Tradisionele leiers van sleutelbelang tot herstelpogings

Vukuzenzele Unnamed

Ons moes, in die afgelope paar  maande, van twee van ons land se mees gesiene konings afskeid neem.
Die Zoeloe-nasie het on langs Sy Majesteit, Koning Goodwill Zwelithini ka Bhekuzulu, wat vir ŉ halfeeu regeer het, ter ruste gelê. Die Bapedivolk het in Januarie Kgoshikgolo Thulare Thulare III ter ruste gelê wat minder as ŉ jaar na sy inhuldiging oorlede is.
Ons het, met hul afsterwe, kampioene van die bewaring van ons land se erfenis en die geskiedenis van hul onder skeie volke verloor.
Hulle het terselfdertyd ook wesenlik tot landelike ont wikkeling bygedra en was toegewy aan die steun van programme ter verbetering van hul mense se lewensge halte.
Een van die nuwe regering se prioriteite, met die koms van demokrasie in 1994, was om die integriteit en reg matigheid van tradisionele leierskap in ooreenstemming met tradisionele wette en gebruike, en onderworpe aan die Grondwet van die Republiek, te hervestig.
Die tradisionele leierskaps instelling speel steeds ŉ belangrike rol in die lewens van miljoene mense regoor ons land, veral in landelike gebiede. Tradisionele leiers ondersteun en dryf ontwik keling in hul gemeenskappe.
Ek het onlangs die geleent heid gehad om oor die debat van die opening van die Na sionale Huis van Tradisionele Leiers deel te neem; dié debat het op die dringende kwes -sies wat die land in die gesig staar, gefokus.
Wat juis besonders verfris send van dié kragtige ge sprekvoering was, was dat die tradisionele leierskap ŉ besondere begrip van die moeilike ekonomiese toe stande wat die land in die gesig staar het en graag deel wil wees van die poging om die uitdagings van onderont wikkeling en armoede in hul omgewings aan te spreek.  Ek het nog altyd gesê dat ons ekonomiese herstel na af loop van die koronaviruspan demie inklusief moet wees, en dat niemand agtergelaat moet word nie.
Die sukses van die ekono miese herkonstruksieen her stelplan rus op die smee van sterk vennootskapsbande tussen nie net die Staat, han del en arbeid nie, maar ook met tradisionele leierskap en ander gemeenkapsgroepe.
ŉ Deurlopende tema tydens die debat was dat tradisio nele leiers nie van aalmoese nie vir hulle gemeenskappe afhanklik wil wees nie en ook nie wil hê hul gemeenskappe moet die heeltyd van die regering se finansiële steun afhanklik wees nie.
Hulle wil die nodige steun, opleiding en bemagtiging hê om landelike gemeenskappe in staat te stel om selfversor gend te wees.
Hulle wil die stedelikelandelike skeiding, met be trekking tot staatsdienste en privaat sektorhulpbronne, oorbrug.
Hul wil graag sien dat lande like gebiede omskep word in spoelpunte van ekonomiese aktiwiteit, asook bedryfsen werksgeleenthede. Dit weer -spieël die doelwitte van die distriksontwikkelingsmodel (DOM) wat in 2019 geloods is.
Tradisonele leiers is goed geplaas om te verseker dat distriksplanne ingelig word deur en ook spreek tot die ware behoeftes van ge meenskappe en dat hulle die lewensrealiteite in landelike gebiede getrou weerspieël.
Tradisionele leiers het hul eie weg gebaan met hul eie benadering tot plaaslike eko nomiese ontwikkeling, net soos wat die DOM plaaslike programme ondersteun wat op die behoeftes, sterkpunte en geleenthede in spesifieke areas fokus.
Hulle het die InvestRural Masterplan ontwikkel wat laasmaand in die Noordwes geloods is. Dit is besonders bemoedigend dat tradisio nele leiers hul gewig agter dié plan gooi en saam met plaas like owerhede wil werk om die plan se sukses te verseker.
Daar is tydens die debat in die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers voor gestel dat een van die die vernaamste suksesfaktore van die InvestRural-program sou behels dat tradisionele strukture opgelei, versterk en bevoeg gemaak word.
Van die deelnemers aan die debat het ekonomiese planne voorgelê wat reeds in gevorderde stadiums van ontwikkeling is. Dié planne behels onder meer landbou projekte, bioprospektering en hernubare energie.
Dit was ooglopend dat die tradisionele leierskap begryp dat professionalisering nood saaklik is vir landelike besig hede soos klein-, mediumen makro-ondernemings asook koöperasies om deel van die hoofstroomekonomie te word.
Die tradisionele leiers wat toesprake tydens die debat gelewer het, het hul visie van 'ontwikkelingsheersers' bekend gestel, wat hulself nie net as die bewaarders van erfenis beskou nie, maar ook as drywers van ekonomiese vooruitgang en sukses. Hulle het verskeie projekte en eko nomiese geleenthede geïden tifiseer wat werkskepping en die lewensgehalte in lande like gebiede sal bevorder. Tradisionele leiers het ook hul gewilligheid uitgespreek om ŉ aktiewe rol in die grond hervormingsproses te speel.
Tradisionele leiers het sedert 2018 ongeveer 1 500 000  hektaar gemeenskaplike grond beskikbaar gestel vir ontwikkeling en daar word gehoop dat dit in die toekoms nog meer sal word.
Ons het, ten einde ŉ geko ördineerde en volhoubare strategie te ontwikkel, oor eengekom om in die ko mende jaar ŉ presidensiële spitsberaad oor grond te hou.
Dié spitsberaad sal dringende kwessies rakende grond hervorming en die impak daarvan op gemeenskaplike grond — waarvan groot dele in landelike omgewings geleë is — bespreek.
Die stemming van die debat in die Nasionale Huis was ŉ gepaste weerspieëling van ŉ klimaat waarin ekono miese herstel bo aan die lys is. Dit was terselfdertyd ŉ belowende teken dat tradi sionele leiers hul waardering van hul rol as deel van die nasionale herstelpoging toon deur proaktief en innoverend te wees. Die mees gepaste nalaten skap van groot leiers is dat die saadjies van ontwikkeling wat hulle tydens hul bewind saai, uiteindelik groei tot groot, sterk bome wat hul gemeenskappe veilig hou en koester vir nageslagte daarna.
Ons sal, namate ons as nasie saam inspan om ons ekono mie te herbou, steeds op die tradisionele leierskapsinstel ling staat maak, aangesien dit ŉ onomwonde deel van ons verlede, ons hede en ons toekoms is.  