Israel, Palestina word gevra om Suid-Afrika na te boots deur vrede na te streef 

vukuzenzele unnamed

Ons ervaring van ons land se demokra tiese oorgang is ŉ les oor die mag van em patie, onderhandeling en kompromie.
Die verergerende situasie in Israel en Palestina bevestig weereens wat ons as SuidAfrikaners al te goed weet – dat onversetlike konflik slegs deur vreedsame onder handeling opgelos kan word.
Dit demonstreer ook dat tensy die grondoorsake van ŉ konflik aangespreek word – in dié geval, die onwettige okkupasie van Palestina deur Israel en die weiering van die Palestynse mense se reg tot selfbeskikking – vrede en versoening buite bereik sal bly.
Die nuutste geweld is  aangewakker deur ŉ Israeliese hof se beslissing om in die Sheikh Jarrah-buurt in Oos-Jerusalem ŉ groep fami lies daar woonagtig te ontset om plek te maak vir Israeliese nedersettings.
Om te sien hoe mans, vrouens en kinders verwyder word uit die huise waarin hul families vir geslagte lank gewoon het, bring pynlike gedeelde en persoonlike herinneringe na vore vir die meerderheid Suid-Afrikaners – herinneringe van geforseer de verwyderings en grond onteiening.
Dit was pyn en vernedering wat my eie familie, en baie Suid-Afrikaanse families, deurgegaan het. My gesin is op twee geleenthede geweld dadig na verskillende dele van die land geskuif.
Om met ŉ vuurwapen uit jou huis geforseer te word is nie maklik om te vergeet nie en die nagevolge van só ’n trauma duur geslagte lank.
Ons, as ŉ land, leef steeds met die blywende nagevolge van die gevoellose dade wat in die naam van apartheid ruimtelike beplanning ge pleeg is.
As mense wat glo in gelyk heid, geregtigheid en mense regte kan ons nie anders as om geroer te word en inderdaad ook kwaad te word oor die pyn en vernedering wat die Palestynse mense aangedoen word nie; want dit eggo ons eie geskiedenis van pyn en vernedering.
Met hierdie dade oortree Israel internasionale wet gewing. Hulle verontagsaam herhaalde beslissings van die Verenigde Nasies se Veilig heidsraad wat aandring op ŉ einde aan die okkupasie van Palestynse grond en die verwesenliking van die  Palestynse mense se regte.
Sedert Israeliese magte verlede week aanvalle op aanbidders by die Al Aqsamoskee in Jerusalem geloods het, het die geweld intussen die Gazastrook, groot ge deeltes van die Wesoewer en ŉ aantal Israelitiese stede verswelg. Dit het dosyne mense, waaronder kinders, se lewens geëis.
Dit is ook baie kommerwek kend dat Israeliese magte ŉ multiverdiepinggebou wat ŉ aantal media-organisasies ge huisves het, vernietig het en sodoende ŉ kil boodskap aan die media wat oor die geweld verslag doen, gestuur het.
Die sinnelose en voort gesette Israeliese bombarder ing van Gaza sal verwoes tende gevolge vir die meer as twee miljoen mense hê wat vir die afgelope 14 jaar onder ’n onwettige Israeliese blokkade ly.
Ons doen ŉ beroep op alle betrokke partye om selfbe heersing toe te pas, respek vir menselewens te toon en die huidige aggressie te staak.
Ons, as Suid-Afrika, is daar toe verbind om deel te wees van internasionale pogings wat ten doel het om weer ŉ politieke proses aan te wak ker wat sal lei tot die vestig ing van ŉ lewensvatbare  Palestynse staat; ’n Palestynse staat wat sy-aan-sy in vrede met Israel en binne interna sionaal erkende grense kan bestaan.
Die tweestaat-oplossing bly die mees lewensvatbare opsie vir die mense van Israel en Palestina en moet steeds ondersteun word.
Net soos wat Israeliese magte aanbidders by die Al Aqsa-moskee aangeval het, is ons besig om voor te berei om die eeufees van die Bulhoek slagting by ŉ godsdienstige plek in Ntabelanga in die Oos-Kaap te herdenk.
Op 24 Mei 1921 het kolo niale veiligheidsmagte, ge wapen met masjiengewere en artillerie, op aanbidders losgebrand. Meer as 160 mense is dood en byna 130 beseer.
Die slagting het nie net die brutaliteit van die polisiemag van die Unie van Suid-Afrika blootgelê nie, maar ook die rassistiese stelsel wat dit moes handhaaf.
Net soos die geskil in die Sheik Jarrah-buurt, was die gruweldaad by Bulhoek nie net weens ŉ plaaslike geskil nie; dit was fundamenteel oor die geforseerde onteien ing van grond, oor koloniale okkupasie, oor rassediskrimi nasie en oor gewelddadige onderdrukking van onenig heid.
Wanneer ons nadink oor die krisis in die Midde-Ooste en veral die lyding van die Palestynse mense, sal dit vir ons raadsaam wees om die woorde van Selby Msimang, stigterslid van die African National Congress, te her roep.
Na aanleiding van die Bul hoekslagting het hy geskryf: “Geskiedenis dui daarop dat die menslike siel van nature teen ongeregtigheid in op stand kom.” Die betogings en die op stand van die onderdrukte mense van Suid-Afrika teen kolonialisme en apartheid het die waarheid van dié woorde bewys.
Ons, as mense met ’n liefde vir vryheid en geregtig heid, staan saam met die  Palestynse mense in hul soektog na selfbeskikking, maar ook in hul weerstand teen die ontneming van hul menseregte en die weiering van hul waardigheid.
As burgers van ŉ land wat sy rug kon draai op rassehaat en bloedstorting en ŉ inklusie we samelewing kon bou wat geanker is in menseregte vir almal, is dit ons gedeelde hoop dat die mense van Israel en Palestina ŉ soortgelyke pad sal volg; dat hulle me kaar sal vind and dat hulle vrede sal vind.