Tafelkop-boere se drome bewaarheid

Vukuzenzele unnamed

ŉGroep swart boere van Tafelkop in Groblersdal, Lim popo, is die trotse nuwe eienaars van die 189-hek taar grond waarop hulle vir die afgelope 25 jaar boer.
President Cyril Ramaphosa het die grond se titelaktes aan die 30 boere oorhandig nadat die departement van openbare werke en infra struktuur dit vir grondher verspreidingsdoeleindes oorgedra het.
Die grond, ter waarde van meer as R25.5 miljoen, is gra tis aan die boere oorhandig.
“Dit is inderdaad ŉ won derlike dag vir die Tafelkop gemeenskap, vir die mense van Limpopo en vir die hele Suid-Afrika,” het die president by die oorhandig ingseremonie gesê.
“Ons sien vandag hoe ŉ gemeenskap se droom verwesenlik word. Dít is die visie waarvoor hierdie gemeenskap vir die afgelope 25 jaar veg.” Die boere boer sedert 1996 suksesvol met verskeie landbouprodukte op die grond.
Hulle het hulself in die 1990’s as kommersiële boere onder die banier van die Tafelkop-boerevereniging registreer en het begin om met die regering in gesprek te tree.
Die destydse nasionale departement van landbou het in 2000 huurooreen komste met die Tafelkopboerevereniging geteken ingevolge die Program vir Grondherverspreiding vir Landbou-ontwikkeling.
Die voormalige Limpopo departement van landbou het in 2009 aan die departe ment van openbare werke ’n aanbeveling gemaak dat die grond aan die boere oorge dra word.
Die titleraktes is vroeër vanjaar op die boere se name geregistreer.
Die grond word tans ge bruik om met tabak, katoen en vars produkte te boer.
Twee-en-dertig huishou dings word deur die grond onderhou en boerderyaktiwiteite verskaf werk vir 128 permanente werkers en tot 320 seisoenswerkers.
Geregtigheid vir die gemeenskapDie president het gesê dat die gemeenskap oor die jare baie teëspoed ervaar het and dat die “titelaktes geregtigheid vir ŉ onteiende gemeenskap bring”.
“Ons het nie vergeet van die onteiening, gronddief stal en geforseerde verwy dering wat die mense van dié gemeenskap en baie gemeenskappe regoor die land moes verdra nie.
“Ons het nie vergeet van die wrede nalatenskap van landbou hier in Limpopo nie, waar plaasbewoners ge forseer is om woonarbeiders te wees op hul voorvaders se grond en nie toegelaat is om grond te besit om hul ge sinne te voer of as weiding vir hul vee te gebruik nie.” Hy het bygevoeg dat swart plaaswerkers in die voor malige Noord-Transvaal uitgebuit en mishandel is.
"Ons onthou ook hoe die apartheidsregering blanke boere ondersteun het met toerusting, tegniese steun en toegang tot krediet om hul besighede te ontwikkel, maar swart bestaansboere het gesukkel om te oorleef.”Transformasie van die landboubedryfDie president het gesê dat die oordrag van grond hoop aanwakker, want dit dui daarop dat die landboube dryf met die regte onder steuning en geleenthede getransformeer kan word tot die land se voordeel.
“Ons vier ons vordering omdat ons Grondhervor mingsprogram daagliks momentum kry.
“Die regering het tot op hede meer as vyf miljoen hektaar grond herversprei, met ŉ totaal van ongeveer  5 500 plase, na meer as  300 000 begunstigdes.” Die grondherstelproses het tot dusver meer as twee mil joen grondeisers bevoordeel en die oordrag van ongeveer 2.7 miljoen hektaar tot ge volg gehad.
“Grondhervorming is nie net in die belang van reg stelling, geregtigheid and maatskaplike samehang nie. Dit gaan ook oor eko nomiese ontwikkeling.
“Landbou en die land bouwaardeketting kan en moet landelike ekonomieë transformeer,” het President Ramaphosa gesê.
Die regering beplan om ŉ hervormingsagentskap vir grond en grondbesitters te vestig wat grondhervorming sal bespoedig.
“Ons kyk na hoe doeltref fend ons vorige beleide was.
Ons gaan hierdie kwessie van grondhervorming  dringend aanspreek.”Spreek vorige foute aanDie president het gesê dat die regering hard werk om dit wat tydens die apart heidsjare en sedert die begin van demokrasie verkeerd geloop het, reg te stel.  “Ons doen dit as eerbe wys vir diegene wat in ons midde geleef het; wat hier gewoon het." Grondhervorming is van kernbelang om die land se voedselsekerheid te verbeter, ŉ inklusiewe ekonomie te ontwikkel en ŉ beter toekoms vir alle Suid Afrikaners te verskaf, het die president bygevoeg.
Hy moedig die Tafelkopboere aan om die grond verstandig en tot die ge meenskap se voordeel te gebruik.
“Vandag was vir my die beste dag op kantoor; om die grond en stof te skop en julle opbrengste te sien,” het hy gesê.
“Daar is vir my geen twyfel dat die projek steeds sal flo reer met al die betrokkenes se toewyding en energie nie.”Die voorsitter van die Tafelkop-boerevereniging, Jerry Sefoloshe, het die regering bedank dat dit vir die boere moontlik gemaak is om die eienaars te word van die grond waarop hulle vir al dekades boer. 
President Cyril Ramaphosa saam met boere van Tafelkop, Limpopo wat onlangs titelaktes ontvang het vir die grond waarop hulle boer.