Ons vier internasionale Down-sindroomdag  

Kgaogelo Letsebe

Down-sindroom In ternasionaal het 21 Maart as die internasionale Downsindroomdag ingestel ter viering van diegene wat hard veg vir die insluit ing van hul geliefdes wat met dié siekte saamleef.
Down-sindroom (DS) is ’n chromosale afwyking wat tydens bevrugting ontstaan.
’n Mediese praktisyn in Mpumalanga, Dr Midah Maluleka, verduidelik: “Daar is ’n ekstra nommer 21 chromosoom (Trisomie 21) wat vertragings in fisiese en intellektuele ontwikkeling veroorsaak. Daar is geen definitiewe oorsaak van hierdie afwyking nie. Daar is bewys dat dit geensins verband hou met ouderdom, sosio-ekonomiese status, ras of geloof nie. Dit is ook nie oorerflik nie.” Maleluka voeg by dat Down-sindroom die mees algemene chromosomale afwyking onder pasgebore babas is. “Een uit elke 1 000 babas wat in eerstewêreld lande gebore word, met een uit elke 650 babas in ontwikkelende lande soos ons, word geraak. Minstens 80% van alle babas wat deur DS geraak word, se ma’s is jonger as 35, ten spyte van die algemene persepsie dat vrouens bó die ouderdom van 35 ’n groter risiko het om ’n kind met Down-sindroom te hê.”Sy sê dat omdat die af wyking reeds vanaf bev rugting opgespoor kan word, is daar sekere tekens waarvoor 'n mens op die uitkyk kan wees. “In die vroeë stadium van swangerskap word ’n 12tot 13-week ultrasoniese skan dering aanbeveel. Tydens  hierdie prosedure word daar ’n akkurate meting geneem van die nekvel van die fetus, genaamd nekkuil-transluse nsie (“nuchal translucency”).
Dit is dikwels dikker in babas met Down-sindroom.
“Nog 'n voorgeboortelike toets is ’n amniosintese. Dit is wanneer klein hoeveelhede amniotiese vloeistof verwy der en vir chromosoom-ana lise gestuur word. Hierdie toets is ongeveer 98% ak kuraat om Down-sindroom te diagnoseer.”  Maluleka sê dat kinders met Down-sindroom in staat is om sinvolle, gesonde en lang lewens te kan lei.
"Alhoewel Down-sindroom nie genees kan word nie, kan mense met Down-sindroom voordeel trek uit ’n liefdevolle tuisomgew ing, die korrekte mediese versorging, vroeë intervensie asook opvoedkundige en be roepsgerigte dienste. Danksy gevorderde mediese sorg het mense wat met Downsindroom gebore is vandag ’n lewensverwagting van ongeveer 55 jaar. Mense met Down-sindroom het die selfde emosies en behoeftes as enige ander persoon en verdien dieselfde geleent hede en sorg,” sê Maleluka.
Noordwes-gebaseerde onderwyser Tshepo Kekana sê, “Nie alle studente met spesiale behoeftes hoef re mediërende en spesiale skole by te woon nie. Daar is sulke kinders wat hoofstroomskole kan bywoon. Met volgehoue leer, ondersteun ing en geduld kan hierdie studente floreer.”  