Die jeug is ons grootste bate

Vukuzenzele unnamed

Op 16 Junie 1976 het die jeug van So weto en ander dele van die land opge staan teen die gru wel van Bantoe onderwys.
Op daardie dag en die  dae wat daarop sou  volg, het baie mense hulle lewens verloor. Hulle  is vermoor deur ‘n hartelose regering wat bitter min om-gegee het vir swart lewens,  en wat niks daarvan gedink het nie om met geweervuur los te brand op ongewapende kinders in skoolklere nie. Hierdie gebeure het die  internasionale sentiment teen die apartheidsregering versterk en verdere stukrag aan die  bevrydingstryd verleen.Jong mense het nog altyd die voortou geneem in sosiale  verset  van die anti-outoritêre optogte in Latyns-Amerika in die laat 1950’s tot die be-togings regoor Afrika in die laat 1960’s.Die geskiedenis het die  bydrae van die generasie van 1976 tot die internasionale studentebeweging en sy standpunt teen onderdrukking en onregverdigheid getrou opgeteken. Hierdie historiese gebeurte-nis 45 jaar gelede word nog steeds regoor Afrika en die wêreld herdenk. Daarom is dit ontstel-lend dat kennis oor 16  Junie besig is om af te  neem onder jong Suid-Afrikaners. Dit gebeur veral onder die sogenaamde Gene-rasie Z, die jong mense wat tussen 1997 en 2015 gebore is.  Die 2019/2020 Suid-Afrikaanse Sosialehoudingsopname wat deur die Raad vir Geesteswetens-kaplike Navorsing (RGN) gepubliseer is, het bevind dat byna 40% van Generasie Z nie weet van die historiese gebeure van 16 Junie nie.  ‘n Soortgelyke persentasie het daarvan gehoor, maar weet baie min of niks daar-omtrent nie.  Desondanks het die op-name bevind dat jong mense van hierdie generasie bereid is om meer te leer oor sleutel  historiese gebeure en ook glo in die voortgesette belangrikheid daarvan.  Ons as ‘n land moet meer doen om seker te maak dat die boodskap van 1976 getrou oorgedra word.  Dit is die regering, skole, tersiêre instellings, ouers, families, musikante, kun-stenaars en die hele samelewing se gesamentlike verantwoordelikheid. Die generasie wat gebore is nadat apartheid beëindig is, het ‘n land geërf met ‘n demokratiese grondwet waar fundamentele vryhede beskerm word.Die geleenthede wat jong swartmense vandag het, verskil hemelsbreed van die verlede en het groot veran deringe ondergaan. Deur die storie van 16 Junie lewendig te hou, dien dit as ‘n herinnering aan vandag se generasie van die groot opofferings wat gemaak is om hulle vryheid te bewerk-stellig. Jeugdag is ‘n herinnering aan die ontsaglike  krag en bemiddeling waaroor jong mense beskik om vir hulleself ‘n beter toekoms te skep. Vandag se jong mense beleef baie struikelblokke. Jong mense bly steeds aan die voorpunt van aktivisme, on-geag of dit in die strewe na gratis opvoeding of teen maatskaplike euwels soos geslag-gebaseerde geweld is.  Die grootste stryd wat jong mense vandag stry, is teen werkloosheid, wat onder die Covid-19-pandemie toege-neem het. Die regering se eerste prio-riteit is om meer geleenthede, sowel as toegang daartoe,  vir ons jong mense te skep.Alles wat ons as ‘n regering doen, dra by tot die verbetering van die lewens van jong mense. Om werkloosheid onder die jeug aan te pak, vereis versnelde ekonomiese groei, veral in arbeidsintensiewe sektore, sowel as die uitbouing van die staat se vermoë om sy ontwikkelingsrol te vervul.Ons bevorder hierdie agenda deur teikenintervensies. Dit sluit in die pre-sidensiële werkskeppingstimulus, wat werksgeleenthede en lewenson-derhoud aan baie jong mense verskaf het.  Ons het ‘n reeks addisionele maatreëls in plek gestel om geleenthede te skep, vaar-digheidsontwikkeling te verbeter, jong entrepreneurs te ondersteun en jong mense in staat te stel om ten volle by die ekonomie in te skakel. Dit sluit in die vestiging van ‘n nasionale roetebestuursnetwerk, SA Jeug, wat dit makliker moet maak vir jong mense om geleenthe-de raak te sien en te benut, en om aktiewe ondersteuning te kry om roetes na die arbeidsmark te betree.  Laasgenoemde is en-kele van die Presidensi-ele Jeugindiensnemingsintervensie se prioriteite,  wat slegs weke voor die  nasionale inperking verlede jaar bekendgestel is en wat tans ten volle geïmplementeer word.Die Presidensiële Jeugindiensnemingsintervensie is gebou op die verstandhouding dat die oplossing vir die jeug se werkloosheidskrisis  innoverende denke en sterk vennootskappe regoor die samelewing vereis. Die uiteindelike doelwit is om modelle te kry wat werk, of dit nou in vaardigheidsontwikkeling is of  aktiewe arbeidsmarkbeleide, en om dit vinnig te skaleer sodat soveel as moontlik jongmense bereik word.Die belangrikste is dat die Presidensiële Jeugindiensnemingsintervensie  erken dat jong mense  sentraal moet staan in enige poging om jeugindiensne-ming ‘n hupstoot te gee.  Jong mense is ons groot-ste bate en ons grootste  wapen in hierdie stryd. Ons salueer die veerkrag-tigheid van elke jong persoon wat hulle deel doen om hierdie land op te bou en te ontwikkel.  Hulle is die jong mense wat vrywilligerwerk in ons gemeenskappe doen en ons land opbou deur die presidensiële werkskeppingstimu-lus, wat hulle eie besighede bedryf en studeer om hul-leself beter te bekwaam. Hulle is die jong mense wat hulle eie paadjie uitkap en hulle gesinne saam met hulle neem. Ons salueer jong mense wat aanhou werk om hulle lewens te verbeter. Jong mense doen hulle deel. Hulle het nodig dat die regering, en weliswaar die hele samelewing, hulle deel doen.  Ons land gaan deur een van die moeilikste tye nog, maar ons werk daagliks daaraan om die grense van hoop uit te brei.  Ons sien die nuwe tekens van groei in ons ekonomie, en is vol vertroue dat dit sal lei tot beter geleenthede vir almal. Ons taak is nou om se-ker te maak dat jong mense gereed en toegerus is om hierdie geleenthede te benut, en om hul eie geleenthede te skep.