Godsdienstige gemeenskap is onontbeerlik in die stryd teen KOVID-19

Vukuzenzele Unnamed

Baie Suid-Afrikaners het onlangs saam met mense regoor die wêreld belangrike ge wyde feeste gevier. Lede van die Joodse geloof het Pesach eerbiedig, Chris tene vier Paasfees en Mos lems sal binnekort die hei lige maand van Ramadan onderhou.
Vir die tweede agtereen volgende jaar word hierdie geleenthede gevier te midde van ’n vernietigende wêreld wye pandemie wat reeds die lewens van 2.5 miljoen mense regoor die wêreld geëis het.
Geloofsgebaseerde orga nisasies was sover onont beerlik in ons nasionale reaksie tot die siekte, nie net deur geestelike vertroosting en leiding te bied nie, maar ook deur te sorg vir diégene wat die kwesbaarste is vir die nagevolge van die pandemie, onder meer deur die verskaf fing van kos, huisvesting en ander maatskaplike dienste.
Geloof speel ’n belangrike rol in die lewens van mil joene Suid-Afrikaners, en gesamentlike aanbidding as ’n geloofsgemeenskap speel ’n onontbeerlike rol in hulle godsdienstige uitlewing.
Om as ’n geloofsgemeens kap te kan vergader, is ook ’n welkome blaaskans te midde ’n tydperk van erge swaarkry vir individue, gesinne en ge meenskappe.
Dit is te verstane dat na meer as ’n jaar van gebuk gaan onder beperkings op godsdienstige saamtrekke, die godsdienstige gemeens -kap uitsien na ’n teken van normaliteit.
Ter erkenning van die belangrikheid van gemeens kaplike aanbidding vir ons mense het die regering met die geloofsgemeenskap in gesprek getree.
Leiers van die geloofsge meenskap begryp en voorsien die gevaar van ’n nuwe vlaag van KOVID-19-infeksies.
Sedert die uitbreek van die pandemie het godsdienstige leiers proaktiewe en posi tiewe maatreëls in plek gestel om die verspreiding van die siekte onder aanbidders te beperk.
Nog ’n belangrike faktor is dat godsdienstige orga nisasies wesenlike verliese tydens die onderskeie inper kingsvlakke gely het, wat gevolglik hul volhoubaar heid bedreig. As regering bly ons daartoe verbind om saam met die geloofsgemeenskap te werk om werkbare oplos sings te vind.
Terselfdertyd moet openba re gesondheid en veiligheid ons belangrikste oorweging bly.
Die geloofsgemeenskap het ondernemingsgees en inisiatief in hul aanbidding getoon in ’n tyd wat daar groot onsekerheid oor die gang van die pandemie was.
Byeenkomste is aanlyn ge hou en aanbidders is aange moedig om tuis te bid eerder as om dienste by te woon.
Dit het baie bygedra tot die nasionale poging om die verspreiding van die virus te bekamp.
Godsdienstige leiers speel ’n deurslaggewende rol daarin om die publiek aan te moedig om gesondheids maatreëls rakende belangrike gebruike en kulturele rituele, soos begrafnisse, na te kom.
Net so het ons mense ook hul verbintenis getoon om openbare gesondheidsmaat reëls en sosiale afstand te handhaaf. Hulle verstaan ook dat hulle moet voortgaan om groot skares te vermy.
Ons is nou in ’n tyd waar voorsorg belangriker as ooit is. Die koronaviruspande mie is nog nie uitgewis nie, hetsy in ons eie land of in die wêreld. Die gevaar van ’n derde vlaag is ’n werklikheid.
Internasionale ondervin ding het ons geleer dat ons nie die noodlot moet tart nie. Baie lande het hulle  maatreëls, verslap, net om daarna weer ’n skerp toe name in infeksies te ervaar, wat dan die instelling van selfs strenger beperkings noodsaak.
Groot byeenkomste, hetsy godsdienstig of andersins, het die potensiaal om die virus te versprei ongeag die toepassing van maatreëls oor sosiale afstand en ontsmet ting.
Miljoene Suid-Afrikaners onderhou deurlopend steeds ’n belangrike beginsel van hul geloof. In ’n land wat die reg tot godsdiensvry heid verskans, moet alles moontlik gedoen word om ons mense te ondersteun in die uitoefening van hierdie reg. En in die uitoefening van hierdie reg moet ons seker maak dat ons nie die regte of lewens van ander op die spel plaas nie.
Dit is ’n beginsel wat die godsdienstige leiers met wie ek gepraat het, ten volle begryp en ondersteun. Hulle verstaan die verantwoorde likheid van alle gelowiges – inderdaad van alle SuidAfrikaners – om die praktiese maatreëls wat in plek gestel is om mense se gesondheid te beskerm en lewens te red, na te kom.
Vir langer as ’n jaar het ons as samelewing saamgespan om die pandemie in bedwang te hou. Soos ons nou werk om dit te oorwin, moet ons ons gedeelde vasberadenheid herbevestig om versigtig en verantwoordelik op te tree.
Deur dit te doen, sal ons prakties uitvoering gee aan die universele boodskap van hoop, redding, vryheid en solidariteit waarvan in die kerke, sinagoges, moskees en huise van ons land gepraat sal word in die dae en weke wat kom. 

