Durban-hawe skep 'n see vir SA van geleenthede

vukuzenzele unnamed

Ek het onlangs die Durban-hawe be soek om te gaan kyk na die werk wat verrig word om die hawe meer doeltreffend en mededin gend te maak.
Ek het, na ŉ inligtingsessie met Transnet se senior be stuur, per sleepboot deur die hawe getoer. Sleepbote word gewoonlik gebruik om groot skepe deur die ingangskanaal na die dokke te begelei.
Met dié dat ek die bedrywig hede in en om die hawe vanaf die water kon aanskou, het ek weereens die reuse omvang en ingewikkeldheid daarvan besef.
As die hawe nie doeltreffend funksioneer nie, lei die hele ekonomie daaronder — van invoerders en uitvoerders tot verbruikers.
Aan die ander kant, as die hawe doeltreffend funksioneer kan dit ekonomiese groei dryf en ons ekonomie posisioneer as ŉ poort tot die streek en ook die kontinent.
 Toe ek in Oktober 2019 Durban besoek het, het baie plaaslike besighede en gebruikers van die hawe hul besorgdheid oor die werksver rigting van die Durban-hawe met my gedeel.
Skeepsmaatskappye, in besonder, het hul kommer uitgespreek oor verkeersop eenhopings met betrekking tot vervoertrokke en wagtye, vertragings in ankerlegging en verankering, swak in standhouding van toerusting en algemene lae produktiwiteit in die hawe.
 My onlangse besoek aan die hawe was om te gaan kyk of die verbintenisse wat na aanleiding van dié kwessies aangegaan is, wel geïmple menteer is.
 Daar is werklik oor die afge lope jaar groot vordering ge maak om die werksverrigting van die hawe om te swaai, ten spyte van KOVID-19 se impak.
 Dié harde werk toon reeds resultate in die verbeterde in standhouding van toerusting, verminderde verkeersopeen hopings, korter omkeertye en meer gebruik van spoorver voer eerder as padvervoer.
Dié vordering is belangrik, maar daar is nog baie werk wat gedoen sal moet word om Durban as ŉ wêreldklashawe en middelpunt in die Suidelike Halfrond te posisioneer.  Die hawe het oor die afge lope paar jaar van sy posisie as die nommer een hawe in Afrika tot nommer drie gedaal; na Tangier in Morokko en Port Said in Egipte.
Omkeertye in trokvervoer het reuse vordering getoon. So ook het die betroubaarheid van skeepsladingtoerusting tot 80% verbeter en is dit vinnig oppad na minstens 95% om internasionale standaarde te haal. Skeepswagtye het tot in drukwekkende vlakke gedaal.
Dié statistieke mag dalk teg nies en duister voorkom, maar dit het ŉ direkte invloed op ons ekonomiese groei en op die pryse wat ons as verbruikers betaal.
Ons het die verbetering van die doeltreffendheid van ons hawens as deel van Operasie Vulindlela ŉ prioriteit gemaak en fokus daarop om Trans net, een van ons waardevolle staatsbeheerde onderne mings, te herbou.
Transnet se nuwe bestuur en hul bedryfsafdelings is spits gefokus op die omkeer van die hawe se werksverrigting.
Die bestuur het ambisieuse en opwindende planne vir die uitbreiding vir al vyf van die hawe se pole.
Dit sluit in die verdieping van die Maydon-kaai om groter, meer moderne skepe in staat te stel om die hawe binne te vaar, die invulling van Pier 1 en Pier 2 om ekstra kapasiteit te skep vir houers, en die ontwikkeling van ŉ nuwe hou erterminaal in die Point-pool.
Die uitbreiding van die hawe sal altesaam R100 miljard in nuwe beleggings oor die volgende dekade en langer benodig. Dit gaan die hawe heeltemal van gedaante laat verwissel en sy kapasiteit vir die hantering van skeepshou ers verhoog van 2.9 miljoen eenhede tot meer as 11  mil joen eenhede.
Dié ambisieuse planne gaan groter deelname en belegging van die privaatsektor vereis.
Transnet, waaronder die Durban-hawe, is ŉ belangrike nasionale bate wat aan die mense van Suid-Afrika be hoort.  Vennootskappe met die pri vaatsektor is noodsaaklik om nuwe beleggings, tegnologie en kundigheid tot hawebedry wighede by te dra en om die toerusting en infrastruktuur te moderniseer.
Transnet beplan byvoorbeeld om later vanjaar ŉ konsessie te adverteer om die nuwe Point-terminaal te bou en te bestuur. Dit sal privaatbeleg gings lok en die doeltreffend heid van die hantering van skeepshouers verbeter.
Ons is, deur middel van ons herbouproses, besig om stel selmatig die doeltreffendheid van ons hawens en spoorweë te verbeter en reuse belegging in infrastruktuur te ontsluit. Dit sal nie net kostes verlaag en die mededingendheid van ons uitvoere verbeter nie, maar ook in die proses duisende werksgeleenthede skep.
Durban-hawe sal, danksy bedryfsverbeteringe en struk tuurhervorming, weer sy plek as die top-presterende hawe in Afrika kan inneem.
Ons sal, as deel van ons herbouen herstelplan, voort gaan om onvermoeid te werk om ons infrastruktuur uit te brei en ons netwerkbedryfsektore te hervorm.
As my besoek aan Durban my een ding laat besef het, is dit dat ons as Suid-Afrikaners in staat is om projekte van reu se belang en skaal suksesvol uit te voer.
 Ons ambisies behoort die hoogtes van ons uitdagings te ewenaar. Met die vordering wat ons by Durban-hawe maak, met die heropgewekte vaardighede en vermoëns wat ons in Transnet sien, het ons nou die wind van agter en ons vaar met gebolde seile na ons bestemming . 

