Beskerm jou kinders teen kuberafknouery

Kgaogelo Letsebe

WNNR-DESKUNDIGES gee wenke hoe tegnologie gebruik kan word om kuberafknouery te bekamp.
 Die wreedheid en vernietigende  gevolge van kuber afknouery onder kinders is die afgelope maande weereens blootgelê.
In ’n onlangse geval van kuberafknouery is Lufuno  Mavhunga, ’n Graad 10-leer der van Mbilwi Sekondêre Skool in Limpopo, oorlede weens selfdood nadat sy deur ŉ ander leerder aangerand is. Mavhunga het ŉ oordosis voorskrifpille gedrink nadat ŉ video van die aanranding op sosiale media gedeel is.
Kubersekuriteitsdeskundi ges van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) sê dat kuberaf knouery uiters skadelik vir kinders is en kan lei tot depressie, hartseer, woede, frustrasie, angs en vrees.
“Dit kan ook lei tot ’n lae selfbeeld, misdadige gedrag, skoolgeweld, gesinsprobleme en selfmoordgedagtes,” verduidelik Sipho Ngobeni, ’n senior navorser by die WNNR.
Kuberafknouery vind plaas wanneer iemand elektroniese kommunikasie gebruik om doelbewus ŉ ander persoon te teister, dreig, verneder, in timideer, in die verleentheid  bring of spot.
Volgens Ngobeni toon na vorsing dat 41% van kinders na afleiding van kuberaf knouery sosiale angs ontwik kel, 37% depressief raak, 26% selfmoordgedagtes kry en 25% hulself leed aandoen.
“Dié bevindings dui daarop dat kuberafknouery ŉ ernstige kwessie is... Dit is van sleutelbelang om alle betrokke partye te betrek – die jeug, ouers, opvoeders, wetstoepassers en sosiale mediamaatskappye – om hierdie probleem aan te spreek,” voeg hy by.
Kuberafknouery vind mees tal plaas op Instagram  (42%), Facebook  (31%), Snapchat (31%), WhatsApp  (12%), YouTube (10%) en Twitter  (9%). WNNR-deskundige,  Rofhiwa Netshiya sê dat daar ŉ behoefte is aan openbare opvoeding oor alle vorme van kuberafknouery.
“Ons moet kinders leer dat kuberafknouery ernstige gevolge kan hê,” sê sy.
Die WNNR werk tans aan die ontwikkeling van aan ŉ platform om kuberafknouery in geselskamers te identifiseer.“Die platform sal outoma ties kuberafknouery in geselsgroepe identifiseer en gebruikers wat aanhou om haatspraak te stuur, blokkeer.
Dit sal die gebruiker drie waarskuwingsboodskappe gee en, as hulle volhou, sal dit hulle blokkeer,” sê Netshiya.
Sy raai ouers aan om basiese internet-kontrolesagteware op hul kinders se toestelle te installeer om hul aktiwiteite te kontroleer.
“Daar is lae-kosteprodukte wat jou kinders se aktiwiteite onopsigtelik kan monitor en die bevindinge privaat en so dikwels soos wat jy verkies aan jou kan epos. Dit is baie belangrik om die webwerwe wat besoek is, inhoud wat afgelaai is, gesprekke in ge selskamers en onmiddellike boodskappe na te spoor.”Die WNNR bied die vol gende wenke aan ouers wat vermoed dat hul kinders die slagoffers van kuberaf knouery is:
• Maak seker dat jou kind veilig voel; gee onvoor waardelike ondersteuning.
• Werk saam met jou kind om ŉ plan van aksie uit te werk waarop julle albei ooreenkom.
• Bespreek die kuberaf knouery-geval met die betrokke skool.
• Kontak die aggressor se ouers om ondersoek oor die saak in te stel en ver wyder die aanstootlike materiaal.
• Rapporteer die saak aan die polisie in die geval van fisiese bedreigings of afdreiging, teistering,  afpersing en die seksuele uitbuiting van minder jariges.
• Leer jou kind oor gepaste aanlyngedrag.
• Benadruk positiewe mo rele waardes. 



