoerders sal dit meer mededingendheid in wêreld-markte beteken.Ons ekonomie sal uitbrei en meer werke skep namate ons uitvoere groei. Meer doel-treffende hawens sal die hele ekonomie beter laat werk – ’n styging in hawevolumes sal lei tot groter werkskepping in die hawens self.Die vestiging van die Na-sionale Hawe-owerheid as ŉ Transnet-filiaalmaatskappy met sy eie raad sal, onder meer, beteken dat inkomste wat deur die hawens gegene-reer word, gebruik kan word om ou toerusting te vervang en ons hawens op te gradeer en uit te brei – werk wat vir meer as ŉ dekade vertraag is. Dié verbeterings sal onder meer meer privaat belegging in die land se ekonomiese infrastruktuur aanspoor. Sommige mense het kom-mer uitgespreek dat dit die belangrikheid of waarde van SOE’s sal verminder – inder-waarheid sal dit die teenoor-gestelde tot gevolg hê. Dié verbeterings sal ver-seker dat ons SOE’s meer doeltreffend sal word en die bedrywe wat deur hulle ondersteun word meer me-dedingend sal word, terwyl strategiese infrastruktuur steeds stewig in staatsbesit bly. Dié verbeterings is ook belangrik om te verseker dat SOE’s hul breër ontwikke-lingsmandate implementeer om alle landsburgers en die ekonomie te ondersteun.Ons beleid bly dat SOE’s ŉ belangrike ontwikkelingsrol moet speel in die ondersteuning van ons ekonomiese groei. Ons taak is om hulle op goeie voet te plaas sodat hulle hul uiteindelike aandeelhou-ers – Suid-Afrikaners – kan dien.
