Help om lewens te red

Allison Cooper

Die Sonneblom fonds doen ŉ  beroep op alle Suid-Afrikaners om  die etniese diversiviteit van die organisasie se bloedstamselskenkers databasis ŉ hupstoot te gee en só kinderlewens te red.  Volgens Palesa Mokomele, die Sonneblomfonds se hoof van bemarking en kommuni kasie, word daar jaarliks dui sende pasiënte met bloedver wante siektes gediagnoseer.
Sulke diagnoses was in die verlede dikwels as ŉ doods vonnis beskou, maar vandag kan bloedstamseloorplan tings as lewensreddende behandeling dien aangesien dit die persoon se defektiewe stamselle met gesonde stam selle vervang.
Baie pasiënte wie sou kon baat by dié prosedure ont vang ongelukkig nooit die behandeling nie, omdat dit so moeilik is om ŉ gepaste skenker met ŉ soortgelyke weefseltipe te vind.
“Gekleurde pasiënte word benadeel deur die kleiner aan tal geregistreerde skenkers vanuit die swart-, gekleurde en Indiërbevolkingsgroepe,” sê Mokomele.
 ŉ Tweede lewenskansZyaan Makda (19) se wêreld is deurmekaar gekrap toe sy in 2007 met heterosigotiese he moglobienopatie, ŉ lewens gevaarlike en ongeneesbare bloedsiekte, gediagnoseer is.
Haar beste kans op oor lewing was ŉ bloedstam selskenker, maar ŉ gepaste skenker kon nie gevind word nie. Sy moes gevolglik elke twee weke ŉ bloedoortapping ondergaan.
“Die are in my hande het platgeval en ek moes ŉ port in my bors laat inplant. Ek was die heeltyd vreeslik moeg, my galblaas en galstene moes verwyder word en my skildklier was onderaktief.
Ek was dikwels om mediese redes afwesig van skool en ek kon nie aan enige sportsoorte deelneem nie. Dit was moei lik om lang tydperke aaneen in die hospitaal te spandeer,” vertel sy.
Makda se toestand het ook geheueverlies en stuipe ver oorsaak, en sy het drie skool jare gemis. Sy het, ten spyte van al dié uitdagings, positief gebly. Makda het uiteindelik ŉ skenker gevind, maar haar gesondheidsreis was nog ver van verby. Sy moes breinsjirurgie ondergaan om ŉ litteken op haar brein te verwyder.
“Dit is nou drie jaar sedert die oorplanting en ek leef ŉ lewe wat ek nooit gedink het moontlik sou wees nie, alles danksy my Duitse skenker se asemrowende onbaatsugtig heid en goeie daad.”Skep hoop vir iemandNaledi Senamela (14) is in Mei 2020 met leukemie (bloedkanker) gediagnoseer.
Sy is een van duisende pas iënte wat ŉ gepaste skenker benodig.
“Ek kan sedert my diag nose nie meer goed presteer in my skoolwerk nie. Ek kan nie aan sport deelneem of die dinge doen wat ek voorheen geniet het nie,” sê Senamela, wat daarvan droom om eendag ŉ doktor te word.
Gewillige skenkers tussen die ouderdom van 18 en 55 kan Senamela en baie ander mense wat skenkers benodig, help deur op die Sonneblomfonds se web werf te registreer. Dit neem ŉ paar minute en verg ŉ eenvoudige wattepluisie.
Versoek ŉ depperstel by die Sonneblomfonds deur www.sunflowerfund.org te besoek of 0800 12 10 82 te skakel.  

