SA streef daarna om die Grondwet se visie te verwesenlik 

vukuzenzele unnamed

Suid-Afrika het 60 jaar gelede, op 31 Mei 1961, ŉ repu bliek geword en sy bande met die Britse Ryk ver breek.  Alhoewel ŉ “republiek” algemeen omskryf word as ŉ staat waarin die landsburgers en hul verkose verteenwoor digers die oppermag het, was dit egter nie die geval in Suid-Afrika nie.
Die Grondwet van die apartheidsrepubliek het trou aan God gesweer “wat ons voorvaders vanuit baie lande byeengebring het en aan hulle hierdie as hul eie gegee het”.
Dit was ŉ Grondwet wat deur en vir die rasseminder heid geskryf is en wat geloof gebruik het om despotisme te regverdig. Dit het die re gering se administrasie om skryf en voorsiening daarvoor  gemaak dat slegs blankes daarop geregtig was om te stem en as staatsamptenare te dien. Dit het nie ŉ Handves van Regte bevat nie.
Die land se meerderheid is relegeer tot ŉ voetnota aan bykans die einde van hierdie Grondwet se 121 voorskrifte, in ŉ afdeling getiteld “Ad ministrasie van Bantoesake, ens.”.
Die eerste minister, HF  Verwoerd, het tydens ŉ TVuitsending gesê: “Ons streef na die geleidelike ontwik keling van elkeen van ons groepe in ŉ sekere rigting.
Die oplossing word hier openlik nagestreef deur die blanke man se leidende hand te behou.
“Ons is baie gelukkig om ŉ verenigde volk te wees,” het hy aan die wêreld verklaar.
Die realiteit was egter dat ons nie ŉ verenigde volk was nie.
Ons was inwoners van ŉ land waar mense se regte, vooruitsigte en lewensver wagting deur hul ras bepaal is.
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1961 was vir twee dekades die wetlike dryfkrag agter die onderdrukking van byna 90% van die Suid-Afrikaanse bevolking.
Dié ongelukkige herdenk ing het in dieselfde maand plaasgevind as die 25ste herdenking van die Grond wetlike Vergadering se goedkeuring van ons nuwe demokratiese Grondwet, wat die geboortesertifikaat vir ŉ nasie wat waarlik verenig is, geword het.
Ons het nou een wet vir een nasie.
Ons het saam ŉ regering stelsel vir onsself gekies wat ware betekenis aan die kon sep van ŉ republiek gee. Ons het gesê dat almal in ons de mokratiese republiek gelyk voor die gereg is en die reg besit tot gelyke beskerming deur en voordeel uit die reg.
Suid-Afrika is vandag ŉ land waar onafhanklike howe en ŉ regsbank wat slegs onderhewig aan die Grond wet is, oor die regsbedeling beskik. Ons leef in ŉ land waar almal die reg het om die howe te nader ter vervulling van hul regte.
Ons leef in ŉ land waar gemeenskappe wettig kan aanspraak maak op grond waarvandaan hul geweld dadig verskuif is en waar in dividue of gesinne beskerm is teen arbitrêre uitsetting uit hul huise.
Ons leef in ŉ land waar al mal toegelaat word om hul kultuur en tradisies vrylik uit te leef. Dit is ŉ land waar enig iemand vrylik en op enige plek ter ondersteuning van maatskaplike, politieke en ander sake kan betoog.
Ons grondwetlike bedeling is geskoei op ŉ aanspreeklike regering waar die Uitvoeren de Raad rekenskap aan die mense verskuldig is en waar die Parlement verteenwoor digend van die mense is.
Dit is ŉ land waar die reg gelyk op enige burger toepas lik is. Ons het nou ŉ regering van die mense, vir die mense en deur die mense.
Die apartheidsregime het, toe hy triomfantlik sy ras sistiese grondwet 60 jaar gelede voor die wêreld geparadeer het, misplaaste vertroue gehad dat dit in stand sou bly. Nelson  Mandela het, ŉ maand voor dat die republiek verklaar is, in ŉ brief aan Verwoerd wat nie beantwoord was nie, die bevrydingsbeweging se verwerping van die blanke republiek wat met geweld afgedwing is, verklaar.
Hy het gesê dat geen Grondwet of vorm van rege ring waarop daar besluit is sonder die deelname van die Afrikamense, morele geldig heid sou geniet nie.  Trouens, geen stelsel wat die stelselmatige ontkenning van mense se regte verskans, kan volhou word nie. Ons het uiteindelik ons vryheid gewen, alhoewel dit meer as drie dekades sou neem voordat daar aan die eise van die bevrydingsbeweging voldoen is.
Ons het, toe ons die apart heidsgrondwet na die asblik van geskiedenis verban het, onsself verbind tot ŉ nuwe Grondwet en ŉ nuwe stel waardes.  Toe ek 25 jaar gelede die Grondwetlike Vergadering aangespreek het, het ek gesê dat ons Grondwet meer as woorde op papier moet word; dit moet ŉ werklikheid in ons mense se lewens word.
Dié progressiewe en re volusionêre dokument sal ontoepaslik en niksseggend word as ons dit nie doen nie.
Ons het lank reeds besluit watter tipe samelewing ons wil wees. Dit is ŉ samelewing geskoei op menswaardig heid, gelykheid, vryheid en nie-diskriminasie.  Ons het vir ŉ kwarteeu daaraan gewerk om so ŉ sa melewing te ontwikkel. Ons het onbetwisbaar gevorder, maar ons het steeds baie uit dagings en daar is baie werk wat nog gedoen moet word.
Kom ons dink aan hoe beslissend die breek met die stelsel wat deur rassisme, uit buiting, onteiening en onder drukking onderstut is en wat voorheen geseëvier het, was wanneer ons die herdenking vier van ons demokratiese Grondwet se goedkeuring.
Kom ons onthou ook dat dit van ons afhang om die visie in die Grondwet ŉ werklik heid te maak, want dit is slegs deur te verseker dat alle Suid-Afrikaners in staat is om hul grondwetlike regte vrylik en ten volle uit te leef dat ons werklik ŉ verenigde nasie kan word.