Ons bedank ons verpleërs

Allison Cooper

Die land se verpleeg kundiges, saam  met ander me diese personeel, waag hul  lewens om ander tydens die Koronavirussiekte pandemie ( KOVID-19) te  help.
Internasionale Verpleeg sterdag, op 12 Mei, is ŉ geleentheid om ver pleegsters vir hul diens aan  ander te vereer.
Professionele verpleër, Luyanda Ganuganu (25), van Groote Schuur Hospi  taal in die Wes-Kaap, sê die dag is ook ŉ gelee  ntheid vir verpleeg kundiges om voort te gaan om die helder lig van hul beroep te laat aanhou  skyn.
“Dit is ŉ geleentheid vir verpleegkundiges om erken te word, maar  ons moet ook voortgaan om  gehaltesorg te bied, veral tydens die pandemie," sê hy.
Ganuganu was gedu rende die pandemie se eerste  en tweede golf in die voorste linie en het in die hospitaal se hoësorgKOVID-19 -saal  gewerk.
“Die beste deel was die ervaring wat ek opge doen het terwyl ek met pasiënte gewerk het,  maar die ergste deel was al die sterftes wat in die  saal voorgekom het. Dit was op emosionele vlak nie  maklik nie.”Ganuganu, wat die afgelope twee jaar reeds ŉ professionele ver pleër is, het dié beroep  gekies omdat hy lief is daarvoor om mense te  help.
“Ek het in ŉ landelike gebied in die Oos-Kaap grootgeword en kon  sien hoe mense sukkel weens ŉ gebrek aan kli nieke met verpleeg sorg. Dit het gelei tot my passie om ŉ ver skil te wil maak,” sê hy.
Ganuganu moes gedure  nde die pandemie leer om onder druk te werk.
“Besluite moet baie vinnig geneem word en jy moet op jou voete kan dink.
Ek het ook geleer om met pasiënte te kommunikeer," voeg hy by.
Ganuganu het dit bit ter moeilik gevind om gedurende die tweede  golf werk toe te gaan. Alhoe wel hy ander mense wou help, het hy ook vir sy  eie familie se gesond heid gevrees.
“Ek is in Desember 2020 getroud en my vrou is swanger. Ek het heel wat swanger vroue in  die KOVID-19 -saal sien sterf.  Ek moes selfs nog versig tiger as voorheen wees om dat ek nie my vrou se lewe in  gevaar wou stel nie," sê hy.
Ganuganu is dank baar teenoor sy bestuur ders en kollegas.
“Ek wil hulle be dank vir hul onder steuning en omdat hulle my die geleentheid ge bied het om as ŉ ver pleër te groei. Dit is ŉ  ongelooflike ervaring om saam met kollegas te werk wat jonger per soneel ondersteun.”Sy boodskap aan die  gemeenskap is om ver -pleërs te help deur verant woordelik op te tree.  “Help ons om julle te help. Almal weet wat gedurende KOVID-19 van hulle verwag word. Hou asseblief aan om al die riglyne en  protokolle te volg,” sê Ganuganu. 
Professionele verpleër Luyanda Ganuganu is in die voorste linie van die stryd teen KOVID-19  by Groote Schuur Hospitaal.




