'n Professionele staatsdiens

Vukuzenzele unnamed


Met my verkiesing as Staatspresi dent het ek des tyds gesê dat die skepping van ’n doeltreffende, be kwame en etiese regering, vry van enige korrupsie, een van my grootste prio riteite is.
 Slegs ’n bekwame, doeltref fende, etiese en ontwikke lingsgeoriënteerde regering kan die verbintenis tot die verbetering van die lewens van die mense van hierdie land nakom.
Dit beteken dat die staats diens beman moet word deur mense wat professioneel, vaardig, onbaatsugtig en eerlik is.
Hulle moet daartoe verbind wees om die waardes van die Grondwet te handhaaf en moet, soos ek in my in huldigingstoespraak gesê het, “hulself getrou vir geen ander saak as dié van die publiek beywer nie”.
Tydens die afgelope twee weke het openbare kon sultasies plaasgevind met betrekking tot ’n belangrike beleidsdokument wat groter dryfkrag gaan gee aan ons werk om die staatsdiens te steun, versterk en bevoeg te maak.
Die konsep vir die nasionale implementeringsraamwerk vir die professionalisering van die staatsdiens is daarop gemik om ’n regering tot stand te bring wat ons volk beter dien, wat geïsoleer is van onbehoorlike politieke inmenging, en waar aanstel lings op meriete plaasvind.
Die raamwerk is in Novem ber laasjaar deur die Kabinet goedgekeur en gestruktureer de konsultasie met verskeie sektore van die samelewing word tans onderneem.
Na sewe-en-twintig jaar van demokrasie kan ons die vol gende van die staatsdiens sê: ondanks uitnemendheid op talle terreine, is daar in baie staatsdepartemente steeds ernstige uitdagings met betrekking tot vaardighede, bekwaamheid en professio naliteit.
Te dikwels is mense aange stel in en bevorder tot sleutel posisies waarvoor hulle nie geskik of bekwaam was nie.
Dit het die werksprestasie van die regering beïnvloed en ook bygedra tot nepo tisme, politieke inmenging in die werksverrigting van departmente, ’n gebrek aan verantwoordbaarheid, wan bestuur en korrupsie.
Daar is ook die verwante probleem van politieke en uitvoerende inmenging in die administrasie van die staatsdiens. 'n Mens hoef net te kyk na die onstabiliteit in staatsdepartemente wan neer seniorbestuur verskuif of vervang word elke keer as ’n nuwe minister aangestel word.
Direkteurs-generaal en pro vinsiale departementshoofde word veral hierdeur geraak.
In sommige departemente het DGs, departementshoofde en uitvoerende bestuur die voor deel van  'n stabiele amps termyn geniet, wat sulke departemente in staat gestel het om met min ontwrigting aan te hou funksioneer. In die meeste sulke departemente waar daar stabiele leierskap is, is ouditverslae geneig om positief en openbare be fondsing verantwoordbaar te wees. Daarenteen is daar dikwels administratiewe onstuimigheid in departe mente met ’n hoë omset van leierskap.
Een van die belangrikste voorstelle in die konsepraamwerk is dat die staats diens gedepolitiseer moet word en dat staatsdeparte mente van politiek geïsoleer moet word.
Professionalisering is nood saaklik vir stabiliteit in die staatsdiens, veral in die se nior range. Staatsamptenare moet hul pligte kan uitvoer “ondanks enige veranderinge onder die ministers, lede van die uitvoerende raad of raadslede in die regerende party met betrekking tot die administrasie, of verskui wings van politieke partye na afloop van verkiesings”.
Ons stel ’n aantal verrei kende hervormings voor, byvoorbeeld die verlen ging van die ampstermyn van departementshoofde op grond van meriete en prestasie, die instelling van beroepsgebaseerde bekwaamheidsassesserings asook die betrokkenheid van die Staatsdienskomis sie wanneer onderhoude met kandidate vir die poste van  direkteurs-generaal en adjunkdirekteurs-generaal gevoer word.
Die instelling van integri teitstoetsing vir alle kandi date wat op die kortlys is, sal daartoe bydra dat ons staatsamptenare kan werf wat met eerbaarheid kan dien. Ons moet voorts ook die verpligte intree-eksamens wat ons in April 2020 inge stel het, uitbrei na meer as slegs die senior bestuurders.
Suksesvolle ontwikkelende regerings het soortgelyke maatreëls wat professiona lisme onder die staatsdiens bevorder.
Soos ons in die konsepraamwerk noem, “moet die burokrasie voortdurend lo jaal en nougeset die politieke mandaat wat deur die kiesers en die party daargestel is, implementeer, maar hulle daarvan weerhou om self politieke rolspelers te wees.”Ons voorstel is ’n stren ger benadering jeens die werwing en keuring, in duksie en prestasiebestuur van staatsamptenare. Dit sluit in volgehoue leer en ’n duidelike professionele ontwikkelingspad vir elke staatsamptenaar.
Die konsep-raamwerk benadruk die behoefte om staatsamptenare verant woordbaar te hou vir on reëlmatighede en sodoende ’n kultuur van straffeloos heid in die wanbestuur en misbruik van regeringshulp bronne te verhoed.
Professionalisering van die staatsdiens behels die opleiding van rekening kundige beamptes oor al die regeringsfere heen met betrekking tot die toepaslike wetlike bepalings.
Die Nasionale Regerings kool speel ’n sleutelrol in hierdie verband.
Professionalisme behels nie net die regte kwalifikasies en tegniese kennis nie, maar ook die toepaslike standaarde van respek, hoflikheid en integriteit in skakeling met lede van die publiek.
Die staatsdiens is uiteen lopend, met ’n wye verskei denheid vaardighede, kwa lifikasies en bekwaamhede.
Baie staatsamptenare het gespesialiseerde vaardig hede wat noodsaaklik is vir doeltreffende dienslewering.
Dit is dus nie noodwendig die geval dat ons ’n kleiner staatsdiens benodig nie; wat ons wel nodig het is ’n ef fektiewe staatsdiens met die nodige vaardighede, profes sionele etiek en ’n verbintenis om die gemeenskap te dien.
Die mense in die staatsdiens moet in staat gestel word om hul rol te vervul in die strewe na ontwikkeling en die kon solidering van demokrasie.
Dit is ons beste waarborg vir ’n bekwame staat wat die belange van sy landsburgers dien.
Ek doen ’n beroep op julle almal om deel te neem aan die openbare konsultasie proses vir hierdie konsepraamwerk, wat op die Nasionale Regeringskool se webwerf beskikbaar is, en om jul stemme te laat hoor.
Die staatsdiens behoort nie aan een spesifieke party nie; en dit behoort ook nie die domein van enige bepaalde belangegroep te wees nie.
Dit behoort nie bo die wet te staan nie.
Die staatsdiens behoort aan die mense van Suid-Afrika.
Dit moet hulle en slegs hulle dien. 