Robuuste media nou belangriker as ooit tevore

Vukuzenzele unnamed

Ons woon in ‘n land waar nie net joer naliste nie, maar enige lid van die publiek hulle sienings, menings en inderdaad ook hulle onte vredenheid vrylik mag uit spreek – sonder vrees vir vergelding.
Ons het ‘n lang pad gestap sedert die dae waar sosiale verset deur kunstenaars met inperkingsbevele begroet is, en kritiese verslaggewing deur joernaliste die risiko geloop het van inhegtenisne ming of die sluiting van die betrokke publikasies.
Die organisasie Verslag gewers Sonder Grense (RSF) het onlangs die 2021-Wêreld persvryheidsindeks gepubli seer, ‘n barometer van die toestand van mediavryheid regoor die wêreld.
Oor die algemeen het dit bevind dat daar ‘n afname in openbare toegang tot in ligting was en ‘n toename in struikelblokke tot nuusdek king in ‘n aantal lande.
 Die verslag het gesê dat joer naliste “heeltemal geblok keer of ernstig aan bande gelê word” in 73 lande en onder “streng voorwaardes werk” in 59 ander lande.
Wat kommerwekkend is, is dat mediavryheid agter uitgegaan het tydens die COVID-19-pandemie, waar die onderskeie beperkinge wat ingestel is skynbaar gebruik is om mediavryheid in verskeie plekke in te perk.
In hierdie jongste verslag lê Suid-Afrika 32ste uit 180 lande op die ranglys. Die indeks beskryf die stand van mediavryheid in Suid-Afrika as “gewaarborg maar broos.” Dit dui aan dat alhoewel die Suid-Afrikaanse Grond wet vryheid beskerm en ons ‘n gevestigde kultuur van ondersoekende joernalistiek het, daar ‘n aantal struikel blokke is wat joernaliste nog steeds in die uitvoering van hulle pligte dwarsboom.
Dit sluit in wetlike beper kinge op die neem van foto’s van Nasionale Sleutelpunte, of verslaggewing oor sake met betrekking tot staatsvei ligheid.
Die verslag wys ook op ‘n toename gedurende 2020 in die intimidasie van joernalis te, veral vroulike joernaliste, op sosiale media.
Sodanige intimidasie is totaal onaanvaarbaar, maar is veral skadelik wanneer dit op vroulike joernaliste gemik is, en gaan dikwels gepaard met dreigemente van seksuele geweld. Dit is uiters kommerwekkend en kan nie toegelaat word.
Terselfdertyd is dit ver troostend om te weet dat ons ‘n vrye, sterk media het wat sonder aansien des persoons kan verslag doen oor diegene aan bewind, oor die dringende maatskaplike kwessies van ons tyd, en wat akkurate, onpartydige inligting aan die publiek kan voorsien.
In ‘n tyd waar ons saam werk om die ekonomie en ons samelewing weer op te bou midde-in die koronaviruspandemie, is ‘n sterk media belangriker as ooit te vore.
Die Suid-Afrikaanse media het ‘n kernrol gespeel in dit wat ons vandag weet oor die ware omvang van staatska ping deur selfsugtige, kor -rupte individue en entiteite.
Hulle het voortgegaan met beriggewing, selfs ten spyte van intimidasie, waninlig ting en persoonlike aanvalle.
Korrupsie is geensins die enigste uitdaging wat ons as ‘n land in die gesig staar nie. Baie Suid-Afrikaners se daaglikse lewens word nog steeds beïnvloed deur armoede, ongelykheid en onderontwikkeling, swak dienslewering en ‘n gebrek aan toegang tot geleenthede.
Indien die media getrou wil bly aan sy verantwoor delikheid om demokrasie te ondersteun, moet ons joer naliste voortgaan om sonder aansien des persoons oor die ander kwessies van die dag verslag te doen.
Hulle volgehoue verslag gewing moet geslagsgeba seerde geweld, misdaad in ons gemeenskappe en sosiale euwels soos middelmisbruik insluit.
Ons media moet akkurate en onpartydige inligting ver skaf wat die publiek in staat stel om ingeligte besluite te neem, geleenthede te benut en hulle lewens te verbeter.
Hulle moet voortgaan om joernalistiek te lewer wat ver der strek as hoofopskrifte op voorblaaie en wat bydra tot menslike ontwikkeling.
Hulle behoort oor sowel die goeie as die slegte nuus verslag te doen, oor die vor dering wat ons maak en oor die uitdagings wat ons in die gesig staar.
Geloofwaardigheid is die sleutel om vertroue tussen joernaliste en die publiek te behou.
Wanneer joernaliste toelaat dat hulle of hulle platforms gebruik word om ‘n politieke stryd te stry of om met ander af te reken weens hulle ge vestigde belange, ly hulle ge loofwaardigheid daaronder.
Wanneer die media stories versprei wat onakkuraat is, of wat hulle weet vals is, verloor die publiek vertroue in hulle.
Dit is in die beste belang van almal wat hierdie land liefhet en wil hê dat dit voor spoedig moet wees, dat ons media ondersteun word en nie verhinder word om hulle werk te doen nie.
Laat ons as samelewing voortgaan om saam te werk en jaloers te waak oor ons land se mediavryheid. Ons het dit met groot moeite be kom en daarsonder kan ons nie vooruitgaan nie.