Voorkom brandwonde hierdie winter 

Allison Cooper

Net soos wat die win-ter die behoefte aan warmte mee bring, verhoog dit ook die risiko van brandwonde weens kerse, vure, stowe,  verwarmers en kookwater. “Brandwonde neem drama ties toe in die winter en ou ers en versorgers moet ekstra versigtig wees om hul eie  en hulle kinders se veiligheid te verseker,” sê dokter Gary Dos Passos.Hy is die hoof van die  eenheid vir brandwonde aan die Rooikruis Oorlogs gedenkkinderhospitaal (RC MCH) en lid van die uitvoerende komitee van die Brandvere niging van Suid-Afrika.Alhoewel brande wat per ongeluk ontstaan onvermyde lik is, kan talle brandwonde voorkom word deur waaksaam heid, behoorlike volwasse toesig en veiliger gewoontes  aan te kweek. “Brandwonde weens  vlamme is rampspoe dige beserings met wese nlike lewenslange fisiese  en psigososiale gevolge vir die beseerde oorlewendes en hulle gesinne,” sê dr. Dos Passos. Hoe om brandwonde te voorkomBrandwonde in en om die  huis kan voorkom word. Hier is ‘n paar wenke:l	Hou vuurhoutjies, aanste kers, versnelmiddels (pe-trol en paraffien), kerse, gasen paraffienlampe  en verwarmers buite bereik van kinders. l	Moenie versnelmiddels op  vlamme gooi nie. Dit is ui ters gevaarlik. l  Moenie toelaat dat kinders na by paraffienof gaslampe  of verwarmers speel nie.l	Moenie ‘n kind optel terwyl jy kook nie of ‘n kind sonder toesig in of naby die kombuis los nie.l  Maak seker dat die ketel buite bereik is. Koop ‘n koord lose ketel as jy kan.lMoenie kookwaterkanne  of potte met kookwater na by kinders ronddra nie.lDraai potte se hand vatsels weg van die voor-kant van die stoof af. l	Sit kerse in ‘n diep glas bottel met sand onder in sodat hulle geblus word as hulle omval.
l	Moenie vure met sand bedek nie. Die sand behou die hitte vir ure.
l	Tap eers koue water in die bad en dan warm water. Toets altyd eers die badwater met jou elmboog.As jy ‘n brandwond deur vlam me opdoen, stop, gaan lê  op die grond en rol om die vlamme te blus.
“Hitte van ‘n vuur-, warmwaterof elektriese brandwond sal aanhou om die weefsel te  brand lank nadat daar nie  meer kontak is nie. “Stop die brandgevoel deur die  liggaamsdeel vir 20 minute onder lopende koue water te hou. Moenie ys, yswater, bot-ter of enige oliegebaseerde produk op ‘n brandwond ge bruik nie,” sê dr. Dos Passos.