Tabakverslawing: Jou gesondheid kan in rook opgaan


Deur Kgaogelo Letsebe 

OM WÊRELD-GEEN Tabakdag op 31 Mei te vier, gesels Vuk’uzenzele met ’n herstellende tabakslaaf oor sy oorwinning oor verslawing.
Katlego Makhanda van Moiletswane in Noordwes weet alte goed hoe moeilik dit is om op te hou rook.
Makhanda (28) het meer as 30 sigarette per dag gerook totdat hy vier jaar gelede ophou rook het.
Hy het weens groepsdruk begin rook toe hy 18 jaar oud was.
“Ek het nie belanggestel om te rook nie – dit het my nie aangetrek nie, totdat ek in matriek was en ‘n groep ouens saam met wie ek ge reeld gekuier het, my begin uitsonder het omdat ek nie koel genoeg was om te rook nie.” Makhanda het aanvanklik een of twee sigarette per dag gerook, maar dit het metter tyd meer geword.
“Ná matriek is ek universi teit toe en die vryheid om nie by my ouers te woon nie, het beteken dat ek soveel alkohol kon drink as wat ek wou. Dit het ook gemaak dat ek meer gerook het.” In 2017 het Makhanda siek geword en is gehospitaliseer.
Hy is gediagnoseer met Tipe 2-diabetes en was weke lank te swak om uit die bed te klim.
“Die dokter het dit duidelik gemaak dat ek nie my siekte sou kon bestuur as ek aanhou rook nie. Dit is toe wat ek besluit het om permanent op te hou.”Dr Midah Maluleke van Mpumalanga sê rook is ska delik vir byna elke orgaan.
“Siektes soos kanker, hart siektes, beroerte, longsiek tes, diabetes en chroniese obstruktiewe pulmonêre siektes kan almal weens rook ontstaan.” “Navorsing toon dat rokers 30% tot 40% meer geneig is om Tipe 2-diabetes te ontwik kel as nierokers. Rook maak dit ook moeilik om die siekte te bestuur,” sê hy.Wenke om op te hou rookDie Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gee die volgende wenke as jy wil ophou rook:  Besluit op ‘n datum om op te hou rook en doen dit dan.
  Gooi alles weg wat jou aan rook herinner. Dit sluit sigaretpakkies, as bakke en aanstekers in.
  Drink baie water – dit sal help om die nikotien uit jou liggaam uit te spoel.  Lig jou familie in dat jy probeer om op te hou rook sodat hulle jou kan ondersteun.
  Jy mag dalk lighoofdig heid, hoofpyn of ‘n ge hoes ervaar as jy ophou rook. Dit is normaal en behoort na ‘n dag of twee beter te raak, en na 14 dae te verdwyn.
Makhanda sê sy pad was nie maklik nie, maar hy is daartoe verbind om nie te rook nie.
“Die plaaslike kliniek en personeel het my ondersteun en inligting verskaf oor die belangrikheid van ‘n tabak vrye lewe. Aanvanklik was die reuk van sigaretrook ‘n groot versoeking, maar nou is ek gewoond daaraan,” vertel hy. 

