 PLUIMVEEMEESTERPLANPluimveeplan ’n meesterhou vir plaaslike boere

Vukuzenzele Unnamed

SUID-AFRIKA  se hoenderen eierbedryf vlieg hoog danksy die Pluimveemeesterplan.
Toe Beverly Mhla bane winkel toe is om eiers te koop, het sy nie geweet dat teen die tyd wat sy terug sou wees, ’n plan vir haar eie klein suksesvolle besig heid in haar agterkop sou broei nie.
“Ek is eendag winkel toe om eiers te koop en sien toe die eiers is baie duur. Ek be sluit toe om 10 lêhoenders te koop sodat ons eiers vir die huis kan kry,” sê sy.
’n Hen lê elke 26 uur ’n eier, wat beteken dat Mhlabane ’n gemiddelde van agt of nege eiers elke dag kon kry.
Twee maande later het sy begin om die eiers aan haar bure te verkoop. Dit het daartoe gelei dat sy haar motorhuis in ’n hoenderbat terystelsel omskep het. Sy het op daardie stadium ook ’n groentetuin in haar agter plaas gehad.
Mhlabane, wat voorheen ’n ingenieur was, het altyd beplan om die korporatiewe wêreld te verlaat en haar eie eiendomsagentskap te begin.
In 2014, nie lank nadat sy die hoenders aangeskaf het, het sy twee hektaar grond in Benoni, Gauteng, gekoop met die bedoeling om woon stelle daar te bou.
Sy kon egter nie voortgaan met haar plan nie, aangesien die grond geoormerk was vir landboudoeleindes. Sy het toe liewer besluit om haar klein boerdery-onderneming uit te brei.
Lang proses’n Gebrek aan infrastruktuur soos heinings, watertenks en elektrisiteit het egter beteken dat sy eers in 2016 die grond kon begin gebruik. Die 49-ja -rige onthou hoe sy navorsing oor die boerderybedryf op Google gedoen het.
Haar babatreetjies het vrugte afgewerp en vandag is sy die trotse eienaar van Zapa-plaas, ’n suksesvolle kommersiële landbou-on derneming.
Sy het van krag tot krag gegaan en waar sy aanvank lik haar twee hektaar grond gebruik het om haar eierpro duksie te verhoog en spina sie, krulkool, groen soet rissie en tamaties te kweek, wat sy plaaslik verkoop het, het sy vandag twee groen tetonnels waar 1.5 hektaar verbou word en lêhuise met ’n kapasiteit van 5 000 en  2 000 lêhoenders. Die plaas lewer produkte aan onder meer vier Wimpyrestourante, Pick n Pay, ’n Holiday Inn-hotel en plaas like spaza-winkels.
“Ons ervaar egter ’n tekort aangesien ons aanvraag ons aanbod oorskrei. Gevolglik koop ons eiers van ander plaaslike produsente af in.
Ons het ’n goedgekeurde omgewingsimpak-asses sering vir 120 000 lêhenne en het dus kapitaal vir die uitbreiding nodig,” sê sy.
Pluimveemeester planMhlabane het hulp gehad om ’n suksesvolle boer te word. Sy is een van die talle opkomende boere wat voor deel trek uit die Pluimvee meesterplan wat ontwikkel is deur die regering en be langhebbendes in die bedryf, insluitend pluimveeprodu sente, boere, verwerkers, uitvoerders, invoerders en georganiseerde arbeid.
Die plan, wat in 2019 on derteken is, is daarop gemik om werk in die bedryf te skep deur ’n aantal maatreëls toe pas wat oor die volgende paar jaar bekendgestel sal word.
As ’n uitvloeisel van hierdie plan het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) vir Mhlabane se waterge bruiklisensie betaal en haar van opleiding oor eierpro duksie voorsien.
Steun vir boereSAPA se algemene bestuur der, Izaak Breitenbach, sê die bedryf het miljoene belê in die ondersteuning van swart boere en die uitbreiding van pluimveeproduksie met 5%.
In slegs 12 maande is 13 swart boere in produksie ge vestig en 960 werksgeleent hede geskep.
“Die bedryf het R870 mil joen belê om markte vir 50 swart kontrakprodusente te skep en om uitvoere te fasi liteer om plaaslike werksge leenthede te skep. Die bedryf het ook betaal vir besigheid studies vir 19 swart boere wat in ’n program van die departement van landbou, grondhervorming en lande like ontwikkeling opgeneem is,” sê hy.
Veertig onafhanklike swart boere word ook voorsien van pluimveeverwante raad en opleiding.
“Die bedryf het ook ’n databasis van 670 boere in klein-, mediumen mikroondernemings (KMMO’s) vir wie ons bystaan met die nodige inligting,” sê hy.
SAPA het verder ’n boek beskikbaar gestel om boere te leer oor pluimveeproduksie en die ontwikkeling van hul eie sakeplanne.
Hoenderprodusente het onderneem om R1.5 miljard oor die volgende vier jaar in ’n vars belegging in hul eie produksiefasiliteite te belê, wat 4 000 bykomende werksgeleenthede behoort te skep.
Die bedryf sal ook R1.7 miljard belê in die vestiging van 50 kontrakboere op kommersiële vlak. Hierdie belegging sal deur die bedryf en verskeie regeringsagents kappe ondersteun word. 


